Walglike omstandighede in Pollsmoor tronk bekend gemaak

Argieffoto Foto: veooz.com

Argieffoto Foto: veooz.com

Regter Edwin Cameron van die konstitusionele hof het in ʼn verslag oor die Pollsmoor-gevangenis gesê die algehele lewensomstandighede daar is “skrikwekkend en betreurenswaardig”.

Die Detention Justice Forum (DJF) het Dinsdag die verslag verwelkom wat Cameron saamgestel het ná sy besoek aan die Pollsmoor verhoorafwagtende-fasiliteit en die Pollsmoor vroue-gevangenis vroeër vanjaar. DJF is ‘n nieregeringsorganisasie wat onder andere deur die Wits Justice Project, verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand, gekoördineer word.

Cameron het geskryf “die omvang van die oorbevolking, onhigiëniese toestande, siektes, uitgeteerde voorkoms van die gevangenes en algehele betreurenswaardige lewensomstandighede is uiters kommerwekkend.” Volgens die DJF het die regter ook gesê die departement van korrektiewe dienste voldoen nie aan die basiese standaarde waaraan gevangenisse moet voldoen volgens die menseregtehandves en die wet op korrektiewe dienste nie.

“Die gevangenisse is in April besoek as deel van die konstitusionele hof se gevangenis-besoek projek en die verslag sit die walglike omstandighede uiteen wat hy [Cameron] en sy klerke gesien het. Cameron het gevind dat die selle so vuil was, dat gevangenes blase, jeuksiekte, wonde en sere gehad het van die luis-besmette beddegoed wat nog nooit gewas is nie.

“Gevangenes is siek en kan nie toegang tot medisyne kry nie weens gereelde voorraadtekorte, wat tekorte aan tuberkulose-medikasie insluit. Min MIV-toetsing word gedoen en gevangenes wat antiretrovirale middels benodig, is grootliks ongediagnoseerd. Gevangenes word ook in hulle selle toegesluit vir 24 uur van die dag en sommige word slegs toegelaat om een keer ʼn maand te oefen.

Die toilette kan nie spoel nie en aangehoudenes kan nie stort nie weens gebreekte pype. Die aangehoudenes is vasgevang in tronke wat 300% oorvol is en hulle is uiters ledig en gefrustreerd,” het Cameron geskryf.

Volgens die DJF het Cameron bevind die gevangenes word “slegter as diere” behandel. Daarby word buitelanders wat slegs aangehou word omdat hulle nie die nodige papierwerk het om in die land te wees nie, saam met gevangenes aangehou wat strafregtelik aangekla word, wat ʼn oortreding is van die internasionale standaard. Cameron het die instansies saam met die departement van korrektiewe dienste se streekskommissaris, Delekile Klaas en ander senior beamptes besoek, wat glo net so geskok was deur die omstandighede.

Die DJF het gesê die verslag het duidelike en realistiese voorstelle vir dringende implementering bevat. Die maatreëls sal voldoening aan basiese standaarde verseker, soos skoon beddegoed, drie etes per dag, toegang tot medisyne, leesmateriaal, daaglikse oefening en die skeiding van beweerde ongedokumenteerde immigrante van ander aangehoudenes.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Pieter ·

Hulle word “slegter as diere” behandel….
Nou vra ek net myself af…..diere het niks verkeerd gedoen nie!

Windhond ·

Jy is so reg Pieter. Doodstraf sal te maklik en vinnig wees.

Francis Linstrom ·

Ek sal graag wil weet hoekom is hulle in die gevangenis? Hulle word glo slegter as diere behandel maar dan lees ons van honde wat opgehang is, wat vir visaas gebruik word, diere wat op verskillende wreedaardige maniere doodgemaak en mishandel word, wat geen genade betoon wanneer kinders/tjies, oumense en ook net gewone volwassenes vir n paar rand op die wreedste denkbare maniere denkbaar vermoor, aamgerand en verkrag word.

Ronell Wilken ·

Nou hoekom maak die gevangenis nie die plek skoon nie. Dis nie asof hulle ander werk het nie.????

