Wagte se laaste oomblikke in video vasgevang

‘n Skermskoot uit die video.

WAARSKUWING: Die berig bevat grafiese besonderhede en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

Die laaste oomblikke van twee Gautengse veiligheidswagte voordat hulle albei koelbloedig in hul voertuig doodgeskiet word, is deur ʼn paneelbordkamera in die voertuig vasgevang.

Die voorval het Woensdag in Klipspruit in Soweto gebeur. Die beeldmateriaal van die voorval word sedertdien wyd op sosiale media versprei.

In die video kan gesien word hoe die twee veiligheidswagte in hul reaksievoertuig sit. Een is besig om deur ʼn boek te blaai, terwyl die ander een iets skryf.

ʼn Skoot klap, een van die wagte probeer keer en dan tref ʼn koeël hom in die kop. Hy is onmiddellik dood. ʼn Man ruk die deur van die voertuig oop, druk die vuurwapen in die voertuig en skiet die ander wag op kort afstand in sy kop. Sy hand wat hy beskermend oor sy kop gehou het sak stadig af na sy skoot, die pen nog tussen sy vingers waarmee hy oomblikke vantevore nog geskryf het.

Die booswig werk dan vinnig om die twee veiligheidswagte se vuurwapens te steel. ʼn Tweede man maak ook die passasiersdeur van die voertuig oop, klaarblyklik op soek na nog waardevolle items wat hy kan roof. Intussen ruk die eerste rower die liggaam van een van die veiligheidswagte uit die voertuig en daar kan gesien word hoe die bestuurdersitplek met bloed bedek is.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die veiligheidswagte is slegs van hul vuurwapens beroof. Ondanks die feit dat die boosdoeners se gesigte in die video sigbaar is, is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Die twee oorledenes is as Eric Ngobese en Boykie Moyo geïdentifiseer.

Intussen het David De Lima, besturende direkteur van 24/7 Security Services waar Ngobese en Moyo werksaam was, gesê die maatskappy is bewus van foto’s van die voorval wat op sosiale media versprei word. “Hierdie foto’s is bekendgemaak deur onbekende mense op die misdaadtoneel sonder enige toestemming of gesprekvoering met 24/7 Security,” het De Lima gesê.

“Ons verstaan die bedoeling is om die verdagtes te probeer opspoor, maar ons is jammer oor die pyn en lyding wat dit onvermydelik vir [die oorledenes] se families en ons personeel veroorsaak. Ons hoop opreg dat hierdie gewelddadige misdadigers gou aan die pen sal ry.”

Sake van moord word ondersoek.

Maroela Media se redaksie het besluit om nie die video hier beskikbaar te maak of ’n skakel na die video te publiseer nie weens die gewelddadige en ontstellende aard daarvan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Gerhardt O ·

Absoluut siek en wreed. ‘n Formele oorlog het ten minste reëls, hier in RSA doen kriminele net wat hulle wil. Ek emigreer eerder Irak toe.

‘n Hopelose Smagting en Hunkering na veiligheid en sekuriteit ·

Suid-Afrika is ‘n ontstellend gewelddadige, brandende en moorddadige land om in te woon. Dit is dieselfde as om in ‘n huis wat van ligte karton bokse gebou is wat op duisende vlymskerp skeermeslemmetjies balanseer te woon. Enige oomblik kan die vlymskerp skeermeslemmetjies deur die dun kartonbokse sny. Mens sal dus nooit gerus wees of veilig voel nie.

Pasop, daar is ‘n vloedgolf van moordenaars daarbuite wat sonder om ‘n oog te knip sal moor. Soos wat daagliks gebeur.

Red SA ·

Ek vra weer…
Plaas asseblief alle kriminele/ boosdoeners se foto’s reusagtig Groot
op die billboards langs alle hoofweë.

