Wanneer mag ek ʼn inbreker skiet?

Argieffoto

Argieffoto

Die afgelope paar weke was daar talle voorvalle waar huiseienaar inbrekers doodgeskiet het. Dit het opnuut die vraag laat ontstaan oor wanneer mens ʼn inbreker in jou huis mag doodskiet. Nico Strydom het met ʼn kenner gepraat.

Prof. Callie Snyman, ʼn afgetrede strafregkenner wat voorheen aan Unisa verbonde was en die gesaghebbende boek Strafreg geskryf het, sê in beginsel mag mens nie sommer net iemand doodskiet nie, maar daar is uitsonderings op alle regsreëls.

Prof. Snyman het raad gegee aan die hand van verskeie voorbeelde.

Scenario 1: ʼn Onbekende persoon in jou erf

Volgens prof. Snyman kan jy nie iemand in jou erf summier doodskiet nie. “Die beste opsie sal wees om ʼn waarskuwingskoot af te vuur en die persoon te probeer waarsku dat indien hy nie weggaan nie, jy hom gaan skiet.” Volgens Snyman het jy moontlik ook genoeg tyd om ʼn veiligheidsmaatskappy of die polisie te ontbied terwyl die persoon nog nie in jou huis is nie.

“As jy agterkom die persoon steur hom nie aan jou waarskuwings nie en gaan steeds voort om by jou huis te probeer inbreek, mag jy hom skiet. As dit heeltemal duidelik is dat die persoon in jou huis gaan inkom, kan jy skiet en jy hoef nie te wag totdat hy in die huis is nie.”

Scenario 2: ʼn Persoon is ongewapen in jou huis

Volgens prof. Snyman sal dit baie moeilik wees om te bepaal of ʼn inbreker gewapen is of nie. “Dit hang baie van die omstandighede af. Is die inbreker ʼn groot man, lyk hy gevaarlik, is hy onder die invloed van alkohol? Veronderstel jy tref die inbreker in die kombuis aan en dit lyk op die oog af of hy nie gewapen is nie.

“Dit is baie moontlik dat die inbreker vinnig ʼn mes kan gryp en dan is jou lewe in gevaar. Indien jy met sekerheid kan sê die persoon is nie gewapen nie en jou lewe is nie onmiddellik in gevaar nie, kan jy die persoon probeer in hegtenis neem of hom aanhou totdat die polisie of ʼn veiligheidsmaatskappy opdaag.”

Snyman sê indien jy byvoorbeeld ʼn vroulike inbreker of ʼn kind in jou huis aantref, moet jy hom of haar eerder nie summier skiet nie. “Vra dan wat soek hy daar, maar hou byvoorbeeld jou vuurwapen by jou met jou vinger op die sneller. Sê vir die persoon om stil te staan en waarsku hom of haar jy gaan hulle skiet as hulle nie gehoor gee nie. As dit baie duidelik is dat die persoon onskadelik is, moet jy eerder nie skiet nie.”

Volgens Snyman is daar wel ook die uitsondering van byvoorbeeld ʼn bejaarde vrou wat alleen woon. “Die reg gee so iemand meer reg om summier te skiet as byvoorbeeld ʼn jong man wat in die fleur van sy lewe is en gespierd is en ʼn vuurwapen by hom het.”

Scenario 3: ʼn Persoon is gewapen in jou huis

Snyman het gesê die howe verwag nie van mense om met hul lewe te dobbel nie. “Jou huis is jou kasteel. As die reg jou nie toelaat om jouself in jou huis te beskerm nie, is die reg oneffektief. Jy het meer regte om iemand binne jou huis dood te maak as buite. As ʼn inbreker in jou huis is en hy het ʼn vuurwapen of ander dodelike wapen soos ʼn staalpyp, mes of panga by hom, kan jy hom volgens my mening skiet.

