Wag vas ná dwaalkoeëls kind by winkelsentrum tref

Die seun word in die ambulans gelaai. Foto: Verskaf

Die seun word in die ambulans gelaai. Foto: Verskaf

ʼn 34-jarige veiligheidsbeampte is in hegtenis geneem nadat ʼn sesjarige seun Sondag glo deur twee dwaalkoeëls by ʼn gewilde inkopiesentrum in Centurion getref is. Die voorval het plaasgevind toe die beampte op ʼn groep rowers losgebrand het.

Maroela Media vroeër berig die seun is deur paramedici van ER24 na ʼn hospitaal gehaas ná ʼn skietvoorval omstreeks 12:00 by die Centurion Lifestyle-sentrum.

Volgens ʼn betroubare bron wat op die toneel was, het ʼn swart Mini Cooper, vermoedelik met vier insittendes, ʼn egpaar in ʼn rooi Range Rover Evoque agtervolg. Die man wat die Range Rover bestuur het, het voor ʼn winkel by die winkelsentrum stilgehou en is in ʼn winkel in terwyl die vrou in die voertuig gewag het.

Die rowers het ʼn skoot in die teer afgevuur. Foto: Verskaf

Die rowers het ʼn skoot in die teer afgevuur. Foto: Verskaf

“Die Mini het langs die Range Rover stilgehou. Twee gewapende mans het uitgespring en ʼn vuurwapen op die vrou gerig en op haar juwele aangedring,” het die bron aan Maroela Media gesê.

Intussen het die veiligheidswag by die sentrum die voorval gesien en sy persoonlike gelisensieerde vuurwapen gaan haal. Hy het glo van ʼn trapstellasie af op die verdagtes onder in die parkeergebied losgebrand. Hy het glo sy magasyn leeg geskiet deur agt skote af te vuur.

“Dit het die rowers laat skrik en hulle het van die toneel weggejaag. Hulle het wel ʼn skoot in die teer in afgevuur voordat hulle gevlug het, vermoedelik omdat een van hulle geskrik het.”

Drie dwaalkoeëls is glo deur die sondak van ʼn KIA Sportage, waar die seuntjie op die agterste sitplek gelê en slaap het terwyl sy ouers vlugtig in die Bakers Bin-winkel in is saam met hul ander kind. Die voertuig se vensters was oop en die seun se pa het die voertuig van naby af dopgehou.

Nadat die rowers gevlug het, het die seun se pa besef dat een koeël die seun in die skouer getref het. Hy het ook ʼn skraapwond opgedoen. Hy is in ʼn stabiele toestand na die Unitas-hospitaal geneem en na wat verneem word, is hy reeds ontslaan. Die polisie het die seun se ouers aanbeveel om te sorg dat hy berading ontvang.

Maroela Media het verder verneem die wag het glo ná die skietery die patroondoppies opgetel, en dit probeer wegsteek deur dit terug te sit in die magasyn, waarna hy glo probeer het om die vuurwapen ook weg te steek.

Die slagoffers se Range Rover. Foto: Verskaf

Die slagoffers se Range Rover. Foto: Verskaf

Die veiligheidswag is kort ná die voorval in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord. Kapt. Kay Makhubele, provinsiale polisiewoordvoerder van Gauteng, het Dinsdag die inhegtenisneming aan Maroela Media bevestig.

Die Wierdabrug-polisie ondersoek die voorval. Die veiligheidswag moet binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn. Namate die ondersoek vorder mag hy ook aangekla word vir die afvuur van ʼn vuurwapen en vir peuter aan ʼn misdaadtoneel.

Die egpaar wat in die Range Rover by die winkelsentrum was, het ʼn bykomende saak van gewapende roof by die Wierdabrug-polisiestasie aanhangig gemaak.

Maroela Media het winkelsentrum genader om kommentaar. Die sentrumbestuur het gesê ʼn verklaring sal binnekort uitgereik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Ella ·

Ja, so werk dit in ons land. Die regte rowers kom weg en die wat probeer help word gearesteer. Bygese, mens skiet nie sommer 8 skote in ‘n publieke area nie.

Gerda Erasmus ·

Ek voel sy ouers moet ook aangekla word – waar los jy ‘n ses jarige kind in ‘n motor in hierdie snikkende hitte?

Boerseun ·

Gerda, ag toe nou. Dit word duidelik gese dat die pa van naby af dop gehou het en dat die vensters af was. Die pa het dalk 5 m ver van die motor af gestaan en op sy foon gepraat dat hy nie kind te pla nie.