ZAR ·

Hierdie daad is afskuwelik. Ek is net dankbaar dat hulle sonder lyding dood is. Hulle is nie gemartel voor die tyd nie.
In watter samelewing is ons as ons vir so iets dankbaar is?
My hart bloei. Sterkte aan die vriende en familie.

Danie Erasmus ·

Ons kan of mag nie in die oorlog terug veg nie. Minstins nie met wapens nie. Probeer en jy is op vir moord of poging tot moord en nog wat. by die stembus is ons ook tot niks instaat nie. Nee ons is vas. Maak n geluid en die byl bokant jou kop val.

toy ·

Stuur vir mnr CR laat hy kan sien in watse siek land ons bly. Hier is geen respek vir mense se lewens hier nie. Siek!

AmY ·

Hy sal nog ontken dat dit gebeur het. Hy leef mos in ontkenning….

Nick Oosthuizen ·

Wat is almal so geskok????? Dis mos hoe ons lewe in afrika!!

Hannetjie ·

Nick dit bly steeds wreed en onnodig.Daardie 2 sekuriteitswagte het sekerlik gesinne.Die ANC(ons regering!) sal die ‘dinges’ uit hul oge en ore moet uitvee en wakker word.Dis oorlog

Wickus de Bruin ·

Wreed. Hoeveel mense moet nog so sterf voordat die regering hul voet neer sit. Ons innige meegevoel aan die families van die slagoffers. ?

dawie delport ·

wil net verneem is dit waar dat altwee verdagtes sopas in hegtenis geneem is

WYS DIT ·

Wonder wat julle sou se oor die WREDE PLAASMOORDE se videos? Of word daardie goed nooit vrygestel nie? Ek is seker van die boere het kameras in hulle huise ?? Maar nee daardie moorde word WEGGESTEEK .. wys dit dat ons kan sien wie die MOORDENAARS IS.

**anoniem** ·

DOODSTRAF!!!!! Hoe kan ‘n moordenaar nog menseregte hê as hy dan verantwoordelik is vir die neem van ‘n lewe/lewens??? Ek sê nie die doodstraf gaan dit stopsit nie, maar beslis gaan Mnr. / Mev. Moordenaar twee keer dink voor hy/sy die sneller trek en ‘n onskuldige wetsgehoorsame burger se lewe neem net vir die pret daarvan. KOM BY SA!!!

LB ·

Ek dink die grafiese beelde moet juis geplaas word sodat die wat in Lallaland bly wakker geskud kan word en uit hul diepe slaap kan bykom en besef dinge is nie meer wat dit was nie en ook veiligheids bewus raak. Dit is hoe ‘n moord lyk en in die geval hier bo is dit vinnig verby. Ander is nie so gelukkig nie en word vir ure aaneen gemartel en verneder voordat hulle doodgemaak word of dood bloei. Dit is Suid Afrika van vandag of jy dit nou wil weet of nie en elkeen is verantwoordelik daarvoor om oop oog te loop en oop oog te slaap en iets vir jouself te doen om te voorkom dat jy ook ‘n slagoffer word.

Siek en sat ·

Dit is nou verskriklik. Liewe genade wanneer stop hierdie moorde.

Anoniem ·

My innige simpatie met die familie van daardie wagte, dit is vreeslik om te sien hoe ‘n lewe in ‘n oogwink geneem kan word. Mag God se genade vir die familie vertroosting bring.

Marius ·

Daar video is klaar op sosiale media en deur die wereld verspry deur baie mense.

sê vir ons ·

Photoshop op sy beste. Dis duidelik die video is gedokter.
Volgens CR en die ANC is daar mos nie geweld en moord in Suid Afrika nie. Ook geen plaasmoorde nie.

AW ·

Please, remember that should the offenders be arrested, that they have Rights, (lets not forget that the two victims had the Right to Life); therefore irrespective their sentence, sgould they be convicted, that they will be release within a matter of time due to verious different reasons.

Reality, is that two families, now has to live without a husband / father / brother….
And no income !!!

The Realities of a Democracy!!

