Wagte wat hitte soek, sterf by reservaat

Argieffoto (pixabay.com)

Twee veiligheidswagte wat Dinsdagaand by die Groenkloof-natuurreservaat in Pretoria wag gehou het, is die volgende oggend dood aangetref. Hulle is vermoedelik die vorige aand deur rook oorweldig wat van ʼn oop vuur in ʼn drom afkomstig was.

Lindela Mashigo, woordvoerder vir die Stad Tshwane, sê dié wagte – wat vir die SIDAF-veiligheidsmaatskappy gewerk het – se liggame is Woensdag omstreeks 06:40 deur ʼn toesighouer in ʼn stoor gevind.

“Die wagte is vermoedelik in hul slaap dood nadat hulle deur rookwalms van ʼn oop vuur in ʼn drom oorweldig is. Hulle het hulself by die drom in die stoor toegesluit vir hitte,” sê Mashigo.

“Geen vuilspel word vermoed nie en ʼn saak is by die polisie en metropolisie aanhangig gemaak vir verdere ondersoek.”

Die Stad het sy medelye aan die wagte se families en vriende betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
E

Ai dit is so onnodig. Kon hulle werkgewers nie hulle ten minste van handskoene en freezer jackets en warm uniforms voorsien het nie. Ek sien baie sulke veiligheids wagte en hulle moet soms regtig in erge weersomstandighede werk met min middele.

Klipkop

Dis tragies wanneer iemand so moet sterf.