BoereBikerBaby ·

Wel die trunk is ook nou nie veronderstel om soos hotel te wees nie. Volgens die berig word die beddegoed nie gewas nie. As die trunk so oorvol is dink ek daar is meer as genoeg mense in daardie geval om die plek in stand te hou. Die government kan net sorg dat die arme mense die nodige medisynes kry vir hul kwale. – se maar net…

BoereBikerBaby ·

ek bedoel tronk nie trunk. wens mens kon jou eie kommentaar net edit. en so iets he soos ‘n “like” waar mens net kan saamstem met sommige kommentare. o, en die arme mense is sarkasties bedoel.. ;-)

Dave ·

Baby, ek het menige keer ook gewens daar was ‘n editing fasiliteit! Dikwels is dit nie noodwendig spelfoute maar byvoorbeeld ‘trunk’ is meer waarskynlik ‘n aanpassing deur ‘n spellchecker nadat jy reg geskryf het.

Eva ·

Ag dit klink vir my net al te wonderlik kan dit nie so gan in al die tronke nie? Sienende dat doodstraf nie sal terug kom nie kan elke tronk maar so aangan. Dis niemand anders se skuld dat hulle daar sit nie. Francis ek stem 100% saam met jou.

BoereBikerBaby ·

sien, met kommentaar soos die het ek nou net die “like” knoppie nodig gehad…

Indigo ·

Ronell ek stem 100% saam met jou! Daar is so baie manne krag in tronke hulle kan die gevangenis te werk sit sodat hulle iets goeds terug kan sit in die gemeenskap in begin met hulle eie tronke skoon maak. Ek glo dat dit sal moontlik wees om ‘n tronk heeltemal onafhanklik te maak van die staat en belasting betalers. As hulle ‘n stuk grond koop en hulle eie groente,vrugte begin groei as hulle 24 uur ‘n dag toegesluit is is dit net ‘n mors van mens wees. Dit dalk die krimenele ook beter rehabiliteer as hulle voel dat hulle vir hulle eie kos omsien en iets doen wat goed is. Moet my nie verkeerd verstaan nie ek het glad nie enige simpatie met krimenele nie, maar is dit onregverdig tenoor ons belasting betalers om te kan betaal dat n moordenaar/verkragter 24 uur in ‘n hok moet sit en etes kry. Laat hulle werk vir hulle brood en botter soos wat ons moet!

Ronell Wilken ·

Dit was so voorheen en die belastingbetalers (ons) moes nie die peste van die west totaal en al onderhou nie. Hulle moet werk vir hulle kos en slaapplek – nes almal in die samelewing. PUNT

s ·

Reality check: hulle is in die gevangenis omdat hulle myneed teen mensdom gepleeg het!! Hulle het gemoor, verkrag, gesteel, geroof, mense se lewens vernietig… die lys gaan aan en aan. Nou word daar gekla omdat hulle nie soos hero’s behandel word nie!? Wat is verkeerd met hierdie prentjie? Tronkvoëls: sterf in julle vrot menswees, in julle vrot lewensomstandighede soos dit hoord!!!

Winston ·

Dis sy “mensereg” om te werk “as hy wil” wanneer hy binne is. Laat hulle maar die vrugte eet van mense regte. Te hel daarmee! Verplig hulle om te werk dan sal respek vir ander weer terugkeer. Dwing dit af as dit in sy opvoeding ontbreek. Menseregte is soos rassisme, eensydig.

jeanee ·

Vandag word n gevangene se mense regte aan gestas as hy/sy enige vorm van werk doen plant weer die tuine vol groente begin weer bou soos vroeer jare se bougroepe laat die eetsale van die menasies weer lewe kry daar is kokke opgelui laat die washuise weer oopmaak maar ongelukkig is daar mense wat geen idee van wat in n tronk aangaan nie en dan le hulle altyd n eier vroeer was die tronke elke 6 maande met die nodige gif bespuit teen vlooie enige pes siektes hou hulle besig met goeie werk soos vroeer jare dan sal die tronk nie sulke probleme he nie

Sharon ·

Ek het goeie plaaswerkers hier op die plaas, wat nie kriminele is nie, wat ook nie hul HIV medikasie kry nie. Blykbaar uit voorraad. Wonder maar net wie verdien dit meer.

Babs ·

ANC se skuld. As jy nie wil hoor nie moet jy voel. Hulle het gevra om daar te wees. Dis nie die eerste keer wat party van hulle daar is. Laat hulle self hulle gemors skoonmaak. Dit lyk al so by sommige staatshospitale ook. Ek glo nog as die persone in beheer strenger sal optree, sal dit nie so lyk nie.

Jo ·

Keuses!!!! Wil bylas – dit kos blykbaar totR2500/gevangene/maand terwyl SASSA pensioen R1260/m/pensioenaris(wat hom/haar gai afgewerk het om ‘n verskil te maak) betaal. Regverdig???? Fix dit by die stembus. Moenie (weer) net wegbly nie. Gebruik jou stem!

