Wagte ‘kruip weg’ toe Duitsers in Jhb aangeval word

Rowers het onder meer juwele by die paartjie geëis. (Foto: Emer-G-Med)

“Miskien was daar dan niemand wat óns wou help nie, maar miskien kan ons storie help dat dit nie ook met iemand anders gebeur nie.”

Só het ʼn 53-jarige Duitse vrou vandeesweek gesê nadat sy en haar man (57) Vrydag by die City Lodge Fourways in die noorde van Johannesburg aangeval is. Die egpaar het uit vrees vir hul veiligheid gevra dat hul name nie gepubliseer word nie.

Rowers het die man in die hand en bors geskiet terwyl veiligheidswagte wat die hek beman het, oënskynlik nie ʼn vinger verroer het om die rowers te keer nie.

Die vrou het Dinsdag vertel die egpaar was Vrydag by die Sandton-winkelsentrum waar hulle inkopies gedoen het en het daarna na die hotel gery waar hulle die aand sou oorslaap. Haar man werk vir ʼn paar jaar in Suid-Afrika en hulle is gereelde gaste by die hotel.

By die toegangshek na die hotel se parkeerarea moes die paar hul besprekingsbesonderhede verskaf voordat die hek vir hulle oopgemaak is. Die vrou het ʼn wit Kia, slegs sentimeters agter hulle Jeep opgemerk, terwyl haar man dié besonderhede verskaf het. “Ek het in die truspieël bly kyk vir die motor; dit was vreemd dat dit só naby aan ons was.”

Sy sê nadat hulle die besprekingsbesonderhede verskaf het, kon hulle deurry. Die wit voertuig is volgens haar glad nie voorgekeer nie en het bloot agter hulle aangery. “Dit was asof hulle die mense in die motor geken het; die wagte het die hek outomaties vir hulle oopgemaak.”

Die egpaar het in ʼn oop parkeerruimte ingetrek en sekondes later was die twee insittendes van die wit motor aan albei kante van die voertuig. Die parkeerruimte was egter só nou dat die deure van die Jeep waarin hulle was nie heeltemal kon oopswaai nie, en die vrou meen dit het moontlik hul lewens help red.

Die aanvaller by haar man se venster het ʼn klein silwer vuurwapen in sy hand gehad en het haar man se deur oopgepluk. Hy het aanhou sê “give it, give it” en haar man se horlosie geëis. Haar man het hom egter bly teësit en op die kar se toeter gelê om aandag te probeer trek, terwyl die aanvaller hom herhaaldelik teen die kop geslaan het.

“Ons het aanhou skreeu, dit moes seker tien minute gewees het. My man het aangehou om die toeter te druk en ons het geskreeu ‘help, help, help’. Mense móés ons gehoor het, maar niemand het uitgekom om te help nie. Nie ʼn enkele veiligheidswag het nader gekom nie. Dit was asof ons alleen in ʼn verlate straat was.”

Die rower aan die vrou se kant van die voertuig het ʼn vuurwapen in elke hand gehad – “ek onthou presies hoe dit lyk” – en het haar beveel om haar venster oop te maak. Die ander rower het intussen haar man uit die voertuig probeer sleep, maar omdat die ruimte so nou was, kon hy hom nie dadelik uittrek nie. Steeds is hy aangerand en steeds het niemand nader gestaan om te help nie.

Die vrou vertel sy het uit desperaatheid besluit om haar deur oop te stamp om die rower te probeer wegkry. “Dis nie asof ek tyd gehad het om aan ʼn plan te dink nie, jy probeer maar wat ook al in jou kop kom.”

Die rower was egter te vinnig en het sy voet by die deur ingedruk en haar horlosie probeer gryp. Sy het hom tussen die bene geskop en hy is na die ander kant van die voertuig waar sy makker steeds met haar man gestoei het. Die vrou vertel sy het aan haar man vasgeklou om te keer dat die rowers hom uitsleep, maar sy vermoed dat die rower aan haar kant van die voertuig een of ander teken gekry dat hulle nou moet laat spaander en sy makker wou waarsku.

Die twee het die vel aan die Duitser se hand afgestroop soos hulle hom gekrap het om die horlosie van sy arm af te kry, voordat hulle weer in hul voertuig gespring het. Die vrou vertel sy het deur die voertuig se agterruit geloer om seker te maak die mans skuil nie daar en wag hulle in wanneer hul uitklim nie.

