Wall Street wil SA renosters help

Swartrenoster (Argieffoto: RonPorter/Pixabay)

Wall Street beplan om bedreigde swartrenosters in Suid-Afrika te help deur middel van nuwe soort vyf jaar staatseffekte wat deur die Wêreldbank uitgereik word.

Geld wat uit die opbrengs van dié effekte verdien word, sal dan aan die Addo Olifantpark en die Groot-Visrivierreservaat geskenk word in die stryd teen renosterstropery en om toestande vir die diere te verbeter, eerder as om aan beleggers uitbetaal te word.

Die Wêreldbank wil teen die einde van die maand (31 Maart) ʼn verband van R2 miljard ($150 miljoen) uitreik vir dié projek.

Die effekte, wat Woensdag uitgereik is, sal teen 94% van die prys waarvoor dit uitgereik is, verkoop word.

Amptenare hoop dat die verband ʼn nuwe model sal bied om private finansiering te verseker om bewaringspogings of ander projekte mee te finansier.

Volgens David Malpass, president van die Wêreldbank, is hierdie ”renostereffekte” ʼn baanbreker-benadering om privaatsektorbelegging in globale openbare goedere moontlik te maak – in hierdie geval biodiversiteitsbewaring.

Swartrenosters word deur die internasionale unie vir natuurbewaring as ernstig bedreig gelys, hoewel dié diere se bevolking in die natuur verdubbel het tot meer as 5 000, van ʼn historiese laagtepunt drie dekades gelede.

Die diere word geslag vir hul horings, wat na Asië gesmokkel word. Daar word verkeerdelik geglo dat die horings medisinale voordele inhou.

Die Suid-Afrikaanse regering het wel verlede maand permitte uitgereik wat sal toelaat dat tien swart renosters in sekere Suid-Afrikaanse reservate gejag kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Swerwer ·

Dit is ‘n groot risiko om tans so ‘n projek aan te pak in Suid Afrika met die huidige Regering aan bewind. Solank die huidige Regering nie hul hande op die projek kan lê nie en ook nie togang tot die geld het nie, kan dit dalk werk.

jlantie ·

As die skenking verkeerde roete volg( sekerlik wat gaan gebeur) is daar nie eers ñ sent oor vir die doel waarvoor dit geskenk is nie. Daar gaan weer ñ klomp nuwe luukse voertuie op die pad wees

DEON ·

Baie mooi, maar weereens word slegs reservate wat deur die staat beheer word gehelp. Wat van al die privaat renoster eienaars wat daaglik alles uit hulle sak moet betaal om die voortbestaan van die spesie te bewerkstellig. Privaat boere word net so erg geteiken, maar steeds sal hulle geen finansiele hulp van die staat kry om hulle diere veiliger te kan hou nie. Die eerste ding wat met daai miljarde gedoen gaan word is nuwe voertuie wat teen ” highly infleted ” pryse aangekoop gaan word en daarna diselfde met toerusting, dan gaan die laaste geld nog verdwyn ook. Borak Obama het $ 10 million geskenk aan rhino anti poaching toe hy in S.A. was. Waar is daai geld en waarvoor is dit gebruik, niemand van die publiek het ooit weer iets gehoor nie.

Di ·

Ja nee die ANC Kaders kan seker nie wag vir die geld nie – grootste klomp skelms! Hulle sal VERSEKER toesien dat hulle in beheer daarvan is

annie ·

… wat ‘n tragiese grap. ‘Party’ mag steeds afgemaai word. Wat sou dit beteken? Dat renosters eintlik gejag sou mag word as hulle net meer was/word. Hoekom is hulle so min? Askies tog dat ek vra?

Alfred E Neuman ·

Die kaders kom ALTYD met n nuwe plan om geld na hulself te kanaliseer. Dankie tog hierdie keer is dit nie ons belasting betalers se geld nie.

Casper ·

Hoekom word permitte uitgereik om die 10 renosters te jag.Ditis dan ‘n bedreigde spesie.Hervestig hulle in ‘ander reservaat indien nodig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.