Walus nie nou vrygelaat

Foto: ANA

Foto: ANA

Janusz Walus, die moordenaar van SAKP-leier Chris Hani, gaan nie nou op parool vrygelaat word nie, al het die hooggeregshof in Pretoria Donderdag die minister van justisie en korrektiewe dienste se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys.

“Hy kan nie vrygelaat word nie voordat sy regsverteenwoordigers aansoek doen om sy vrylating ingevolge die Wet op Hoër Howe, wat onmiddellik en vanselfsprekend ʼn hofbevel opskort wanneer kennis gegee word van verlof tot appèl,” het Mthunzi Mhaga, die minister se woordvoerder, buite die hof aan verslaggewers gesê. “Ons het aan haar [regter Nicolene Janse van Nieuwenhuizen] aangedui dat ons na die appèlhof gaan appelleer, wat beteken hy kan nie vrygelaat word nie.”

Hani se weduwee, Limpho, het gesê die geveg om Walus agter tralies te hou sal voortgaan ondanks die hofuitspraak. “Sy [Van Nieuwenhuizen] is nie God nie. Daar is ander howe wat ons kan nader. Sover dit ons aangaan, het ons, as swart mense van die land, vandag gewen.”

Van Nieuwenhuizen het vroeër Donderdag die minister se aansoek met koste van die hand gewys.

Lees alle vorige berigte oor Janusz Walus op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

jakes ·

Die weduwee verstom my! SY besluit wie skuldig en wie nie. So SY Is God? As sy na al die jare nog sukkel ‘n brug te bou om aan te beweeg? Doen moeite en lees na, die Hani huwelik was vol buite- egtelike dinge, veral toe hy buite dìe land was…

jakes ·

EN sy trek weer rassekaart deur te onderskei “swart mense” en “sy” die blanke bevoegde regsgeleerde. Wie is die regte rassiste?

Rynhardt ·

Vanaand het Hani se weduwee op SABC3 gese dat Walus moet praat oor wie die opdrag gegee het vir die moord op haar man.Sy het verder beklemtoon dat Clive Derby-Lewis en Walus het namens iemand die opdrag uitgevoer! Ek stem saam en glo dit was die nasionale party! Die NP het destyds juis die KP gestig om verdeeldheid te saai onder Afrikaners! In 1993 het Hani in verskeie rewolusionere toesprake gedreig om SA onstabiel te maak! De Klerk en die nuwe wereldorde kon dit nie bekostig nie, want n vreedsame oorgang moes bewerkstellig word vir n Anc-regering om te regeer terwyl Afrikaner/Boervolk van alles gestroop word.Daardie twee moordenaars moet begin praat, want dit sal vir Afrikaner/Boervolk wys hoe die NP en sy jonger boetie, die KP ons mense belieg en bedrieg het! Die jongmense het die reg tot die waarheid, want weensregstellende aksie vir 22jaar het blankes geen toekons nie.Praat moordenaars! Jul kry geen simpatie van my nie!

jakes ·

Rynhardt so jy steun die verloop en verkrsgting blatant deur haar ideale te steun en eenogig na als te kyk? Dink jy moet die Hani memorandum Google, oplees en dalk dalk lees jy iets raak. Geen kwade gevoelens, jy mis net die punt.

Rynhardt ·

Jakes, my ou ek mis nie die pynt nie.Jy is te blind om te sien hoe ons mense gespeel en beroof was deur dienaars van die nuwe wereldorde! My vriend, die uitgewer/skrywer Willie Bienedell sou n boek uitgebring het oor die KP se boewery teenoor Afrikaner/Boervolk, maar is 5Januarie2011 oorlede, voordat dit kon gebeur.Jaap Marais van HNP het alles aan hom vertel oor KP se gekonkelry asook hul weiering om saam met hom te werk om De Klerk te stuit! Jakes, jy het nie n benul waarvan jy praat nie! SA politiek kan my nie breinspoel nie! Ek is teen breinspoeling bestand!

Pienkes du Plessis ·

Die NP het die KP gestig om verdeeldheid onder Afrikaners te bewerkstellig!!?? Hoe Rynardt hierdie oortjie by ‘n kloutjie kry, is eenvoudig net ‘n diepe misterie.

John ·

Snaaks dat hulle nie so tekere gaan wanneer ander moordenaars/verkragters vrygelaat word op parool na net ‘n paar jaar nie.

Winston ·

Jip. Net n eensydige siening. Die ander sienings bestaan nie. Dit is blatante verwerping van die reg.

