Wagte in selle toegesluit tydens rooftog by hof

Argieffoto

Die polisie in Mpumalanga is op soek na twee gewapende mans wat by ʼn landdroshof in Balfour ingebreek, die veiligheidswagte in die hofselle toegesluit en met onder meer staatsvoertuie en rekenaars op die vlug geslaan het.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Saterdag omstreeks 21:00 gebeur.

Volgens Bhembe het ʼn verbyganger die polisie Sondag in die vroeë oggendure gekontak nadat hy gehoor het hoe mense van binne die hof om hulp roep. Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle die veiligheidswagte gevind wat in die hofselle toegesluit is.

Twee gewapende rowers met balaklawas het ure vantevore toegang tot die hofperseel verkry deur ʼn slot op die toegangshek te breek. Hulle het daarna die veiligheidswagte in die selle toegesluit, voor hulle by kantore in die hofgebou ingebreek het.

Volgens Bhembe het die rowers met twee staatsvoertuie, rekenaars en die veiligheidswagte se persoonlike besittings op die vlug geslaan. Die twee voertuie is vroeër vandag verlate in Gauteng gevind.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Enigiemand met meer inligting word versoek om konst. Oupa Mahlangu by 071 640 3178 of 017 773 0050 of Stop Misdaad by 08600 10111 te skakel,” het Bhembe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Werner ·

Wat n grap het hierdie eens pragtige land nie geword nie danksy die liberale begeesterdes wat die mense se onbevoegdheid onder die mat invee

Jannie ·

As dit nie vir die tragiese midaad was nie, dan was hierdie land ‘n massiewe opelug sirkus!!!

Hansie ·

Ek dink hier gaan dit nie om die hondjie nie, ek wonder hoeveel dossiere is ook weg

jakes ·

Dis lagwekkend maar ook kommerwekkend dat daar tot by howe en polisiestasies ingebreek word. Ons land is teen die planke en dan vra die president nog vir beleggers om hier te kom bele. Dis n siek grap.

Cor ·

Wat n grap ek wed die wagte het gele en skaap toe hulle oorval is .Dit kan dalk n “inside job “ wees want waar was die wagte se beheerkamer operateur hulle moet mos gemonitor word. Dit is deesdae so maklik om te se hulle kon nie die rowers herken nie want hulle het ballaklavas gedra.

Nettie ·

Jinne, Marous, wil jy my sê daar gebeur nie sulke dinge by julle in Australië nie? Phillip Dutton moet versigtig wees om so die SA boere in te nooi in Australië in – netnou trek die misdaad sáám met die boere soontoe, en wat gaan julle dán maak? Julle weet mos, soos kakiebos saam met perdevoer uit Australië in die ABO in Suid-Afrika ingekom het ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.