Walus is ʼn SA burger, sê departement

Chris Hani (via Wikimedia Commons https://en.wikipedia.org/w/index.php?curid=29634474)

Chris Hani (via Wikimedia Commons https://en.wikipedia.org/w/index.php?curid=29634474)

Die departement van binnelandse sake het Vrydag in ʼn verklaring bevestig Janusz Walus, die man wat Chris Hani 23 jaar gelede doodgeskiet het, is ʼn genaturaliseerde burger.

“Die departement neem kennis van berigte oor die Poolse immigrant, Janusz Walus, wat skuldig bevind is aan die moord op Chris Hani, die voormalige sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party (SAKP),” het Mayihlome Tshwete, woordvoerder van die departement, gesê.

“Ons wil dit graag op rekord stel dat mnr. Walus in 1981 ʼn permanente verblyfpermit ontvang het, voor hy in 1987 deur die naturaliseringsproses burgerskap bekom het onder wetgewing deur die apartheidregering,” lui die verklaring.

Volgens Tshwete sal die departement ontwikkelinge dophou en in ʼn geskikte stadium verder kommentaar lewer.

Dit volg nadat die ANC versoek het dat Walus gedeporteer moet word nadat die hooggeregshof in Pretoria hom op parool vrygelaat het. “Die ANC eis dat Janusz Walus dadelik gedeporteer moet word na sy land van herkoms, en dat hy nooit weer na Suid-Afrika mag terugkeer nie,” het die party gesê.

Walus (63) het die kommunistiese Pole in 1981 verlaat om by sy pa en broer in Suid-Afrika aan te sluit. Hy het Hani op 10 April 1993 doodgeskiet, net ʼn jaar voordat die land se eerste demokratiese verkiesing Nelson Mandela en die ANC aan bewind gebring het.

Walus is oorspronklik die doodstraf opgelê, maar dit is tot lewenslange tronkstraf omgeskakel toe die doodstraf afgeskaf is. Sy medebeskuldigde, Clive Derby-Lewis, is in Junie 2015 op mediese parool vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Dee ·

My land van herkoms is Frankryk. Ek is al ± 200 jaar hier. Hoe gaan ek die regering oorreed om my te deporteer na Frankryk? Weer gedink, ek gaan probeer om hulle te oortuig ek is vanaf Australië. Vanaf Melbourne! So, as julle my hoor praat met ‘m nuwe aksent.. dink!

Andre ·

Op watter basis is die departement so oorywerig om aan n politieke party se sotlikke eise gehoor te gee. Daar is miljoene onwettige immigrante waaraan die departement niks doen nie en die enigste ding wat gedeporteer word is beleggings en sinvolle regering.

jaco ·

ons het n ANC-regering, so die minister van die betrokke departement en ten minste senior amptenare in daardie departement sal almal lede van die ANC wees.

jannewan ·

liewe anc

as swart moordenaars van wit mense patool kry , word die wit gesinne van die vermoordes nie geken in die saak nie. wat maak die hani familie so spesiaal dat hulle vir jare derby lewis en nie Se reg op parool kon kaap? onder demokrasie verstaan ek dat almal gelyk is. hoekom was die hani families dan meer gelyk as derby lewis en nie ?

JD ·

My familie is al 300 jaar hier maar ek sal waardeer as die departement my asb terug sal deporteer Europa toe of Australie sal ook reg wees.

danie ·

Meskien kan die verslag gewer bietjie meer geskryf het, is dit n norm of reel in suid afrika om as n buitelander sy tronk straf uit gedien het , hy terug gestuur word na sy land van herkoms, en as jy die wet oortree of jy jou burgerskap prys gee.

jaco ·

deporteer sommer al die wit mense na hulle lande van herkoms. dan is al hierdie gemoan oor rassisme en taal iets van die verlede en hoef die legacy of apartheid nie meer vir alles wat verkeerd loop geblameer te word nie. dan is die speelveld skoon vir die Afrikane wat agterbly om skoon van vooraf te begin, sonder wit mense wat hulle uitbuit ens ens.

Chris ·

Ek sou ook graag gedeporteer wil word, verkieslik UK of Australia, dankie

Michael ·

Maak die Weskaap ‘n onafhanklike land ek wil nie ver gedeporteer word nie??

Oom Harry ·

Ons voorgeslagte het weens vervolging uit Frankryk na die sonnige land verhuis ondanks baie ontberings en `n groot sukses hier bereik. Ons is bereid om weer soos met die Groot Trek, ondanks ontberings, weer te verhuis, selfs na Poland! Ironies dat mnr Walus in sy fabriek in die destyds vooruitstrewende Qwa-Qwa werk aan tientalle swart inwoners gebied het. Ons het self nog produkte wat daar gekoop is.

Jef ·

Jaco jy se stuur sommer al die witmense terug na hul lande van herkoms wel dan stel ek voor dat jy jou koffers moet pak en Europa toe moet kom en ek garandeer jou dat jy nie jou geluk sal vind nie.
In Nederland vertrek 300 Nederlanders per maand uit die land en daar word verwag dat nog hierdie jaar 150 000 die land verlaat.
Vlugtelinge uit Afrika kom met duisende Europa binne en ja hulle kom op die eerste plek hulle moet gehelp word en hulle kry alles wat hul hart begeer sodra hulle verblyfstatus verleen is en die egte burgers van die lande moet die hoogste tol betaal.
Pensioene gekort, maandelikse salarisse gekort, honderde duisende werklose Europeane, nog meer belasting,voedselbanke vir arm mense, huur ,gas en elektrisiteit vlieg omhoog, siekefonds styg.
Met basiese boekhouding kom jy agter dat jy veel meer moet betaal dan wat jy as salaris kry m.a.w armmoede onder Europeane styg elke dag.
Dink a.s.b na voordat jy kommentaar gee, want die hele wereld verkeer of in oorlog of in krisis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.