Op daardie oomblik het die rower wat met haar man gestoei het, teruggekeer. “Ons het mekaar in die oë gekyk en toe skiet hy.”

Die koeël is deur haar man se hand tot in sy bolyf.

Die rowers het daarna in hul voertuig weggery – met die veiligheidswagte wat volgens die vrou net weer die hek vir die rowers oopgemaak het.

Wagte kruip weg

“Ek het gesien my man is geskiet en het begin skree. In daardie stadium het die hotel se deur oopgegaan en personeellede en gaste het uitgekom. Een van die wagte het ook uitgekom en gesê ons moenie bekommerd wees nie, hulle het alles gesien gebeur, maar het geskuil tot dit verby was.”

Die vrou vertel sy het gegil dat haar man besig was om te sterf, terwyl ʼn hotelwerker aan haar gesê het sy moet verstaan dat die veiligheidwagte bang was om in te gryp.

Sy sê ʼn veiligheidswag van Montecasino het intussen daar aangekom en was die eerste persoon wat hulle gehelp het. Sy sê hy was professioneel en het onder meer beveel dat handdoeke uit die hotel gebring word om haar man se bloeding te help stuit, terwyl een van die gaste die polisie en paramedici ontbied het.

Inligting oor die rooftog is glo daarna ook met ander veiligheidsmaatskappye in die omgewing gedeel.

“Dit was die ergste tien minute van my lewe. Jy is só alleen. Ek het gedink dat my man besig is om voor my oë te sterf en ek kon niks doen nie. Dán sê iemand vir jou hulle het alles gesien gebeur, maar het gewag tot die aanvallers weg is…”

Haar man, ʼn ingenieur, is intussen uit die hospitaal ontslaan, maar sal na verwagting verskeie opvolgoperasies aan sy hand moet ondergaan. Die prognose is ook dat hy die gebruik van twee van sy vingers permanent gaan verloor.

“Weet jy wat beteken dit vir ʼn ingenieur?”

Die egpaar woon die afgelope vyf jaar in Suid-Afrika, maar reis al die laaste 30 jaar die wêreld vol na die man se verskillende projekte. Die vrou sê hulle is nie bang nie en was nog altyd veiligheidsbewus, maar meen meer moes gedoen word om hulle te beskerm.

“Ons het al in honderde hotelle gebly en so iets het nog nooit met ons gebeur nie. My man het ʼn projek om te voltooi en hy dring daarop aan om dit af te handel. Hy sal die projek nie net laat staan nie en ek sal hom nooit los nie.”

Die veiligheidswag van Montecasino het hulle saam met die ambulans na die hospitaal vergesel, terwyl ʼn kollega van haar man na hul voertuig en bagasie omgesien het.

Die vrou vertel sy het in haar struweling met een van die rowers sy handskoen afgepluk en dié handskoen, saam met ʼn rooi mus wat die ander aanvaller gedra het, is in die voertuig gevind. Dit vorm deel van die polisieondersoek. Die vrou sê hulle het ook verneem dat verskeie ander gaste by die hotel al die slagoffers van misdaad was, maar dié inligting kon nie bevestig word nie.

“Dit was die hotel se werk om ons te beskerm. Ek maak ʼn bespreking en betaal daarvoor. Die hotel se werk is om sekuriteit te verskaf. Ek vra nie dat hulle ons bagasie oppas nie, maar ons lewens.”

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie oor die voorval gerig, maar geen terugvoer ontvang nie.

Die Duitse ambassade staan intussen die egpaar by.

Hotelgroep reageer

Die City Lodge-hotelgroep het by navraag egter gesê terwyl die gebeure ontvou en die skoot geskiet is, het die hotel se veiligheidsbeamptes gewapende rugsteun ontbied.

“Die hotelbestuur het noodhulp toegepas tot die ambulans aangekom het nadat die veiligheidsbeamptes hulle ontbied het. Die gaste is na ʼn nabygeleë hospitaal vir behandeling gehaas,” lui ʼn verklaring van die hotelgroep.

Die hotelgroep sê ʼn derdeparty-veiligheidsmaatskappy bestuur die ingang en uitgang na die gebied, wat die hotel, asook ander sakeondernemings en kleinhandelaars huisves.

