Wakker werknemer verhang bordjies vir gewapende rowers

Die verdagtes. Foto: SAPD.

Vier gewapende mans wat in die proses was om ʼn vulstasie in Kathu in die Noord-Kaap te beroof het hul moses teëgekom toe ʼn wakker werknemer hulle in ʼn kamer toegesluit het.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Sondag teen 07:15 plaasgevind.

“Die gewapende rowers het in die kamer waar die kontant gehou word ingestorm en vuurwapens op die werknemers gerig. Een wakker werknemer kon daarin slaag om die mans in die kamer toe sluit en die polisie te bel,” het Kock gesê.

Die polisie het die vier mans in hegtenis geneem en daar is beslag gelê op twee vuurwapens asook ʼn groot hoeveelheid kontant.

Die verdagtes is almal volgens Kock van Gauteng afkomstig.

Daar is ook beslag gelê op hul wegkom-voertuig.

Die verdagtes sal binnekort in die Kathu-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Leahim ·

Goed gedoen ek voorspel as mense genoodsaak word om so betrokke te raak agv die totale verval van die nuttelose polisie kan hulle by uber gaan werk hulle ry in elkgeval net verdagtes rond wat deur publiek of sekerheids maatskappye gearesteer word.

Johnnie ·

Hoop hulle gee vir daai werknemer n groot bones om dankie te se.

Willie ·

Mooi man, almal moet n houding van geen tolerasie teen misdaad inneem… Dis nou regtig integriteit…

Piet Pompies ·

Daar word nie gemors met die plattelanders, hier moet jy in jou spore trap. Goed gedoen.

POP ·

Wonderlik om te sien mense beskerm nog hul werksplek en mede kolegas.
Gee hom n bonus en stel hom aan as n bestuurder. Dankie aan die werker, jy gee my moed vir die toekoms.

Chrisjan ·

Was al die werknemers uit die kamer voor hy die booswigte daarin toegesluit het?

Kyk mooi ·

En toe is dit nie buitelanders soos wat almal ons wil laat verstaan nie. Almal wil graag glo die ‘locals’ is die eerlike hardwerkende maatjies, en die Zimbabweans is by al die diefstalle en moorde betrokke, gaan kyk mooi na syfers, uit 9 aanvallers is daar dalk een wat ‘n buitelander is. So julle lokale engeltjies is toe nie so onskuldig nie. Dankie aan die werknemer wat so vinnig gedink het, ons kort meer van julle!

Susan@@ ·

Die beste nuus ooit vir die jaar!! Ek wens dit wil meer gebeur. Ster op sy skouer!☺

Katje ·

Wel gedaan. Ons kan ver kom in hierdie land as almal so op en wakker is. Vinnige gedink en vinnig opgetree.

Cherokee ·

Daar was nie lank gelede kommentare oor ‘hoe erg dit gaan’ in KZN maar nou sien julle waar die rowers vandaan is.

Johannes ·

Beste Maroelamedia (of enigiemand anders met kennis van joernalistiek): hoekom word daar altyd in die media verwys na misdadigers as “verdagtes”? Die woord verdagte impliseer tog dat daardie persoon net “verdink” word van iets, terwyl hul tog ooglopend alreeds skuldig is aan ‘n misdryf? Is die standpunt dat die onus op die hof rus om te eers te bevind dat iemand skuldig is aan ‘n misdaad, voor daar na hom verwys kan word as ‘n misdadiger / dief / booswig / moordenaar? Ek wonder sommer net vir interessantheid…Dankie!

Blommetjie ·

N persoon is n verdagte tot hy aangekla is. Sodra hy deur die SAPD aangekla is word hy n beskuldigde genoem

Speedguard ·

@Johannes…..dit is dood eenvoudig, almal is verdagtes totdat hul skuldig bevind word, ek het al sake ondersoek waar hul ‘n jonger man saam vat om onder die bus te gooi vir indien iets verkeerd loop sodat hy nie kan uitwys en kan praat nie, die regs stelsel en die konstutiesie maak ook duidelik voorsiening daar voor, GEEN media sal die “mense” brandmerk alvorens die saak nie afgehandel is nie, bv Mnr van Breda is ‘n verdagte , nou is hy die beskuldigde , hy is nog nie of moontlik nie ‘n Moordenaar nie. Daar word Miljoene Rande se eise teen enige mens ingestel deur sulke “mense” te brand merk, Die kort en die lank is , MM tree reg op deur so te berig !

Zach ·

Hoe kan die polisie beslag lê op n groot hoeveelheid kontant as die nog nie die perseel verlaat het nie? Wat hulle wel gedoen het is om die rowers te arresteer en aan te klae vir pooging tot roof. En kan beslag lê op die vuurwapens ens. Of hoe?

Koos1 ·

Daar word beslag op gelê om as bewys in die hof te dien, sodat die “onskuldiges” nie in die hof kan pleit dat hulle wou kom koeldrank koop nie. Dis nie soos winkeldiefstal dat jy die betaalpunte verby moes gaan nie. Die geld mag dadelik weer aan die wettige eienaar oorhandig word, nadat dit geboekstaaf is. Wapens is heelmoontlik onwettig en daarom neem die SAPD dit in. Onthou ook dat daar ‘n wet is op vuurwapens wat anders bepaal as die strafreg wet oor beslagleggings.

Uistekend ·

Liewe werker, jy is uitstekend, mag jy goed beloon word, moet asb net nie sy gesig publiek maak nie, dan sal hy nie lank lewe nie. Dit wys weereens jou paraatheid kan baie lewens red.

FM ·

Gee die man n vet bonus. Hoop nie die verdagtes het hom gesien nie. Hoop die polisie gee die kontant vir die eienaar terug. Geluk polisie vir jul vinnige optrede.

Shorty ·

Hoekom word hulle gesigte nooit gewys nie maar as dit blankes was , al het hulle nog nie gepleit in die hof nie, word dit altyd gewys?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.