“Veronderstel jy tref ʼn inbreker in die kombuis aan en nou moet jy vir hom vra of hy asseblief so gaaf sal wees om die doel van sy besoek bekend te maak. Voor jy jou sin voltooi het, het hy al ʼn koeël deur jou lyf gejaag. Jy dobbel met jou lewe deur met die inbreker te praat.”

Volgens Snyman gee die wet jou die reg om iemand anders dood te skiet, nie net ter beskerming van jou lewe nie, maar ook ter beskerming van jou liggaamlike integriteit. “As jy ʼn inbreker in jou huis moet skiet, moet jy die inbreker verkieslik nie dadelik in die kop of bolyf skiet nie. Probeer die inbreker eers in die bene of onderlyf skiet om hom buite aksie te stel aangesien jy dan ʼn goeie kans het om weg te kom.”

Op ʼn vraag aan prof. Snyman oor die persepsie dat mens nie ʼn inbreker in die rug moet skiet nie, sê hy. “As hy in jou huis is, kan jy hom in die rug skiet. Wat as hy omdraai en jou skiet? Jy dobbel met jou lewe en die reg verwag dit nie van jou nie. As hy wel besig is om byvoorbeeld te vlug uit jou erf uit, moet jy hom nie in die rug skiet nie.”

Wat gebeur nadat ek ʼn inbreker geskiet het?

Volgens Snyman moet jy onmiddellik ʼn ambulans, die polisie en ʼn veiligheidsmaatskappy, indien van toepassing, ontbied. “Hierna word ʼn lykskouing gedoen. Dit is baie belangrik vir die polisie om te weet waar die koeël die inbreker getref het, byvoorbeeld in die kop, rug of bors. As dit lyk of die persoon in die bors geskiet is, dan kan dit aanduidend wees dat die kwaaddoener op jou afgestorm het.”

Snyman sê nadat al die bewyse, verklarings en ander nodige inligting ingesamel en ondersoek is, word die dossier na die direkteur vir openbare vervolging gestuur om te besluit of die huiseienaar van moord, strafbare manslag of glad nie, aangekla moet word. “Voordat ʼn huiseienaar aan moord skuldig bevind word, moet die staat bewys dat hy of sy handeling die dood veroorsaak het.

“Tweedens moet die staat kan bewys dat die handeling onregverdig was en die huiseienaar hom of haar nie op selfverdediging kan beroep nie. Dan is daar ook ʼn derde verweer dat jy geglo het jy is in gevaar. As jy sê jy het eerlikwaar geglo jy was in doodsgevaar, al het die omstandighede dit nie bewys het nie, moet die staat die teendeel kan bewys.

Volgens Snyman word daar ook in die reg voorsiening gemaak daarvoor dat ʼn persoon iemand kan doodskiet om verkragting te keer. “Al blyk dit ná die tyd dat die inbreker fisiek swak was en nie ʼn wesenlike gevaar ingehou het nie, kan die hof beslis dat jy verkeerd opgetree het. Iemand kan dan wel aanvoer dat hulle subjektief en ter goeder trou geglo het hul lewens of dié van hul gesin was in gevaar en die staat sal die teendeel moet kan bewys.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

christine ·

Baie dankie nou weet ons. Ons sal onsself moet verdedig ek voorspel nog van die skelms en moordenaars gaan binnekort uitgeroei word. Hulle sal wel die boodskap kry.bly uit ons woonplekke uit. Of sterf.

Winston ·

Goeie artikel. As iemand inbreek en poog om jou wapen af te neem, sal ek persoonlik skiet om hom te dood, al is hy onbewapen.

Leonie ·

Dankie vir die artikel Maroela. Dit is iets wat ek die hele tyd wou weet maar almal sê net die hele tyd jy mag nie skiet nie. Nou weet ek tenminste beter wat aangaan en wat ek mag doen. Die artikel word op ‘n goeie tyd geplaas aangesien misdaad op die oomblik heeltemal buite beheer is! Die kriminele is gewaarsku!