Vanessa ·

Ek stem saam mens los nie ‘n kind in ‘n kar alleen met die skurke in ons land nie. dis mos nou maklik teiken vir hijack ….

SlaveMistress ·

Ek stem saam met Gerda en besides… as daai kind gelê en slaap het wat’s te sê dat hy ook nie sy veiligheidsgordel aangehad het nie. Dis n jammerte en ek hoop hy’s okay maar in vandag se tyd kan mens nie bekostig om jou kind in die hitte en jou kar met oop vensters te los nie al staan jy 2 of 3 of 5 of 10m weg want n hijacking of smash en grab gebeur in minder as n halwe meter van n kar af. Dankie vir die sekuriteitswag wat wou help. Dit was nogal mal roekeloos om so te skiet maar hy wou net dit wat elke dag gebeur probeer keer. Lyk my die beste is om maar terug te staan en te kyk hoe die ellende om jou gebeur. Pfffffftttttt.

Lou ·

Die veiligheidswag het ten minste probeer. Stuur hom vir skietlesse.

Buitestander ·

Lou ek stem met jou saam.
Hulle kan hom miskien ‘n waarskuwing gee en laat oplei.

pieterdp ·

Hiermee stem ek volkome saam. Baie sal nie wil betroke raak nie wand dinge kan verkeerd loop dan sit jy met die gevolg. Soms meer as die wat wel vervolg moet word.

Marinda ·

Dis mos nou belaglik. Hy het probeer help en nou word hy aangekla vir poging tot moord. Moes hy nou maar staan en kyk het hoe word die vrou dalk dood geskiet. Dan sou dit seker nie moord gewees het nie. Waaaaaaaaarheen gaan ons land. Almal kan maar roof en moor, maar jy mag niks doen nie.

Adri ·

Ja dis nou ‘n taai toffie. Die arme man wou net sy werk doen, nou staar hy aanklagte in die gesig.

Rowers wat wil skiet, gee nie om waar dit gebeur nie, so ek dink nie hy kan veroordeel word oor die feit dat hy daadwerklik opgetree het nie.

Piet Pompies ·

As die eienaar van die vuurwapen die regte opleiding gehad het sou hy nooit skote geskiet het in die omgewing waar mense teenwoordig is. Dit is een van die belangrikste reels van vuurwapen besit.
Dit is hoekom rowers winkel sentrums en openbare plekke gebruik om misdaad te pleeg, daar is sagte teikens wat die wetstoepassers weerhou om met skerp punt ammunisie te skiet.

Hendrik ·

hoe sal die arme wag nou weet daar LÊ iemand op die kar se sitplek.
Ons kan nou baie vraë vra en vingers in alle rigtings wys want alles het nou klaar gebeur. Stel jouself in die omstandighede, wat ons nie weet nie, van die pa. Plaas jou dan in die wag se posisie. Hoe sou jy of ek in daardie split van n sekonde opgetree het? Ek herhaal, ons weet nie wat die werklike omstandighede op daardie oomblik was nie. Ek stem saam dat hierdie wag wou optree. Moontlik was hy nie eers aandiens nie want ek lei af dat hy met sy privaat wapen geskiet het. Hy kon net sowel gemaak het of hy niks sien nie. Jammer dat hy die doppies opgetel het.

Magda ·

Mnr die wag volgende keer kruip asb weg as so iets gebeur, want jy is nou in grootter moeilikheid as die rowers. En die ouers wat die kind in die kar gelos het, ek dink julle moet ook aangekla word. Al het die pa die voertuig dop gehou.

Se iets ·

Ag regtig, kom oor julle wat die ouers wil aankla. Die vensters was oop die pa het gekyk na die kar en kind.
Deesdae kyk mense net waar die ander verkeerd doen, REGTIG wees daar vir mekaar in plaas van net kort kort kyk wie doen wat en wat kan jy tog ook se.

Word groot, ek kan julle belowe meeste ouers het al hulle kinders in die kar gelos terwyl hulle slaap en die kar dop gehou,

erg ·

Ons land gaaaaaan nerens heen nie, mense moet net paraat wees is al, dit gebeur oral in die wereld, en mense wat duur motors ry en duur juwele dra moet weet hulle word geteiken.

Tong innie kies ·

Erg.Ons gaan wel iewers heen maar dis ongelukkig AGTERUIT.

