Walvis gered by Yzerfontein

Foto: Dave Hurwitz/Simon’s Town Boat Company/Facebook

Vrywilligers van ʼn Suid-Afrikaanse organisasie wat walvisse red, het Vrydag vir vyf ure lank gespook om ʼn walvis te bevry wat in ʼn visnet verstrengel geraak het.  Lede van die South African Whale Disentanglement Network (SAWD) het Vrydag 07:26 gereageer op ʼn oproep dat ʼn walvis vasgevang is in visnette en tou naby Dasseneiland neffens Yzerfontein aan die Weskus.

Lede van die Suid-Afrikaanse nasionale seereddingsinstituut (NSRI) en die SAWD van Yzerfontein en Kaapstad is ontplooi om die dier te help.  “Ná ʼn soektog het hulle ʼn boggelrugwalvis gewaar met tou in sy mond en wat verskeie kere om sy stert gedraai was,” lui ʼn verklaring wat die organisasie Sondag uitgestuur het.  Die toue was in die seebodem geanker en die walvis se stert was redelik diep onder die water in die tou vasgewoel.

Vrywilligers van die SAWD en lede van die NSRI het met ʼn boot na die walvis gevaar en versigtig begin om die toue met snytoerusting los te sny.  “Dit was ʼn moeilike proses.  Omdat die walvis redelik diep onder die water verstrengel was, moes een van die SAWD-vrywilligers oor die rand van die boot hang, terwyl iemand hom aan die enkels vashou.  Hy het ook ʼn swembril gebruik terwyl hy die tou onder die water gesny het,” lui die verklaring.  Die tou in die walvis se mond is eerste gesny en toe die toue om sy stert.

Volgens die verklaring is die walvis is om 13:50 bevry en die dier het sonder moeite weggeswem.  Die SAWDN is vol vertroue dat die walvis sal oorleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

henndrik ·

Die moeite word waardeer deur die meeste van ons, baie dankie

Rudolph ·

Visvang en visnette is een van die grootste besoedelaars van die oseane en lei tot die onbedoelde dood van biljoene seediere . Ons smaak vir vis kom teen ‘n onbekostigbare hoë prys in terme van die lyding en dood van seediere en besoedeling. Dit help niks ons drink ons Sprite sonder ‘n strooitjie terwyl ons smul aan ‘n onnodige bord vol dooie seediere se liggaamsdele

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.