Nel ·

Dankie Maroela Media dat jul nie die video geplaas het nie. Ek kan eintlik nie dink dat enige iemand na so iets sal wil kyk nie!!

Piet Pompies ·

Hierdie optrede is glad nie as gevolg van armoede of honger mense, dit is bloot geweld teenoor onskuldige mense om gierigheid te onderhou. Die rowers moet opgeleide mense wees en wapens ken, in die optrede kan jy sien hulle het net een doel gehad en dit was om die wagte te elimineer en wapens af te neem. Dit het tyd geword dat die Polisie op hulle voete begin staan en die land terug neem van die moordenaars.

honourable member ·

Moord het so alledaags geraak dat niemand eers omgee om hierdie video te wys nie. Dis skokkend want onthou net hierdie mense het ook familie en kinders wat hierna moet kyk en ek dink nie ek wil sien hoe my mense doodgeskiet word nie….

SjN ·

Die moordenaars se gesigte is op kamera vasgevang, dit kan mos nie so moeilik wees om hul te identifiseer en op te spoor nie.

Hans ·

Ons mense speel met die moordenaars, verkragters en rowers – ons openbare media is ook te blameer vir die sg ‘kick’ vir die 1ste prys.

Hoc est bellum ·

Dis tyd dat ons soos die Amerikaners moet maak. Kry “bounty hunters” om sulke kriminele te soek. Howe sal 24 uur (“night courts”) aan die gang moet wees om die tsunamigolf van misdadigers te verhoor en te vonnis. As die regering nie iets daadwerkliks omtrent die misdaadprobleem gaan doen nie, gaan iemand keelvol raak en wet in eie hande begin neem. Die nuwe Suid-Afrika is ‘n paradys vir die misdadigers, maar nie vir die gewone, eerlike hardwerkendes onder ons nie. Al benadering is ‘n oog vir ‘n oog. Geen liberale uitweg vir dié probleem nie.

Leana ·

Dít is die werklikheid !!! Miskien “siek” ja, maar dit gebeur daagliks onder ons neuse. Dan praat ons nie eers van die wrede plaasmoorde nie.

Adam ·

Die onstellende berig staaf my reaksie op ‘n ander berig. Hoe op aarde “slaan jy terug” wanneer die gemeenskap se weefsel so verrot het dat ons in ‘n etterput van kriminaliteit versuip. Dit is so maklik om net vas te staar teen oortredings wat teenoor ‘n sekere groep gepleeg word, terwyl ons almal uitgelewer is aan kriminele wat net op soek is na 2 dinge nl. geld en wapens. Dit is hoekom geweldsmisdaad en korrupsie hoogty vier en ons kan maak wat ons wil, maar selfs ons beste pogings sal nie die kriminaliteit tsumani stuit nie. Die regering is al groepering met die gesag en hulpbronne tot hulle beskkking om iets aan die probleem te doen, maar ongelukkig ontbreek die poiitieke wil. Dit is ook verstaanbaar want die meeste ABC politici staan agter die deur ,met enorme geraamtes in hul kaste. Wat ‘n gemors!!

liefie ·

Ekj vertrou dat die arme mans se werkgewer alles sal doen om te sien dat die families kry wat hulle toekom. Siestog, hulle is nog jonk. Rus in vrede.

PTS ·

PTS!!!

Ek kan nie sulke goed kyk nie dan raas my koppie erg vir so 2 dae.
Ek kan myself nie indink hoe mense genot daaruit kan put om sulke materiaal aan te stuur en share nie.
Mense wat dit doen is maller as ek.

Sandy B ·

Genade dit is darem maar koud. Die twee het nie vir een oomblik gedink of besef dit is twee MENSE wat hulle net doodskiet nie. Eerstens sê dit vir my dit is defnitief nie die eerste keer wat hulle so iets doen nie, en tweedens dink ek nie ons besef aldag met wie en wat ons te doen het nie.

