Walviskarkas naby Strandfontein verwyder

Die walviskarkas wat Saterdagmiddag op ʼn strand naby Strandfontein uitgespoel het, word Sondag verwyder.

“Weens die grootte van die karkas is dit ʼn groot onderneming en word spesiale masjinerie benodig,” het Marian Nieuwoudt, burgemeesterskomiteelid vir ruimtelike beplanning en omgewing, gesê.

Dit blyk dat die walvis al ʼn paar dae lank dood is. Die karkas sal na die Vissershok-stortingsterrein geneem word.

“Ek wil lede van die publiek waarsku om geensins betrokke te raak nie aangesien dit onwettig is om daaraan te raak of enige deel van die walvis te probeer verwyder.”

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het mense gemaan om versigtig te wees aan die Valsbaai-kuslyn, veral in die Strandfontein-omgewing.

“Ons doen ʼn beroep op die publiek om versigtig te wees in geval van verhoogde haai-aktiwiteit. Hoewel daar in dié stadium geen bykomende haai-aktiwiteit waargeneem is nie, is so ʼn toename wel normaal rondom ʼn walviskarkas,” het Lambinon gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.