Wagte oorleef skietaanval vir hul wapens

Paramedici het die wagte eers op die toneel bestendig en toe na ’n hospitaal geneem. Foto: Netcare 911

Twee veiligheidswagte is geskiet in ʼn aanval deur drie onbekende mans naby Durban.

Kapt. Nqobile Gwala, KwaZulu-Natalse polisiewoordvoerder, sê die twee wagte was Dinsdagmiddag aan diens in Bushbackweg, Shongweni, sowat 10 km buite Durban, toe drie mans op hulle begin skiet het.

Volgens Shawn Herbst, Netcare 911-woordvoerder, is die een wag in die kop geskiet en verkeer hy in ʼn ernstige toestand. Die ander een is in sy bobeen geskiet en sy beserings is ook redelik ernstig van aard. Albei die wagte is in hul 20’s.

Paramedici het die slagoffers op die toneel behandel voor hulle vir verdere behandeling na ʼn nabygeleë hospitaal gebring is.

Gwala sê albei is van hul vuurwapens beroof, maar die aanvallers is nog nie aangekeer nie.

In ʼn soortgelyke maar dodelike aanval Woensdag in Soweto is die laaste oomblikke van twee Gautengse veiligheidswagte voordat hulle albei koelbloedig in hul voertuig doodgeskiet word, deur ʼn paneelbordkamera in die voertuig vasgevang.

Die voorval het in Klipspruit gebeur. Beeldmateriaal van dié voorval word sedertdien wyd op sosiale media versprei.

In die video kan gesien word hoe die twee veiligheidswagte in hul reaksievoertuig sit. Een is besig om deur ʼn boek te blaai, terwyl die ander een iets skryf.

ʼn Skoot klap, een van die wagte probeer keer en dan tref ʼn koeël hom in die kop. Hy is op slag dood. ʼn Man ruk die deur van die voertuig oop, druk die vuurwapen in die voertuig en skiet die ander wag op kort afstand in sy kop.

Ook in dié geval is die wagte se vuurwapens geroof.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sarel ·

Is dit die tweede voorval, die vorige twee is dood op die toneel? Nuwe tendens tyken nou Sekuriteitswagte i.p.v. Polisie.

Landi ·

Ja nes ek gedink het. Dis jammer die video het so wyd versprei, want daar is baie meer sulke kriminele wat nou idees en “tips” kry… Daar is dit toe nou weer. N nuwe tendens.

Skerpioen ·

Julle glo eerder wat mense “sien”. Plaas julle LEES en GLO die Bybel. Kyk bietjie daar wat staan geskryf oor hoe swaar dit gaan word na die einde toe… hoe wreed die wereld gaan word.

Stripes ·

In die verlede is dit ingedring dat jy altyd, terwyl aan diens, enigiets elke oomblik moet verwag. Jy is indiens gestel vir ‘n spesifieke doel en word betaal daarvoor. Die oomblik wat jy laat slaplê en die houding inneem dat hier niks gebeur of gaan gebeur nie, is juis dan wanneer die makste homd die seerste byt. Ek het simpatie en empatie met wat gebeur met die skietery om meer wapens te kom en ek blameer ons immigrasiewette daarvoor. Lede wat indiens gestel word moet egter goed opgelei word om gevaar te kan identifiseer en te kan hanteer.

Matt ·

Ja, dit is tragies. Vanoggend by twee G4S wagte verby geloop wat staan en eet met die agterdeur van die gepantserde voertuig oop en stel meer in hul kos belang as in dit wat om hul aangaan. Die een se wapen is sommer by sy lyfband ingedruk en nie eers in ‘n holster nie. Ek het eenkeer met wagte van dieselfde groep gepraat oor hul paraatheid en sy antwoord aan my was – “we are wake-up”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.