Wagte in hof ná transitorooftog

Deur Megan Gittins

Argieffoto: SAPD

Twee veiligheidswagte van Fidelity Sekuriteitsdienste het Maandag saam met ʼn derde verdagte in die Ngqeleni-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn nadat hulle na bewering ʼn transitovoertuig op 14 Junie beroof het.

Kapt. Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die polisie, sê die twee wagte, onderskeidelik 22 en 26 jaar oud, het beweer dat hulle op pad na die Lusikisiki-poskantoor was toe twee Isuzu-voertuie hulle tussen Ngqeleni en Port St. Johns vasgekeer het.

Die ander verdagte (30) en sy vermeende makker, wat na bewering met die sekuriteitswagte saamgesweer het, het petrol oor die Fidelity-voertuig uitgegooi en gedreig om dit aan die brand te steek indien die wagte nie uit die voertuig klim nie.

Nadat die wagte aan dié opdrag gehoor gegee het, is hulle vasgebind en in die Fidelity-voertuig toegesluit voordat die ander verdagtes van die toneel gevlug het met ʼn onbevestigde bedrag geld en drie vuurwapens.

Die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad het ondersoek ingestel wat hulle na Johannesburg gelei het. Die sekuriteitswagte en hul vermeende makker is verlede Vrydag in Mamelodi en Honeydew in hegtenis geneem. Die ondersoekspan het ook van die gesteelde geld teruggekry.

Die vierde verdagte is nog nie opgespoor nie.

Die drie verdagtes sal op 5 Augustus weer in die Ngqeleni-landdroshof verskyn wanneer hulle om borgtog sal aansoek doen. Hulle bly in aanhouding tot dan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Geloofwaardigheid voor kundigheid. Ook beter bekend as regstellende aksie. En dit terwyl derduisende jong manne(met integriteit) sonder werk sit agv hul velkleur.

koba ·

slim vang toe sy baas, mag al julle geld diewe aan die pen ry!

goeie werk manne!

Gert van Wierdapark ·

Die wagte het seker maar besluit dat as die soustrein so lekker in SA loop, moet hulle maar die voor-beeld navolg, aangesien oortreders jovial lewe en lekker politieke joppies het!!

Kobus ·

Die ander verdagtes dalk Polisielede? Hoekom nie meer besonderhede verstrek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.