Herman ·

Stuur dit vir Breitbart en Fox News sodas Trump vir Pompeio kan stuur.
Hy is reg vir die RSA regering maar sien dit as n Klein vliegie in die salf op hierdie stadium.

HPV ·

Ja “google” dit met die nodige soek woorde kan jy dit kry binne sekondes…

Conrad ·

Dankie vir MM vir beriggewing van geweld wat – nieteenstaande dat dit onstellend is – die harde werklikheid is. Sonder dié beriggewing sou ons as gemeenskap gewoon oningelig wees van die realiteit waardeur ons gekonfeinteer word.

Johan ·

As dit nou wit ouens gewees het was hul al gister gevang en op elke tv

Lucia ·

Mag albei hierdie mans se sielle in vrede rus en die Here hulle saggies in sy arms toevou! My innige simpatie aan hulle families – sterkte! :(:(

What a joke! ·

Daar is regtig siek mense daar buite sonder gevoel of genade…As ek so na die twee slagoffers in die voertuig kyk moet ek ok herken ek kry skoon n gevoel van skok en n naar gevoel binne my…Hoekom plaas mense dit terwyl die slagoffers se familie dit kan aanskou ek meen hoe onmenslik!!!
Twee mense weereens koelbloedig weggeruk in n land vsn wanorde en chaos waar die kriminele die land regeer..Die arme ouens is van hul familie en vriende ontneem en dit nadat hul werk en positiewe bydrae tot Suid Afrika probeer maak! Ek kan maar net bid vir hul families in my ongeloof dat die mensdom so wreed kan wees kom my verstand te bowe! Daardie duiwels wat die daad gepleeg het voel ek het hul regte verbeur om te lewe!! Hul verdien dit nie!Mag hul spoedig aangekeer word en mag die ergste hul tref….

HPV ·

Dit word geplaas om ander wat in soortlelyke situasies kan beland te waarsku. Ja kom ons bid vir hulle families, die ander 50 wat dieselfde dag vermoor is en die 50 wat vandag vermoor gaan word…

Aaptewak ·

Aan diegene wat so klae oor die beskikbaarheid van die beeldmateriaal:
“Kry jul koppe uit die sand” Dit is die werklikheid en dit help nie jy kruip daarvoor weg nie.

Tania Heyns ·

Dagsê lesers. Dankie vir julle kommentaar. Let asseblief daarop dat Maroela Media se redaksie besluit het om nié die video of selfs net ʼn skakel na die video te publiseer nie weens die gewelddadige en ontstellende aard daarvan. Die video verskyn dus nié in die berig nie en lesers kan nie deur Maroela Media by die video uitkom nie. Maroela Media het ook ʼn waarskuwing bo-aan die berig gepubliseer dat die besonderhede in die berig vir sensitiewe lesers ontstellend kan wees sodat lesers hul eie diskresie kan gebruik of hulle die berig wil lees of nie.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Hartseer ·

Aan die 2 mans wat gesterf het:
Rus in vrede. Mag jul geliefdes troos en berusting vind in die moeilike tyd….
RIP

phillipvandyk ·

Gauteng police spokesperson Captain Mavela Masondo said the picture circulating on social media is that of a suspect who is wanted for murder, attempted murder and hijacking in Honeydew and Mpumalanga.

“We have noticed the information that is making the rounds on social media to say the suspect [in the murder of the security guards] has been arrested, which is not true. The suspects are still at large. The suspect that is in that picture was arrested this morning for a different case. He was a wanted suspect for a case of murder, attempted murder as well as a hijacking,” Masondo said.

Masondo said the police are following leads in the security guards case. The guards were shot at point blank range while sitting in their work car near Maponya Mall in Soweto last week Wednesday.

“There are leads but we are still appealing to members of the community to come forward with information or inform the nearest police station,” Masondo said.

The shooting was captured by a camera fitted inside the vehicle.

Diefie ·

Sterkte aan die families. Hoe hartseer is dit nie. Woorde ontbreek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.