Petro ·

As dit my man was het seker ook baklei..maar die feit dat sy blatant rassisties is irriteer my…

Gerda ·

Hoe kan sy nog sy weduwee wees as sy dan weer getroud is? Kom ons almal bid vir Janusz

david ras ·

Ek verstaan nie hoe hierdie mense elke keer die reg tot appel kan misbruik om vir Walusz in die trunk te hou nie.
Is dit nie misbruik van die reg nie ? Of is dit nie dalk kwaadwillige vervolging nie ?
Soos ek dit sien, het mev Hani en haar geesgenote afstand gedoen van die reg tot vervolging die oomblik toe Walusz gerresteer was.
Die staat –in al sy regsprekende fasette–het toe oorgeneem, en die beskuldigde verhoor, en gevonnis, en verseker dat sy vonnis uitgedien word.
Met ander woorde–die staat straf en besluit ook dat daar genoeg gestraf is.

Ons kan nie ons hele regstelsel uitlewer aan die wraaksug van enkelinge en politieke groepe nie–dan sal daar chaos heers.

Wat eintlik regverdig sou wees in hierdie geval, is dat Me Hani, die Minister en die ander as die appel sou misluk, self tronkstraf moet uit dien vir die tyd wat Walusz agter tralies gedwing was om te bly deur hulle wraaksug—plus die regskoste ook. En geen kans op appel nie !

Zumie ·

Sulke sake is die toets vir ‘n regstelsel om te sien of almal WERKLIK gelyk is voor die reg. Kyk maar mooi wat gebeur in hierdie praktiese demonstrasie van hoe ernstig die grondwet opgeneem word.

Rooijan ·

Sover ek weet onderskei ons regstelsel nie tussen moorde nie. Moord met voorbedagte rade op Piet Venter is presies dieselfde as moord met voorbedagte rade op Chris Hani. Dit dan vir wat op die wetboek staan. In die praktyk kom die ou wat vir Piet Venter vermoor het soms weg met so min as die helfte van sy tronkstraf. In die geval Hani het beide moordenaars nou al amper hul hele straf uitgedien en dit was besonder lang vonnisse. En die feit dat hulle die misdaad gepleeg het toe die doodstraf nog in plek was: ook irrelevant hulle en baie ander moordenaars (sommige ook politieke moorde) het almal baat gevind by ons nuwe demokrasie en wette. Maar wat wel duidelik is, is dat as jy deel is van die nuwe elite in ons land hetsy polities of ekonomies dán geld ander reëls en wette vir jou. Dit beteken vir my as Jan Alleman dat ek ook nou na nommer een (ekself) en my vriende en familie moet begin omsien want die staat stel my nie meer gelyk aan ander nie vernaam as die ander dan swart en “connected” is.

Jan maak n Plan ·

Weereens n bewys van twee stelle reels. Van wanneer af word n hof of n regter voorgese?

CR ·

Ek wens hulle wil nou vir Walus uitlos dat hy met sy normale lewe en take kan aangaan.

Elfie ·

Volgens die familie het Walus geen berou getoon oor sy dade nie. Volgens my betoon die familie geen vergifnis nie. Dis seker moeilik as jou familielid vermoor is maar mens moet tog probeer vergewe en aangaan. Haat en bitterheid beinvloed op die ou einde net JOU lewe en dis nou al so lank gelede, sekerlik kan hulle probeer aanbeweeg. Daar is altyd nog ‘n Hoër Regter so as jy voel hy is nie gneoeg hier gestraf – laat dit aan Hom oor, hy weet of Walus berou het en as Hy kan vergewe kan ons ook. En dit geld vir almal.

Weskaper ·

Soos voorheen al baie gese en soos hierbo genoem. ALLES word op die belastingbetalers se geld gedoen, dus ons GELD. Ek stem – indien hofsaak misluk moet minister en MEV Hani koste betaal. Is dit ook nie ‘n handige inkomste vir die regsadviseurs nie? Werkspkepping.

Theuns ·

Dankie Maroela dat julle wakker is en ons kommentaar sensureer as dit onvanpas is! Daar gebeur goed in die politiek en ons samelewing wat my soms dinge laat se wat nie gese moet word nie. As ek egter kommentaar lees soos wat Reinhardt kwyd raak oor die KP en Nasionale party dan kan ‘n mens maar net aanneem dat hy ernstige breinspoeling ondergaan het. Hy se die HNP het hom die nonsense vertel? Sy kommentaar laat ‘n mens wonder wie beskou hy nou eintlik as die viand?Reinhardt is seker geregtig op sy opinie!Januz Waluz het sy straf uitgedien. Laat hom vry!

Peet J ·

Die Hani-familie sowel as die minister van justisie kan of wil blykbaar nie verstaan en aanvaar dat Janusz Walus en Clive Derby-Lewis deur NIEMAND aangesê was om Chris Hani se lewe te neem nie. Om so iets te wil voorgee is blote bespiegelinge.
Sou Chris Hani minder geweldadige toesprake en dreigemente voor die oorgawe aan die ANC ge-opper het sou hy miskien nie aangeval gewees het nie. Om jou land sommer net so aan jou vyand af te staan is volgens my insig ‘n papbroekige lafhartige optrede wat deur die NP gedoen is.

Ronel ·

Ja, die raskaart sal altyd gespeel word! Wie is ons as mense om te oordeel. Die oordeel kom slegs ons God toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.