Wag vas na klant in gesig geskiet is

(Argieffoto: Kent Williamson)

ʼn Veiligheidswag is in hegtenis geneem nadat ʼn klant by ʼn vulstasie in Kuruman in die Noord-Kaap geskiet is.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het gesê die 37-jarige veiligheidswag was Vrydag aan diens by die vulstasie toe die voorval omstreeks 17:20 plaasgevind het. “Die wag het ʼn 36-jarige klant glo toegang tot die vulstasiewinkel geweier omdat die klant nie ʼn masker aangehad het nie.”

ʼn Stryery het tussen die veiligheidswag en die klant ontstaan waarna die klant in die gesig geskiet is. “Die slagoffer is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir behandeling.”

Volgens Ramatseba is die veiligheidswag op aanklag van poging tot moord in hegtenis geneem en daar is op ʼn vuurwapen beslag gelê. Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Kuruman-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Risimati Peter Shivuri, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel.

  • Die berig is intussen gewysig om aan te dui dat die voorval in Kuruman en nie in Kimberley plaasgevind het nie. Die polisie het aanvanklik die verkeerde inligting deurgegee. Maroela Media vra om verskoning vir die oorsig. – RED

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wielspore ·

Swak opgeleide wag wat nie kan onderskeid tref teen ‘n ernstige oortreding waar ‘n wapen nodig is en ‘n minder ernstige oortreding waar geen wapen nodig is.

Ryno ·

Dit is wat gebeur as die sogenaamde “minister” van Polisie geweld aanhits teen mense wat “nie will luister” nie!!!!

andre ·

Die winkel eienaar gee niemand instruksies om iemand te skiet nie.

Louwrens ·

Daai wag het onregmatig opgetree. Sy lewe was nie in gevaar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.