’n Sekuriteitswag is Sondag in Tongaat in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hy glo per ongeluk homself in die been geskiet het.
Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is vroeër vandag na ’n taxistaanplek in die dorp se sakesentrum ontbied waar hulle ’n sekuriteitswag met ’n skietwond aan sy been aangetref het.
Die sekuriteitswag is onder polisiebewaking na ’n hospitaal geneem vir mediese behandeling. Die polisie het ná die voorval op die vuurwapen en 28 patrone beslag gelê.
Volgens Mbele sal die sekuriteitswag aangekla word van die afvuur van ’n vuurwapen in die openbaar asook die nalatige hanteer van ’n vuurwapen.
Hy sal na verwagting binnekort in die Verulam-landdroshof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Wanneer kla hulle Malema aan vir afvuur van vuurwapen in die openbaar.
Jammer om van jou probleem te lees. Hoop jy het gese jpu naam is Juliass want dan gaan hy niks oorkom nie
Ek wil dit ook weet hy het n semi auto geweer afgevuur in n beboude gebied of is almal nie gelyk onder die wet nie.
Soveel mense is hopeloos onbevoegd om ‘n vuurwapen te hanteer!
Die arme man skiet homself per ongeluk in die been en word in hegtenis geneem.
Malema vuur n vuurwapen in die openbaar af met voorbedagte rade en hy loop nog steeds buite rond??!
Dubbele standaarde?