Wag wat kinders glo molesteer se saak uitgestel

Argieffoto

Die voorverhoorverrigtinge van ʼn veiligheidswag wat skoliere van die AB Xuma Primary School verkrag en seksueel aangerand het, is uitgestel toe sy regsverteenwoordiger nie Vrydag in die hof opgedaag het nie.

Staatsaanklaer Jacki Steyn het in die Johannesburgse hooggeregshof aan regter Ramarumo Monama gesê die saak is gereed vir verhoor op 12 November.

Die wag, Johannes Molefe, is in Oktober 2017 in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding. Hy het na bewering verskeie leerders van die laerskool verkrag en seksueel aangerand. Hy staan tereg op drie aanklagte van verkragting en 11 van seksuele aanranding.

Molefe het aan die hof gesê sy regsverteenwoordiger, wat hom in die vroeë fases van die saak by die Protea-landdroshof bygestaan het, het aangedui hy sou Vrydag in die hof wees.

Regter Monama het aan Molefe gesê hy sal hom nie sonder regshulp kan help nie. Hy het bygevoeg die aanklagte is ernstig en dit sal nie in sy guns wees om homself te verteenwoordig nie.

Die saak is tot 10 Augustus uitgestel om Molefe die kans te gun om regshulp te kry. “Die verhoordatum moet nie misgeloop word nie.”

ʼn Paar ouers van die leerlinge van AB Xuma Primary en die skoolhoof was in die hof teenwoordig. Hulle het geweier om kommentaar te lewer oor die saak.

Lees alle vorige berigte oor AB Xuma Primary School op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cherokee ·

Die regter sê aan hom dat dit nie in sy guns sal wees om homself te verteenwoordig nie. Wetskennis tel nie onder my kwalifikasies maar dit neig te klink asof die regter gesê het hy moet iemand vind wat beter kan lieg as hyself. Want as verdediging slegs gegaan het oor albei kante van die saak sou geen stryery nodig gewees het nie.

Clipper ·

Meer as n jaar om iemand te verhoor wat kinders gemolesteer het? Absoluut belaglik. Wie ondersoek hierdie sake? Kan nie baie goeie speurders wees nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.