Leanie ·

Ek stem saam met Jo dis entlik n skande dat tronk voëls meer “verdien” gratis behuising en kos. Die ou mensies wat afhanklik is van SASSA ontvang nie eens soveel nie en hulle sukkel om kop bo water te hou. Snaaks hoe die samelewing is in die nuwe era. Hulle is juis daar omdat hulle die wet oortree het, maar hulle verwag goeie behandeling? Moenie vertel dis a.g.v werkloosheid nie, want ek weet van heelwat mense wat ook nie werk het in die nuwe SA nie, maar steel en pleeg nie moord ens nie. Hulle kan mos self sorg dat hulle tronk selle skoon is. Daar is mos geriewe wat hulle kan gebruik om self wasgoed te was of het hulle dit ook beskadig!?

Herman ·

Die mense wat in die tronk sit is mense wat nie omgee oor ander mense nie dit is hoekom hulle daar sit in die eerste plek, hulle verkrag, steel, moor, roof ens! Hulle kan agter hulle self skoonmaak en goed regmaak anders moet hulle maar so lewe! Die oorbevolking issue kan mens niks aan doen nie as daar minder misdaad is sal daar minder mense in tronke sit, buitendien dit is omdat die staat dit vir hulle soos ‘n 5ster hotel wil maak laat almal daar binne dit geniet en terug gaan soontoe as hulle eendag uitkom!

Pieter V ·

Wat is verkeerd met die gevangenis , hoekom word die tronke nie deur hulle skoon gemaak nie, word van hulle nie opgelei as ambags manne wat instandhoudings werk kan doen nie, en wat het geword van eie groente plant .As die tronke vuil is dan wil die wat daar is so bly.
En wat betref menseregte, dit is verbeur toe misdaad gepleeg is.

Jan ·

Dit is reg so laat hulle so bly hulle verdien dit,hulle verwag seker die tronke moet soos Nkadla lyk

werk ·

Dis nie n hotel nie , Laat hulle werk , skoon maak , wasgoed was, kos plant en oes , geboue was , strate vee , Parkies skoon maak , bosies uit trek , Paaie teer ,POT HOLES regmaak , daar is baie werk vir hulle ,

Gideon ·

Ek voel regtig net mooi niks vir daardie klomp tronkvoëls nie!! Hulle moes mooi gedink het voordat hulle misdade pleeg- gaan lees bietjie hoe dit gaan in die tronke in Thailand!! Hierdie is niks, ons volk is te bederf, gewoond om altyd te kla!!

André ·

Vat maar nog R200-million vir nog een van ou Zuma se huise! Hoekom skreeu die res van die wêreld nie oor “mense regte” nie?!

scalla ·

Nou is hulle lam, maak self skoon en laat hul werk vir hul daaglikse brood, vroeer jare was al die tronke selfvoorsienend en groente tuine uit die boeke uit.

AmY ·

Wat het hulle verwag? ñ Vyfster Hotel? Laat hulle self inspring en die plek skoonmaak!

Danel Casey ·

Goodwood Gevangenis nog erger as Pollsmoor. Ek besoeke ongelukkig mense in Goodwood en Polsmoor. Goodwood is slegter af as Polsmoor. Ek sien en hoor baie sleg goed uit die gevangenis. Kan nie kla nie dan haal hulle dit uit op die persoon wat jy besoek. Se net Goodwood gevangenis en die personnel en higiene ens erger as Polsmoor.

Martin ·

Danel , as jy dan so baie simpatie het gaan help jy dan maar skoonmaak!

Gerhard ·

Nou hoe dan anders?
Die geld word verkwis deur die ANC en al hulle trawante . Hulle beroof die staatskas om elke hoek en draai sodat daar niks oor is om tronke , hospitale, skole en ander instansies te onderhou. Daai tronkvoels moet maar self besluit waar hulle hul volgende kruisie gaan trek op stemdag. Hulle is mos almal in die ANC se agterstewe ingekruip. miskien sal daai luise en sere die gewenste uitwerking he wanneer ons weer stem.

SNEL ·

Ek stem saam met almal, in die eerste plek is hulle met rede daar, en dan; hoekom moet hulle ledig sit, ons het beslis nie nog n president uit die tronk nodig nie, hulle het nie nodig om te leer of iets nie, laat hulle werk, hulle kan self alles in stand hou en skoon hou. Dis geen hotel nie.

