Wagte ‘etlike ure’ aangehou toe rowers munisipaliteit teiken

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Veiligheidswagte is Dinsdagoggend ure lank deur gewapende rowers aangehou toe aanvallers op die Blouberg-munisipaliteit se kantoor in Senwabarwana in Limpopo toegeslaan het.

Konst. Rufus Ledwaba, woordvoerder van die polisie, het Woensdag in ʼn verklaring gesê die voorval het Dinsdag tussen middernag en 03:00 plaasgevind.

ʼn Silwer Mercedes-Benz het volgens Ledwaba in verskillende rigtings voor die gebou verbygery en ʼn paar meter weg tot stilstand gekom.

“Twee veiligheidswagte aan diens het gedink die voertuig se vreemde bewegings is verdag en het gaan ondersoek instel. Ses verdagtes het hulle gekonfronteer vanuit die agterste deel van die erf en vuurwapens op hulle gerig. Die vrouewag, gewapen met haar dienspistool, het haar oorgegee. Die aanvallers het haar ontwapen en hul selfone afgeneem,” het Ledwaba gesê.

Die wagte is volgens Ledwaba deur die verdagtes na die hoofgebou gelei waar die aanvallers die deur gebreek het om toegang tot die kluis te verkry.

“Die wagte is buite vasgebind en dopgehou terwyl die ander verdagtes gewerk het om die kluis met ʼn hoeksnyer oop te sny.”

Dié beproewing het etlike ure aangehou tot die kluis uiteindelik oopgebreek is.

Die verdagtes het op die vlug geslaan met ʼn onbevestigde hoeveelheid kontant. Daar is nie skote afgevuur tydens die rooftog nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Chris Ws ·

Die veiligheidswagte speel gerieflikheidshalwe maar saam want daar sal sekerlik vir hulle ‘n bonussie agterna wees.

KP ·

Wat van alarm?????????? Was hy dalk gekanselleer weens wanbetaling……..

Andre ·

En more is daar weer optogte want diens lewering sukkel oor finansies…

Linda van Mosselbaai ·

Kyk wat nou oral in Suid Afrika aangaan lyk soos die beste TV reeks.
Daar speel nou oral tot in die parlement dinge af, wat vir ‘n skrywer baie stof gee.
Alles is totaal so deurmekaar en het mens nooit verwag nie.
So mense hou julle ore en oë oop – wees veilig.
Bid dat God met ons sal wees en dat Sy koningkryk gou sal kom – sodat daar ‘n einde aan hierdie verskriklike goed sal wees. Here wees ons genadig.

thinus ·

Nou wonder ek hoekom is die wagte nie aangerand, gemartel of doodgemaak soos wat met “gewone misdaad” op plase en in dorpe/stede met gewone (wit) slagoffers gebeur nie?

Nettie ·

Lees: “die veiligheidswagte het die ‘aanvallers’ gehelp om toegang tot die gebou te kry en is daarna kamma-kamma deur die ‘aanvallers’ vasgebind, waarna hulle die ‘aanvallers’ die volgende dag ontmoet het om hul eie deel van die buit te kry”.

Loutjie ·

Waar n wag is, is daar altyd inbrake en die dinge. Baie verdag.

smoefie ·

Kon nie te veel geld gewees nie het nie. Die meeste -munisipaliteite is elkgeval bankrot : )

Hennie ·

Hulle het die woord “polisie” uit die Afrikaanse en Engelse woordeskat verwyder (net in SA).

PJC ·

Nog altyd geweet hierdie veiligheidswagte dien geen doel nie.

Annamarie Olivier ·

Hulle moet nou nog ‘n maatskappy kry om die sekuriteitswagte te beskerm want hulle beteken niks. Dit is geldmors. Wat het van “Panic Buttons” geword?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.