Walvis strand naby Stilbaai

Foto: NSRI

Foto: NSRI

ʼn Loodswalvis het Maandag op die strand by Blombos naby Stilbaai gestrand.

Lede van die Nasionale Seereddingsinstituut, Kaapse Natuurbewaring en die polisie is na die toneel ontbied. Die spanne het saam met lede van die publiek die walvis nat gehou terwyl hulle op hoogwater gewag het.

Die spanne het intussen ʼn sloot na die see gegrou. Swemmers van die NSRI het met hoogwater die walvis die water in gehelp en saam deur die deinings geswem. Die swemmers het heeltyd by die walvis gebly tot dit self weggeswem het. Die walvis het egter kort hierna weer gestrand.

Foto: NSRI

Foto: NSRI

Die reddingspanne het hierna weer gehelp om die walvis in die water te kry en vir ʼn wyle saam met die dier in die water gebly. Die walvis het hierna die diepsee ingeswem. Die NSRI het gesê hulle is “versigtig optimisties” dat die walvis oorleef het.

Die NSRI het sy dank uitgespreek teenoor al die reddingspanne en die publiek wat met die reddingspoging gehelp het. Lede van die NSRI sal intussen die kuslyn dophou om seker te maak die walvis strand nie weer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hendrik Havenga ·

Dankie dat daar sulke mense is mag die Here julle seen vir wat julle doen

Karma ·

‘n Goedvoel storie – dankie aan diegene wat bereid is om hul tyd en energie te spandeer in situasies soos dié.

Ek het egter al meer as een keer êrens gelees dat walvisse normaalweg nie “strand” nie, maar hulle swem doelbewus uit om êrens op die sand te gaan vrek – hulle is gewoonlik siek of beseer. Die feit dat dié walvis twee keer “gestrand” het, laat my so dink. Dalk is hy/sy terug diepsee toe, net om op ‘n ander strand môre uit te swem.

E.K. ·

AI ja, walvisse is wonderlike diere en ek is so bly vir NSRI en andere wat altyd uithelp. Ons hoop maar die outjie gaan veilig en gelukkig terugbly in die see

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.