Wag vas ná hy homself in been skiet

(Argieffoto: SAPD, Facebook)

’n Sekuriteitswag is Sondag in Tongaat in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hy glo per ongeluk homself in die been geskiet het.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is vroeër vandag na ’n taxistaanplek in die dorp se sakesentrum ontbied waar hulle ’n sekuriteitswag met ’n skietwond aan sy been aangetref het.

Die sekuriteitswag is onder polisiebewaking na ’n hospitaal geneem vir mediese behandeling. Die polisie het ná die voorval op die vuurwapen en 28 patrone beslag gelê.

Volgens Mbele sal die sekuriteitswag aangekla word van die afvuur van ’n vuurwapen in die openbaar asook die nalatige hanteer van ’n vuurwapen.

Hy sal na verwagting binnekort in die Verulam-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

JV ·

Wanneer kla hulle Malema aan vir afvuur van vuurwapen in die openbaar.

Abe ·

JV. en Sweis,
Die wapen wat Malema afgevuur het, het by nadere ondersoek geblyk om n speelgoedwapen te wees. Dit was afgemaak as n grap.

Dries du Toit ·

Seker het Malema ook maar net perongeluk die skote afgevuuf in die openbaar

Chris ·

Jammer om van jou probleem te lees. Hoop jy het gese jpu naam is Juliass want dan gaan hy niks oorkom nie

sweis ·

Ek wil dit ook weet hy het n semi auto geweer afgevuur in n beboude gebied of is almal nie gelyk onder die wet nie.

Trol ·

Die anc se beskermling aankla vir n oortreding qat hy willens en wetens begaan het? Hoeveel sake teen hom sloer nou al jare lanh?

Carl ·

‘n “Wag”; eers wag hy vir sy “pay” en nou wag hy om tronk toe te gaan.

Bloudrom ·

Dit lyk dan nou die wag het homself aangekla vir poging tot moord.

Johann cb ·

Soveel mense is hopeloos onbevoegd om ‘n vuurwapen te hanteer!

Karlahari ·

Die arme man skiet homself per ongeluk in die been en word in hegtenis geneem.
Malema vuur n vuurwapen in die openbaar af met voorbedagte rade en hy loop nog steeds buite rond??!
Dubbele standaarde?

Katryn ·

Wat het geword van die polisie vrou wat haar self raak geskiet het is sy ook aan gekla

Michelle ·

Ongelukkig in Verulam sal jy baie wagte kry wat met vuurwapens staan en speel die is nie die eerste voorval nie en sal ook nie die laaste wees nie. Die wagte in KZN het (trigger happy) geraak en al die jonges op ‘n seker ouderdom wil met ‘n vuurwapen werk of hy lisensie het of nie. Hul leen ook die vuurwapen vir mekaar net om foto’s te vat om op sosiale media te sit en die wat dit hanteer is nie bevoeg om dit te hanteer nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.