Walvisvin lei tot ‘reddingspoging’

Argieffoto: NSRI

Argieffoto: NSRI

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se Port Alfred-bemanning was Sondag verbaas toe hulle ʼn seilplankryer in die see by Kenton-on-Sea, wat na bewering in die moeilikheid was, te hulp gesnel het.

Die NSRI het in ʼn verklaring gesê die bemanning het omstreeks 11:00 inligting ontvang dat ʼn seilplankryer vermoedelik in die moeilikheid beland het. Ooggetuies het gesien hoe die ryer se seil kort-kort onder die water verdwyn en dan weer verskyn as hy dit regop trek, wat die vermoede laat ontstaan het dat hy in die moeilikheid was.

Nadat die NSRI-reddingspan op die toneel aangekom het, het hulle gesien die “seilplankryer se seil” was eintlik net ʼn walvis se vin wat hy in en uit die water gesteek het terwyl hy teen die wind en die seestrome geswem het. Hulle het dus bloot omgedraai en teruggekeer na die basis.

Volgens die NSRI het hulle die ooggetuies egter steeds geprys vir hul goeie bedoelings om iemand te red wat in die moeilikheid was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.