Walus appelleer ná jongste besluit oor parool

Hierdie foto van Walus is in November 1997 geneem. (Foto: AP Photo/Cobus Bodenstein)

Janusz Walus, die man wat lewenslange tronkstraf uitdien vir die moord op die destydse SAKP-leier Chris Hani, se jongste aansoek om parool is weer in die hooggeregshof in Pretoria van die hand gewys.

Verlede jaar het die minister van korrektiewe dienste sy hoeveelste aansoek om parool van die hand gewys. Walus het hom tot hof gewend om die besluit te laat hersien en die aansoek is in November aangehoor.

Regter Elizabeth Kubushi het die aansoek afgekeur en in haar uitspraak gesê die argument dat Walus se verdere aanhouding neerkom op ʼn wrede en vernederende straf, is onvolhoubaar en misplaas.

Kubushi het bevind die negatiewe faktore wat teen Walus tel sal nie verander nie, maar dat dit nie beteken dat hy “nooit” op parool vrygelaat gaan word nie.

Kubushi sê  die minister voer aan Walus kan in ʼn stadium op parool vrygelaat word – net nie nou nie – en dat die byna drie dekades wat hy reeds agter tralies deurgebring het, onvoldoende straf is vir die misdaad wat hy gepleeg het. Die positiewe faktore wat in sy guns tel, kan dus nie swaarder weeg nie, ook nie die feit dat hy gerehabiliteer is nie.

Sy het ook verwys na die opmerkings van die regter tydens Walus se destydse vonnisoplegging waarin daar na hom as ʼn koelbloedige moordenaar verwys is.

Julian Knight, Walus se regsverteenwoordiger, sê hulle gaan nou aansoek doen om verlof tot appèl teen Kubushi se beslissing. Sou die aansoek toegestaan word, sal die saak in die appèlhof in Bloemfontein aangehoor word.

Indien die aansoek van die hand gewys word, sal Walus se regspan die appèlhof regstreeks nader met ʼn aansoek.

Knight sê indien nodig sal hulle die saak tot in die konstitusionele hof voer.

Hy sê die minister se redenasie dat hy die vonnis ongedaan gaan maak indien Walus op parool vrygelaat word, sou beteken niemand wat ʼn lewenslange vonnis opgelê word, kan op parool vrygelaat word nie.

Walus is in 1993 daaraan skuldig bevind dat hy Hani, ʼn voormalige sekretaris-generaal van die SAKP, doodgeskiet het. Hy is ter dood veroordeel, ʼn vonnis wat in 2000 tot lewenslange tronkstraf omgeskakel is, en is reeds byna 30 jaar agter tralies.

Ingevolge die wetgewing waaronder hy destyds gevonnis is, sal Walus twee jaar lank op parool wees, waarna sy vonnis uitgedien sal wees. Hierdie wetgewing het intussen verander en oortreders wat ingevolge die gewysigde wetgewing lewenslange tronkstraf opgelê en daarna op parool vrygelaat word, bly die res van hulle lewe op parool.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

SomeOne ·

weer ‘n bewys van verskillende reels, een man wat kinders se dood gekos het betaal geld en hy is vry, terwyl janus se lewe in die tronk moet deurbring, ongelooflike regering

Francois Le Cochon ·

So lank as wat jy lewe, maar jy kan aansoek doen om parool na 25 jaar. Parool word gewoontlik toegestaan na 30 tot 35 jaar. Xander Bylsma met sy twee maal lewenslank gaan heel moontlik sardientjies en kool moet eet vir 30 tot 35 jaar. (Sondae darem pampoen by).

Aai ·

25 jaar maar ja in ander lande is lewenslank jy gaan dood daar dit is wat dit moet wees.

Leon ·

As jy voor 1 Okt 2002 gevonnis is, slegs 15 jaar. Vanaf 1 Okt 2002 is dit 25 jaar.

Jr ·

In Suid Afrika hang dit af of u wit is of swart is en soos in hierdie ou se geval Vir ewig

Phillip ·

En die wat die plaasboere vermoor koelbloedig vermoor kry parool en word vry gelaat . Ek kom op n punt waar ek n rebel gaan word . n mens kan net so veel vat

Jakes ·

Ek wil graag by die regter weet of is alle moorde dan nie koelbloedig nie? Hoekom word ander moordenaars wat lewenslank n vonnis uitdien dan na 25 jaar vrygelaat? Was Chris Hani se lewe dan meer belangrik as al die ander slagoffers wat vermoor is?