Fanie ·

So met ander woorde, al die geledere van die ANC moet aangekla word vir menseregte skending!! Hulle moet nog tronke bou. Hulle sit in elk geval net daar en niks doen en opvrot. Laat dit maar so bly ook sommer, die belastinggeld gaan in elk geval te min wees om dáár te red, na al die “bestedings”.

Lynette ·

Die beddegoed kan met die hand deur die ledige gevangenis gewas word, die vloere mure en katels kan met lappe en emmers en seep geskrop word geen ledigheid nie en dit is goeie oefening. Die menseregte wat aangetas word is nie my probleem nie want jy is daar omdat jy iemand anders se menseregte gekend het. Jy het dit van jouself ontneem. Repatrieer die papierloses dadelik hulle hoef nie die bietjie wat ons het op te gebruik nie. Die siekes moet maar nog wag soos die duisende mense wat moet wag vir operasies en medisyne in staatshospitale. Julle word nie soos diere behandel nie daar is arm eerlike mense wat in slegter omstandighede bly as julle. Hoekom stel Cameron nie verslae op oor die korrupsie van Zuma en sy regering nie, die is meneseregte vergrype teen almal.

Champ ·

Ek het absoluut geen meegevoel vir vermeende misdadigers nie, gooi die sluitel in die see en vergeet van hulle. So bly daar word die vroegste tyd n hele aantal dood geskiet, want die doodstraf het gesneuwel en die werld sit in n plaag van gemors

Se maar net ·

So ? Dis nie veronderstel om ‘n vakansie te wees nie ! Wat van hul slagoffers se mense regte ? Hoe onaangenaam was dit nie vir hulle om vermoor / verkrag / besteel te word nie ? Lekker – laat hulle vir hulle kry en leer waaroor die tronk nou eintlik gaan

neelsie ·

Sou al die kommentare waar word ………dan moet die bewaarders ook n weer werk.!!

Theresa ·

Siestog arme bloedjies. Boek hulle by hotelle in. Onthou hulle “menseregte” word geskend.

Malinda ·

Lekker kry vir jul. Hulle gedink is n 5 ster hotel. Bring doodstraf terug dan sal die tronke nie so oorbevolk wees nie

Malinda ·

Lekker kry vir jul. Hulle gedink is n 5 ster hotel. Bring doodstraf terug dan sal die tronke nie so oorbevolk wees nie

Miemie ·

Laat die skuim VROT in die tronk… is mos nou besig om daar te gebeur, hoekom nou gaan staan en help. Los die moordenaars, verkragters en skurke laat hulle VROT!!!

Tascha ·

Van wanneer af is die tronk ‘n luukse hotel waar beddegoed gewas en kos van die boonste rakke af moet wees? Nee, wat die ouens daar het gekry wat hulle toekom die feit dat hulle so swaar kry is hul verdiende loon. In ‘n regverdige wêreld sal die spul net so aan hul eie lot oorgelaat word maar hierdie is nie ‘n regverdige land nie en kriminele het lankal meer regte as hul slafoffers dus gaan ons nog van ons swaarverdiende geldjies moet op offer om die lewe vir hierdie onsuiwere elemente gemaklik en geriefliker te maak!

Elfie ·

Waar is die dae wat gevangenis met boeie aan hul voete en bewaader met geweer byderhand swaar hande arbeid verrig het, paaie is gebou; op klein dorpies is allerhande kanale en goed gegrawe – kortom, hulle het gewerk en was daar nie tyd of energie om te kerm en kla, hulle wou hul tyd klaarmaak en uitkom want thul het hul les geleer, tronke was nie hotelle of vakansieplase nie! Wat het daarvan geword? Hulle akn mos lekker help slaggate herstel inw atter dorp hul ookal ind ie tjoekie is, die onversorgde middelmannetjies en sypaadjies kan skoongehou word en s ens, ons land kan weer bietjie LYK na iets met gratis arbeid soos die!

Griki ·

As hulle ledig en gefrustreerd is, laat hulle die tronk skoonmaak, die beddegoed was, die toilette regmaak (ek’s seker daar’s ‘n hele paar wat dit kan doen) en doen wat ookal nodig is om die plek leefbaar te maak. Hulle verblyf word (in baie gevalle) deels betaal deur hulle slagoffers se belasting. Ek moet self my huis skoonmaak en my klere en beddegoed was en ek moet self my kos koop en gaarmaak – en ek moet self vir my verblyf betaal.

