Wag wat glo kinders molesteer se prokureur onttrek

Argieffoto

Die prokureur van die 57-jarige veiligheidswag wat daarvan beskuldig word dat hy 55 leerders na bewering seksueel aangerand het, het Vrydag aan die Protea-landdroshof in Soweto gesê hy onttrek hom aan die saak.

“Ek wil my graag aan die saak onttrek,” het Dennis Mabasa, wat die wag verteenwoordig, gesê tydens die hofverrigtinge waartydens die wag se aansoek om borgtog veronderstel was om aangehoor te word.

Dié veiligheidswag, wat Kersfees agter tralies deurgebring het, het glo 55 leerders by die AB Xuma Laerskool in Johannesburg seksueel aangerand. Tot op hede het 34 leerders verklarings by die owerhede gaan aflê.

Mabasa het aan landdros Herman Badenhorst gesê hy onttrek hom aan die saak weens ʼn botsing van belange.

Die beskuldigde het aangedui dat hy voortaan van regshulp gebruik sal maak.

Badenhorst het die saak tot Maandag uitgestel om hom kans te gee om aansoek te doen om gratis regshulp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cherokee ·

Jy sal harder moet werk as een sinnetjie indien jy poog om lesers te oortuig dat prokureurs en advokate se gewetens ‘n groter rol speel as geld in besluite om beskuldigdes te verdedig.

Justice ·

Stem saam – al sou Karel `n boek daaroor kon skryf gaan ek nie oortuig wees nie.

Jan Nel ·

Strafsake se inkomste is peanuts in vergelyking met siviele werk en sake. Dit is daarom dat baie regslui nie strafwerk doen nie, hul tyd en geld is belangriker. Sommige regslui het egter ‘n passie vir die reg en glo onwrikbaar dat iemand onskuldig is tot hy skuldig bewys word. Dit is juis daardie regslui wat strafsake doen, ongeag die feit dat hul meer geld kon maak vir dieselfde tyd spandeer.

PJC ·

Ek dink hierdie prokureer het net nie kans gesien om die onverdedigbare te verdedig nie. Met alles in die lewe moet ń mens iewers die streep trek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.