Wondermaarnet ·

Op kastige goeie gedrag kom die goed na 15 jaar al uit.

Denise ·

ek wil net weet… almal wat iemand dood gemaak het en moet lewens lank kry word hulle ook parool geweier of kry hul parool???????????… en dan sit hulle alaml ook 30 jaar?????…………….. en indien hul parool kry is dit nie bietjie dubblesinnig nie??

Hennie J ·

Ek glo dit is die langste lewenslank wat nog in piesangland toegepas is. Ook die eerste keer dat ek hoor die slagoffer se vrou het n lewenslange veto reg. As dit nou nie dubbele standaarde is nie, weet ek nie.

Pieter ·

Waarskynlik mag Walus nie op parool vrygelaat word nie, want hy mag nie praat nie.

My tuinwerker, ‘n Zoeloe, meen dat die ANC vir Chris Hani se dood aanspreeklik is. Hani sou waarskynlik staatspresident geword het in Mandela se plek. Ontoelaatbaar dus word Hani vermoor. Nou kry ‘n regse sameswering die skuld terwyl ANC faksies die probleem is en die wêreld se verheerliking van Mandela. Insiggewende perspektief van ‘n tuinwerker.

koos10 ·

Pieter, ek het dit ook gehoor, maar vanaf totaal ander bronne.

skinderbek ·

Regter Kubushi sowel as die minister van korrektiewe dienste is anc rassiste en Waluz is blank, dit is al waaroor dit gaan. ANC bomplanters en moordenaars loop almal vry.

Misky ·

jy is doodreg, maar hulle word presidente, beelde word opgesit en strate na hulle vernoem.

Elize ·

Ek het nog nooit van iemand gehoor wat sooooo lank in die tronk gesit het in hierdie land nie!

Philip ·

Dit laat n mens dink aan die ongenaakbare houding wat die die wenners van die tweede wereldoorlog teenoor die onderleier van die Nazis Rudolf Hess tot met sy dood in die gevangenis gehad het.

Johan ·

Presies…en Hess het die oorlog probeer eindig! Baie hartseer.

Stefan ·

Ek weet van geen swart terroris met bloed aan sy hande wat al so lank in die tronk was.

Androclus ·

Dit noem ek nou onvergewensgesindheid in die wydste sin van die woord.

Bees Boer ·

Hoekom plaas Maroela nie ‘n onlangse foto van Walus nie?

Mariana ·

Dit is maar net omdat dit Hani was en sy vrou nou die hef in die hand het. Hy het lankal vir sy daad betaal. Sy en die ANC is nou die koelbloediges. En natuurlik is hy nog wit ook. En elke dag word moordenaars teruggesit op straat om weer te moor. Beslis dubbele standaarde.

QueenB ·

Dus sommer snert die arme man het sy straf lank gedra wat van die wat kinders, vroue oumense ens elke dag vermoor en dan parool kry, dus weereens net n bewys dat apartheid nog nooit verby is nie Hani se vrou moes al lankal dai man vergewe het wie is sy dan nou hoër as die Vader homself dink sy het n vinger in dai pie dat hy nie vrygelaat word nie

Althes ·

Ek wens alle lewens wat beïndig word in SA is net so belangrik soos wyle Chris Hani s’n waar die oortreder langer as 25jr wat lewenslank is, sit.
Baie sit nie eens so lank nie.

Eden ·

Walus is nou al 28 jaar in die tronk. Langer as Mandela (27 jaar). Bygevoeg, Mandela het die laaste 6 jaar in ‘n bewaarder se huis gebly.

Kokerboom ·

Die hele Wallus saak het ‘n kleur en rassisme ondertoon.
Wat skrikwekkend is dat Regters van alle mense veronderstel is om neutraal, onbevooroordeeld en nugterdenkend moet optree maar nee in SA vorm hul(sommige) deel van die slagoffermentaliteit. Dit neutraliseer regverdigheid en maak ‘n klug van die regstelsel. Dit kwes ook ALLE vertroue in die SA reg!

Johan ·

“Regters”… Hulle kan die swakste uitsprake maak…skaam my vir hulle Piesang Republiek is die regte benaming. Gn wonder almal wat dit kan bekostig neem sake eerder op arbitrasie nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.