“Dit is ʼn uiters betreurenswaardige voorval wat met een van ons gewaardeerde klante gebeur het. Ons is dankbaar vir die vinnig optrede, sorg en professionele optrede van ons span by die hotel wat die situasie hanteer het soos dit gebeur het,” sê Lindiwe Sangweni-Siddo, bedryfshoof van die City Lodge-hotelgroep.

“Die saak is nou in die hande van die polisie.

“Ons betreur die trauma en beserings wat ons gewaardeerde gaste opgedoen het. Ons gedagtes is saam met hulle in hierdie tyd van herstel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

MakersMark ·

Die wagte is deel van die plan los in en uitgange oop en as mense opgehou word staar hul in die verte. Kry later sy R 100 by die diewe. Probleem is hele SA is besig om in ‘n kriminele nes te verander met geen beskerming vir die burgers op straat nie. Dit gaan net erger word.

casper ·

Die “wagte” is net in ‘n job en het geen idee van wat hulle regtig moet doen nie.
Die natuurlike reaksie van die spul is om net weg te hardloop as iets gebeur !!

Snowball ·

Almal is òf kop in een mus òf die sekureitswagte word met die dood gedreig as hulle nie saamwerk nie. Kriminele hool.

miavos ·

Skokkend swak. Die eerste ‘glips’ was dat die hekwagte toegelaat het dat die motor net agter die egpaar se motor toegelaat is om deur te glip. Hulle noem dit ‘tailgating’ of ‘piggybacking’. Hoe op aarde gebeur dit by sekuriteitshekke??

Shakespeare ·

Die Duitsers het ‘n eersterangse ervaring gehad van ons kader veiligheids dienste. Hulle kan bly wees die SAPS was nie betrokke nie want dan sou hulle nog gearresteer geword het of doodgskiet gewees het. AFRICA ADDIO !!

absoluut ·

Neem jy aan hulle was nie betrokke nie? Vra maar net want hulle is oral betrokke

Connie ·

Ek hoop hulle verspei dit sover hul gaan oorsee, dat almal kan weet hoe lieg die mense hier is SA, wat se daar is nie so iets nie.

Misky ·

Absolute skande van ‘n mooie land wat besig is om te vrot. Ondervra maar weer daai ‘bang-gat’ wagte en klink darem te verdag. Waarom het jy dan wagte as hulle wegkruip?

Sarel ·

In die Hotel se Parkeer area en u beweer julle het vinnih opgetree..nie volgens die slagoffer nie. Enige
verduideliking vsn due Sekerheids Maatskapy en hoe hulle dir gebied verlaat indie jy deur ‘n Sekuriteitshek moet gaan. Nee ..dink ander verklaring uit

marius ·

Stuur dit oorsee , en raai almal af om of te besoek of te bele . Stuur dan ‘n kaartjie met gelukwense aan die leunaar van die mishoop .

Wiehan ·

Soos gewoonlik wil niemand di blaam dra nie, City Lodge, julle het die veiligheids maatskappy aangestel. vat die blaam, want hulle werk vir julle. Julle betaal daai maatskappy. Verder, daai sekuriteit by die hety moes in die eerste plek nie die 2de voertuig ingelaat het of uit gelaat het nie. Swak/Swak/Swak

Perdeby ·

Die saak is in die Polisie se hande……… ja hoor… die sekerheid by die het was kop in een mus met hulle. Ek sien hier kom ‘n lekker siviele eis teen die hotel en sekerheids maatskapy.

Toy ·

Hoekom is die wagte in ‘n sekureitsberoep as hulle nie hulle werk kan doen nie, dit is mos waarvoor hulle aansoek gedoen het, dit help nie om nou weg te kruip nie of is hulle deel van dit, hoe het hulle presies geweet van die Duitsers daar?

Althes ·

Baie jare terug was daar ñ inbraak in een van die selfsorgeenhede van ñ toeristeplek. Toevallig juis die aand toe die veiligheidswag ñ aand afgehad het.

Di ·

Welkom in sodom and gomorrah! Dis wat ek net vroeer vandag in ‘n ander kommentaar geopper het, ons moet elke dag in hiedie wilde weste probeer oorleef! Vandat die ANC oorgeneem het lewe ons almal in vrees elke dag, elke minuut, elke uur, 365 dae van die jaar.

