Walviskarkas verwyder by Bantrybaai

Foto: Nadia Niemann/NSRI

Foto: Nadia Niemann/NSRI

Die walviskarkas wat by Bantrybaai uitgespoel het, is verwyder.

Volgens die stad Kaapstad het die suidelike noorkapperwalvis Sondagoggend uitgespoel. “Die stad wil graag die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) wat gehelp het om die karkas te verwyder, bedank.”

Volgens die stad is die karkas na die Oceana-motorbootklub vervoer van waar dit deur die departement van afvalbestuur na die Vissershok-stortingsterrein geneem sal word.

Die NSRI het in ʼn verklaring gesê die walvis het op rotse uitgespoel en dat daar vir hoogwater gewag moes word voordat die karkas verwyder kon word. Volgens die NSRI was die walvis sowat 8,5 m lank en het dit tussen agt en nege ton geweeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Vra maar net ·

Wat kan veroorsaak dat walvisse al meer op on strande uitspoel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.