Hannetjie Harvie ·

Daai wag moet nie aangekla word nie, hy het prober help. Die seun se ouers moet vir nalatigheid aangekla word, jy los nie jou kind in n motor in ons land nie. En dit dan nog in die hitte. Nee, nee mevrou en meneer julle is self verantwoordelik vir wat met julle kind gebeur het.

Hexi ·

Poging tot moord, daar was geen intensie om die kind eers te beseer nie. Die ouers moet eerder aangekla word van poging tot moord (veral om ‘n kind in hierdie hitte in ‘n voertuig te los, oop vensters of nie), want as hul nie die kind in die voertuig gelos het nie, sou hy nie in die spervuur gewees het nie. En voor iemand sê ek oordeel te gou, ek is self ‘n ouer!

erg ·

Die land gaan nerens heen nie, dit gebeur orals in die wereld, mense moet net meer paraat wees,en die mense met hulle duur motors en duur juwele word maar geteiken,

Deon ·

Dis baie hartseer. Maar lyk my daai sentrum is maar gevaarlik. Kort kort in die nuus vir iets. Bly maar eerder weg daar.

Heleen ·

Nou vra ek waarvoor word daar sekuriteits beamptes aangestel, die man het niemand met opset geskiet nie, hy het mense probeer beskerm. Die ander pleeg moord en roof mense en dan kom daar niks van nie. Dit is pateties. Hoe kon die ouers die kind in die kar gelos het as dit waar is want al die berigte wat ek gelees het, het ander stories. Een berig se die kind het saam sy ma en sussies in die kar gewag ander se weer die kind was alleen in die kar. Wat ookal ons mense is nerens meer veilig nie.

Skuimpie ·

Ag maar julle klomp moangatte kan darem n berg van n miershoop maak. Die ou het reg voor die winkel se deur gestop en seker 5m van die kar gestaan.
Ek doen dit baie as my vrou vinnig in winkel gaan vir iets. Ek staan dan gou en rook buite die kar want ek rook nie in die kar as my kinders saam is nie. Dan staan ek ook maar so 5m van die kar en kinders slaap dan binne.
Wat is nou die.verskil of jy in die kar sit, of 5m verder staan en dophou? Inteendeel, ek dink jy kan nog beter dophou en kyk van so entjie weg, as wat jy binne in kar sou sit.
So hou tog asb op kerm oor niks.

En nee as jy nie kan reguit skiet, dan moet jy maar jou pistool bere, of die nagevolge dra as jy in openbaar wil losbrand. Paar sentimeter op en dit was deur die kind se kop, wat sou julle dan se?

pieterdp ·

Soo jy is een van daai wat sal toesien dat n misdaat voor jou oe gebeer en jy sal net hand gevou staan en toe kyk.

Maar oo wee jy wil nie n slag offer wees nie. Dan moes al die slapgate jou help.

Gatvol ·

Ja nou wil die pa kla en moun. Pleks die pa ook iets probeer doen het om.die vrou te help. Nou leer dit n mens maar weer net om niks te doen nie en om te draai en weg te stap…

Daniel ·

Ek stem met julle almal saam iemand wat probeer om moorde en roof te stop deur te skiet word deur hierdie stupid regering as ‘n misdadiger gesien. Hulle wil he jy moet maar net oorgee en beroof of doodgemaak word, dis die agenda

Winston ·

1. Hoe los jy jou kind in n oop venster motor in SA? DIT IS NALATIG!
2. Ongelukig moes die wag voorsien het dat hy iemand anders(onskuldig) kon tref as hy wapen sou afvuur. Moontlikheidsbewyssyn.
3. As jy soos Clint Eastwood wil skiet moet jy baie en baie en nog meer oefen.

zoom zoom ·

Waar stoor die wag sy wapen wat hy gaan haal het en het die wag ‘n lisensie vir die wapen. Klink vir my uit die berig dat dit nag is vir die wag
Volgende keer kyk liewerste anderpad

Jack Russl ·

Klink vir my uit jou kommentaar dat jy nie die berig gelees het nie.

Die wag het sy persoonlike gelisensieerde vuurwapen gaan haal.