LANCASTER ·

Ongelooflik. Ek het in gevangenis persele grootgeword. Pollsmoor kan ek die spanne bandiete onthou wat gebou, geplant, geverf en baie ander werke gedoen het. Ek was so 4-7 jaar oud. Ek kon onthou hulle het nuwejaar klopse gehad en ‘n gimnastiek vertoning gelewer waar hulle oor motors geduik het. Hulle het tussen ons beweeg en het presente gekry. Ons het in die bosse rondgeloop en dennepitte opgetel. Geen gevaar nie. Toe in 1971 tot 1979 gaan ons Robbeneiland toe. Spanne bandiete het die eiland silwerskoon gehou. Die Kriminele tronk se bandiete kon in hulle laaste jaar monitors word op goeie gedrag en as bediendes in die huise werk. Monitors was blinkskoon en windgat en het elke dag hulle klere gewas en gestryk voor hulle terug is tronk toe. Jy kon hulle by jou huis los en as jy oor 6 ure terugkom is alles gewas gestryk en die aandete gekook. Respek! Daar was nie ‘n takkie of blaar uit plek op die paaie nie. Spanne met bandiete sal verby jou loop en jou groet. As daar vuilgoed langs die pad gele het sou hulle dit optel sonder dat hulle gevra word. Daar was ‘n trots eer en respek tussen bandiete en bewaarders. Daar was die een of twee idiote wat uitgehaak het so af en toe maar hulle is gou reggeklap deur die ander bandiete. Hulle het gebou, geverf, swembad gewerk, pype herstel , houtwerk gedoen, skoene gemaak, as werktuigkundiges gewerk en nog baie ander beroepe beoefen. En as hulle tyd uitgedien was dan het hulle al daai ondervinding gehad. Maar deesdae is dit mos drugs en die bandiete beheer die tronke nie die bewaarders nie! As die regering nie omgee nie en die bewaarders word nie bevorder nie! Hoekom sal jy as ‘n bewaarder dan baklei vir mense wat teen jou baklei. Hulle baas is dan ‘n breinlose idioot! daar is geen respek oor nie. So laat julle vrek!!! As jy te sleg is om na jouself te kyk. GEEN SIMPATIE VIR JULLE NIE!! WAAR IS JULLE BENDELEIERS MET JULLE GROOT BEKKE NOU??

pop ·

Mnr Cameron, klink vir my of daar genoeg hande is om al die nodige skoonmaak werk te doen. Het jy daaraan gedink dat dit dalk is hoe hulle wil leef. En glo my, ek voel nie jammer vir iemand wat wreedaardig n ander se lewe met n bv. n panga geneem het nie. Cleanlyness stands next to Godlyness. Dink daaraan.

Anoniem ·

Hulle is in die tronk vir ‘n rede soos verkragting, diefstal en moord. My vraag is nou hoekom moet daar na hulle behoeftes omgesien word as hulle ander mense se lewens verwoes het want elke gesin word geraak deur sulke misdade. Dit is hoe dit moet wees, want deesdae is dit ‘n luukse lewe in die tronk. Van die mense pleeg die misdade oor en oor want dit is makliker in die tronk as om te werk en ‘n lewe te probeer maak. Ek voel nie eers bietjie jammer vir die mense nie.

Elana ·

O, so hulle verwag ‘n vyfster hotel met mediese versorging en maaltye? Hulle moet die omstandighede dalk meer aan die publiek oopstel, dan mag dit dalk mense aanspoor om nie al daai goed te doen nie. Die wiel draai.

Ludwig ·

Ek het grootgeword in die Suid-Skiereiland in die omgewing waar die Pollsmoor-gevangenis vandag is, en ná my troue het ek bykans veertig jaar in Constantia gewoon en gereeld by die gevangenis vebrygery.daar gewoon. Ek onthou dije groot landerye wat aan die oostekant van die gevangenis geleë nwas, al teen die Van der Stel-Snelweg langs. Daar het die gevangenes jare lank gereeld onder toesig tuin gemaak en baie groentge vir hulself en ander tronke gekweek. Vandag is daardie landerye net ‘n gemors en toegegroei onder die boskasie en onkruid. Daar word nie meer gewerk nie. Die gevangenes sit heeldag ledig, lyk dit my. Kan hulle nie maar die plek dan self skoonmaak nie? Hier op my dorp is oor ‘n klompie jare nou ‘n splinteruwe gevangenis gebou, en die kostge beloop glo al iets soos R380 miljoen. Die plek is glo binne baie luuks ingeirg, met ontspoanningslokale en TV-lokale en sulke dinge. Maar hier is skaars ‘n handjiejvol gevangenes. Dis baie duidelik dat daar in die hele departement ‘n groot skroef los is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.