Annelize ·

Sekuriteitswagte is deel van dit , Africanacity at work. Punt.

Harley Davidson ·

Ons aanvaar die te maklik want dit is gou vergete want môre gebeur iets erger weer en erger gaan dit word ,gee vir ons die mense wat nie so wil leef nie ‘n onafhanklike tuisland.

Helgard ·

Hoe kan dit wees, minimum loon, minimum gekwalifiseerde ongewapende wagte het weggekruip to gewapende rowers opdaag?

Hoe lank gaan mense nog hulle self bluf dat sekuriteits theatre jou veilig hou.

Stay strapped or get klapped.

Jr ·

Gaan en versprei die geval in Duitsland en Europa en vertel hulle die waarheid van wettelose SA

Johanna ·

Kry maar liewers n ander Sekuriteits mpy. Ek wonder wat se soort hormones dit was wat soveel trauma veroorsaak het. Hoe het rowers van die horlosies tehore gekom…
Of is daar iets anders wat die vrou nie vertel nie.

Marianna ·

Dan kla SA oor toerisme! Mense moet nou eers wegbly uit hierdie ashoopland. Ons land het ‘n verleentheid geword. Skande. Onnodige dinge soos kniebuig vir BLM en naamveranderings word word groot aandag aan gegee terwyl die groot probleme nie eens die nuus haal nie. Wat wys ons die toeriste wat graag SA wil sien? Vuil dorpe en stede, slaggate, swak dienslewering, loadshedding.

Jasper ·

Lol, hoe candy-coat die hotelgroep se bedryfshoof die gebeure.

Swanie ·

En die duitsers wil vir eskom help, hulle kan nie eers hier kuier nie dan ry rob our people hulle

Pablo ·

Leave this country as soon as you can. Criminality is everywhere.

Tjaart ·

Die sogenaamde sekuriteitsmaatskappye word al meer n groter bedreiging as die kriminele self. Hulle mislei hulle kliente om onopgevoede en onopgeleide wagte aan te stel wie geen lojaliteit teenoor die veiligheidsmaatskappy self of hulle kliente het nie.

Santie ·

Hul moet die hotel en veiligheids maatskapy so erg dagvaar, dat hul bankrot speel.

Anton ·

Mooi advertensie vir die buiteland om te kom bele in Suid Afrika Mr Ramaphosa!

Hasie ·

Welcome to SA … Die wagte moet vervolg word want hul was duidelik deel van die rooftog . Enige iemand met gesonde verstand kan dit sien .

George ·

Rerig… profesionele optrede!!!
Van wanneer af is geen optrede = profesioneel

Astrain ·

City Lodge, Town Lodge en hulle groep se sekuriteit is UITERS treurig, die wagte sit net daar en staar jou aan. Geen nut eintlik nie! Die hotelle is deesdae vuil en verslete. Ek het eenkeer in Potchefstroom sin gebly, die matte was so vieslik dat ek die hele vloer vol koerant gegooi het want ek wou nie daarop loop met kaal voete nie. Ontvangs is die regte traak my nieagtige houding wat jy orals in SA kry.

pompies ·

Vervolg die wagte vir poging tot moord diefstal en die feit dat hulle nie hulle erk gedoen het nie. Hulle sak gou sing wie die aanvallers was.

Susanne ·

I am the daughter of the man who got shot. The reply of the hotel that they helped after the robbers fled and shot my dad, is NOT correct. City Lodge Fourways’ staff and security did nothing to help my parents during or even after the fight! Thankfully the security guard and some guests who were staying at the same hotel came rushing and helped my father after hearing the gun shot. They called the ambulance, police, and provided my father with towels and water to try to stop the bleeding. The hotel is FULLY responsible for the safety of their guests and should be held accountable!!

Sanet ·

Fully agree with you, sue the Hell out of the hotel that is responsible for the guest’s safety. All this sounds very suspicious to me, does not make sense. So sorry for your parent’s nightmare experience in this crime-ridden country.

Swerwer ·

Die wagte is tien teen een deel van die roof/aanranding/poging tot moord. Ongelukkig kan mens niemand meer vertrou nie, maak nie saak in watter uniform hy is nie. Die Sekuriteitswagte behoort sumier afgedank te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.