Wallaby-stut in Jhb beroof

Die Wallaby-stut, Taniela Tupou, is Sondag in Johannesburg van sy selfoon besteel. (Skermgreep: Australiese Rugbyunie)

Die Wallaby-stut Taniela Tupou sal na verwagting reg wees vir Saterdag se kragmeting teen die Springbokke in Johannesburg, nadat hy in ʼn grypdiefvoorval in die stad snyplekke opgedoen het.

Volgens die Australiese Rugbyunie het Tupou (23) en ander lede van die Wallabies se voorry Saterdagaand omstreeks 21:15 van ʼn restaurant na die Sandton Sun, waar hulle tuisgaan, teruggestap, toe ʼn man verby Tupou geloop en sy foon gegryp het. Die restaurant is net oorkant die pad.

Tupou het klaarblyklik eers gedink dit was een van sy spanmaats wat sy foon gegryp het.

“Ek het gedink dis een van die ouens, so ek het teruggekyk. Die man het ʼn kappiebaadjie aangehad en het weggehardloop met my foon,” het Tupou aan rugby.com.au gesê.

Tupou het die man agternagesit en het ligte snye aan sy arm opgedoen toe hy die selfoon uit ʼn voertuig, waarin die grypdief gespring het, probeer teruggryp het.

Tupou het ligte skraapmerke opgedoen (Skermgreep: Australiese Rugbyunie)

“Die enigste ding wat ek verloor het, is my selfoon. Ek kan daarmee saamleef,” het Tupou gesê.

Die polisie het ná die voorval verklarings by al die spelers wat saam met Tupou was, afgeneem.

Die Wallabies het Saterdag in Johannesburg aangekom, nadat hulle die afgelope twee weke by Sun City in Noordwes deurgebring het.

Kapt. Mavela Masondo, Gautengse provinsiale polisiewoordvoerder, het onderneem om kommentaar te lewer sodra hy meer inligting oor die voorval het.

Tupou het gesê hy voel “oukei” ná die voorval.

Die Australiese Rugbyunie berig dat Sandton beskou word as een van die “veiliger buurte” in Johannesburg, maar dat Tupou se ervaring hulle herinner het aan die gevare om snags op straat te stap.

Tupou's phone snatched in South Africa

Wallabies prop Taniela Tupou speaks after having his phone snatched in an attack outside the team's hotel in South Africa on Saturday night (local time). #RSAvAUSREAD: bit.ly/TupouAttack

Posted by rugby.com.au on Sunday, July 14, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Herman ·

Die minister gaan nou weer Afrikaans Sprekendes die skuld gee

Arno Scheepers ·

Mr Topou, on the ruby field you will have the better of South Africa…..but on the streets of Johannesburg you have no chance.

Wie weet ·

Sandon die veiligste dalk die duurste ja geen plek in Suid Afrika meer veilig nie

JohanL ·

Nou ja toe – neem kennis Australie en die res van die wereld. Hier is niks veilig nie.

Jimmy ·

Ontsnap voertuig? Gewone grypdiewe raak nou gesofistikeerd. Buitelandse sportlui behoort te weier om hier te toer. Ons spanne kan eerder in Botswana en Mauritius teen buitelandse spanne meeding.

SjN ·

Sal graag Supra se kommentaar wou hoor aangaande sy uitsprake oor toeriste.

Swartwolf ·

Verwys die ARB na Supra hy weet presies wat gebeur het en wie om te blameer.

Bly weg ·

Misdaadhool. Motorkapings, gewapende roof, plaasmoorde, verkragtings en moord. Dra maar die boodskap so oor, hierdie is geen plek vir toerende sportspanne, niksvermoedende toeriste of wetsgehoorsame mense nie, hierdie is die land waar die krimineel regeer. Dink twee keer voor jy hierheen kom.

Jr ·

Hierdie is nie ” crime soos in ander lande ook “. This is everyday life in SA

DS ·

Bly jy is ok en jammer dit moes gebeur maar aan ander kant nou sien julle waarmee ons elke dag te doen het wonder wat gaan ons patetiese regering doen as rugbyspanne begin weier om na die misdaad paradys land van ons te kom agv die misdaad gaan apartheid dan ook daarvoor blameer word? Jammer jy het nie ‘n vuishou ingekry nie want met daai paar arms sou die dief verseker’ n paar dae lank “geslaap” het :))

Ralph ·

Paar maande terug was dit Arnord Schwarzenegger se beurt. Welkom in Azania.

Steve ·

Ja nee kyk hy is reg dit gebeur orals in wereld dit word net nie elke dag op ons tv gewys nie maar dat dit all over gebeur deff.
Julel is almal n grap jull ekry jul self so jammer maar monde is groot op die website wanneer staan julle op en se iets waar duisende saam is oh nee julle is te bang

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.