Wag wat glo kinders molesteer weer in hof

Argieffoto

Die saak van die veiligheidswag wat daarvan beskuldig word dat hy 55 leerders van die AB Xuma Primary School in Orlando, Soweto na bewering seksueel aangerand het, is Maandag in die Protea-landdroshof uitgestel.

Dié veiligheidswag wat Kersfees agter tralies deurgebring het, het glo 55 leerders by die AB Xuma Laerskool seksueel aangerand. Tot op hede het 34 leerders verklarings by die owerhede gaan aflê.

Klagtes van verkragting en seksuele aanranding staar hom in die gesig.

Maroela Media het vroeër berig Dennis Mabasa, sy prokureur, het hom verlede Vrydag aan die saak onttrek as gevolg van ʼn botsing van belange.

Maandag was daar verteenwoordigers van regshulp in die hof om die nodige dokumentasie aan die wag te voorsien om gebruik te maak van hul dienste.

Landdros Herman Badenhorst het die saak tot 30 Januarie uitgestel. Die beskuldigde bly in aanhouding totdat die saak voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Robert ·

Marous, kom ek help jou bietjie. Die botsing van belange is heelwaarskynlik nie die korrekte bewoording nie. Miskien eerder botsing van etiese redes. As die prokureur wat die klient verdedig gevang word dat hy weet die beskuldige is skuldig en nogtans verdedig hy hom/haar onderwerp die prokureur hom/haar aan kriminele vervolging en kan sy lisensie verloor. Dit is baie ernstig. ‘n Prokureur mag nie sy klient verdedig as hy/sy weet die aangeklaagde is skuldig nie. Die etiese kode van die prokureurs/advokate verhoed dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.