Walus-paroolbeslissing Maandag bekend

Die foto van Walus is in November 1997 geneem. Foto: AP Photo/Cobus Bodenstein, FileRonald Lamola, die minister van justisie, gaan Maandagoggend die beslissing oor moontlike parool vir die moordenaar Janusz Walus bekend maak. Walus het in 1993 die destydse SAKP-leier, Chris Hani, voor Hani se huis in Boksburg doodgeskiet.

Walus is ter dood veroordeel, maar met die afskaffing van die doodstraf is die vonnis na lewenslange gevangeneskap verander. ‘n Vroeëre poging om Walus, wat sedertdien sy diepe spyt oor die moord, en veral die invloed van sy daad op die weduwee, Limpho Hani, en die Hani-kinders, uitgespreek het, het misluk nadat dit deur die Hani-familie en die SAKP teengestaan is.

Die Gautengse hooggeregshof in Johannesburg het in Januarie vanjaar Lamola sestig dae gegee om parool vir Walus te oorweeg, en dit is waaraan die minister nou gehoor gee.

Lamola sal ook die departement van korrektiewe dienste se plan teen die verspreiding van die Corona-virus na en in die land se tronke bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Michael ·

Die man is seker die persoon wat die langste in die tronk is vandat die anc oorgevat het ,laat hom vry sodat hy teruggaan Poland toe.Die man het betaal vir sy misdaad.

Morne ·

Ek dink hy gaan nog sit!!!!!!!!!!. Gie ANC/EFF hulle kan nie vergewe nie.

Jean ·

Ek stem saam, net omdat hani se vrou wat weer in die hof gaan huil oor dat sy Walus nie kan vergewe nie.

Anel ·

Die arme man isal 27 jaar in die tronk. Lewenslank is 25 jaar. Laat die man vry en laat hy terug gaan na sy land. Ander wat moord pleeg word nie naastenby so behandel nie. Word partymaal nie eers tronkstraf op gelê nie. En moor weer.

Jaco ·

Dié man het Pole verlaat weens kommunisme. In 1989 het kommunisme in Pole tot ‘n val gekom. Hy het egter in SA aangebly en vanaf 1990 gesien “hoe die wind waai” en watter party ‘n landwye verkiesing sou wen. So as hy dit sien kom het (almal in SA het dit sien kom), waarom is hy nie net terug Pole toe nie? Kommunisme wat hy so gehaat het, was dan in 1993, die jaar van die moord op Hani, reeds 4 jaar verby, oor en weg.

Marcello ·

Ek hoop van harte sy aansoek word goedgekeur. Hy het mos nou al jare en jare se vonnis uitgedien. Wat goed is vir een, is goed vir ‘n ander. Ek sal graag wil weet , die Hani familie se “toestemming” word gevra, maar wat van die mense wat moord /roof/verkragting gepleeg het, word vrygelaat sonder dat die familie geraadpleeg, is dit omdat hy ‘n Nie-Blanke vermoor het…. wonder maar net.

lollapot ·

Ongelooflik dat sommige mense SO onvergewinsgesind kan wees! Al sit hy nog 200 jaar, sal dit nie die saak ongedaan maak nie, dit sal nie dooies lewendig maak nie. . .
Haat verteer jou op die lange duur . . .

Sean ·

Daar is plaasmoordenaars wat na Wallis gevonnis is en wat al op vrye voet is

Jaco ·

Hulle slagoffers was wit. Dis polities heeltemal korrek om wit mense te vermoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.