Johan ·

Die enigste krimineel in die verhaal is di rowers .As hierdie sekuriteits man nou een of meer raakgeskiet het dan was hy almal se held,maar ongelukkig het hy ‘n oordeelsfout begaan.As julle wat so negatiewe kommentaar lewer daar was,onder of agter watter motor sou julle weggekruip het

Johan ·

Almal kla nou so oor die kind wat in die motor was en die pa buite gestaan het. Ek virseker julle al het die pa nou by die kind in die kar gesit sou die steeds gebeur het. Hy sou steeds geskiet gewees het. Hou nou op om die ouers te wil aankla, dis belaglik !

jaco ·

Een crucial ding kom kort in hierdie berig en in almal se kommentaar tot dusver: die ras van die rowers, die sekuriteitswag en die kind wat raakgeskiet is. Sou dit bekend wees, sou almal wat so kommentaar lewer die hele saak in baie beter perspektief sien.

Wilma ·

Ek wonder net hoe hierdie rooftog sou eindig indien die veiligheidswag nie tussenbeide getree het nie aangesien van die rowers gewapen was – moontlik in ‘n bloedbad?

Aggenee man! ·

Hkm die ou wat help aankla??? Daai ouers moet aangekla word. Hoekom word die kriminele in ons land beskerm en die wat probeer help altyd aan die pen gery??? HOEKOM?? Dis hoekom dit gaan soos dit gaan – die wette beskerm die blerrie skelms! Verander die blerrie wette man!

Jaco ·

Dis baie jammer oor die wag wat probeer help maar nou ja as jy gaan kyk na jou SERA opleidings boeke kan n graad een dit doen van e tot a. Maar ja die wag as hy goed opgelei was en compatancy sertifikaat verstaan en toets geskryf het sou hy geweet het jy mag nie in so geval skiet nie . Gebrek aan opleiding was verantwoordelik gewees.

vytjie ·

Hy het nie op die kind geskiet nie. Die afstand waar die pa geslaan het is nie so ‘n groot issue nie, feit is hy het sy kind dopgehou dis hoekom by nie saam gaan inkopies doen het nie. Maar sal hy net erken dat hy weet hy het ‘n GROOT les geleer om nooit weer sy kind Alleen te los nie. Dit het ‘n sekuriteitsbeampte gekos om sy les te leer. Beampte omdat U omgee vir ander het U opgetree

Ben Prinsloo ·

Soos die spreekwoord sê: die beste stuurman staan aan wal. Nogal baie stuurmanne wat ons hier het.

Jones ·

Jong, ons het wagte vir kastige veiligheid maar sodra hulle actually hulle werk doen en ander probeer beskerm word hulle in die tronk gestop. Ander wagte sal net staan en kyk. At least het hy probeer om te help. En ek hoop die ouers wie die kind in die kar gelos het word ook meer onderhandel, dis kindermishandeling

Helga naude ·

Ek blameer die rowers. Nie die ouers, of die sekuriteitswag. Ek is so bly die seuntjie is ok want ek weet sy ouers het hom so lief dat hul hom nie wou steur terwyl hy slaap nie. Die sekuriteitswag wou lewens red en toe dink hy net aan die rowers wat hy moet skiet. Eks rerig bly die seuntjie is ok, ek hoop die wag kan kersfees hou sonder kommer dat hy nie gaan werk he en mag die rowers gevang word en kersfees in n bar sel slaap!

Anell ·

Stel jouself voor die pa was wel in die kar en nie 5m verder waar hy verantwoordelik sy kind opgepas het!!!! En… die koeel het die pa in die kop getref? Dan was daar kinders sonder ‘n pa. Ek is verantwoordelik ma wat my kinders met als in my sal beskerm en lief het, ek self het al presies gedoen wat die pa gedoen het. Sit in kar wat ry sonder oop vensters in die hitte vs stilstaande voertuig met oop vensters…. wat is erger? Wat van voertuie sonder lugversorging? Centurion is so Groot op kapings, so of jy dooi van die hitte in toe kar, of waag die insittendes se lewe met oop vensters..
Kyk, ouers wat gaan shopping doen en kinders aleen los is een ding, die egter iets Anders, niemand ‘shop’ by bakers bin nie. Hou tog op almal se foute sien en oordeel, bloot, oor jou sondes of oordeelsfoute verskil van ander sinne.
Welgedaan aan die wag wat wou help, wat nie soos meeste blankes (2* in spitsverkeer probeer kaap, almal dit net aangegaap) hulself blind hou of onbetrokke.
Maggie mense wat so kan fout vind maak my wil naar word op die boktrui sommer

mokki ·

Vir wat los hulle die kind alleen in die kar,hulle kan dit mos nie doen nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.