Paul ·

Indien jy enigsins twyfel, skiet weer en maak seker dit is raak.

Christiaan ·

Se nou maar en my suster is aleen by die huis. En daar is n inbraak
Wat gaan die gevolge wees as ek n inbreker wat my lewe bedreig, doodskiet met my pa se wapen?

Dankie vir die artikel

Erika ·

Baie goeie vraag, sal ook graag wil weet wat die reg hieroor se.

MavusiKenpachi ·

Jy mag jou pa se wapen gebruik om jou lewe te verdedig. Die hof mag dalk vra hoe jy toegang gekry het tot die wapen, want dis veronderstel om in die kluis toegesluit te wees en die sleutels moet altyd by jou pa wees (behalwe as julle die kluis deel om vuurwapens in te stoor). Maar niks verhoed jou om die geweer te gebruik nie. Net soos wat jy ‘n broodmes of ‘n hamer mag gebruik. Onthou, die hof worry net oor of jy jouself verdedig het en nie noodwendig oor WAARMEE nie.

Jacques ·

Volgens die vuurwapenwet mag niemand behalwe jou Pa toegang hê tot sy vuurwapen nie, nie eens jou Ma nie. Dis hoe ek dit verstaan. Jou Pa sal dan ook aangekla word en kan dan moontlik sy vuurwapen verloor asook sal sy vuurwapenlisensie opgeskort word en sal hy nie weer een kan kry nie. Mens kan nie defnitief sê nie, dit sal afhang van omstandighede. Jy kan ook aagekla word vir die gebruik van ‘n onwettige vuurwapen waarvoor jy nie ‘n lisensie voor gehad het nie. Dus as ek raad kan gee doen die proficiency van ‘n vuurwapen, koop ‘n vuurwapen en doen aansoek vir jou eie lisensie.

Stefaan ·

Die wet op Noodweer bepaal dat jy enige wapen wat byderhand is mag gebruik om jou lewe of jou huisgenote te beskerm. Dit maak nie saak wie sin dit is nie.

Saskia Ferreira ·

Dankie vir die artikel. Ek gaan dit defnitief met ander deel.

Ek kan net nie verstaan hoekom mense wat in JOU huis in kom beskerm word nie.

andre ·

Ek stem nie saam nie,my erf is toe met “devils vork” het alarms om my huis en kameras,as hy in my erf is SKIET ek hom…..hoe kom hy daar,soos die wet se hy moet n artikel skuif soos n venster of deur oopmaak,of hy moet oor of deur iets klim om binne te kom.Dus as die skelm dit gedoen het SKIETek hom kla,in vandag se misdaad wil julle die misdadiger nog tegemoed kom,plaas dat die wet verterk teen misdaad,word dinge harder gemaak vir die publiek.

andre ·

Ek stem nie saam nie,my erf is toe met “devils vork” het alarms om my huis en kameras,as hy in my erf is SKIET ek hom…..hoe kom hy daar,soos die wet se hy moet n artikel skuif soos n venster of deur oopmaak,of hy moet oor of deur iets klim om binne te kom.Dus as die skelm dit gedoen het SKIETek hom kla,in vandag se misdaad wil julle die misdadiger nog tegemoed kom,plaas dat die wet versterk teen misdaad,word dinge harder gemaak vir die publiek.

Jacques ·

Wonder net of mens ook kan aanvoer, as verweer, dat mens in noodweer, die sogenaamde private defence, opgetree het namens mens se gesin of familie lid indien jy ‘n persoon sou skiet wat inbreek hetsy met of sonder ‘n wapen? En sal die howe die maatstaf of beginsel van diligence paterfamilias, die gewone man met ander woorde, gebruik om te sien dat jy nie net jou self beskerm het nie maar ook in noodweer jou familie/gesin/vriende beskerm het op daardie oomblik?

Hes ·

Ja, durf jy waag om jouself/gesin te beskerm sal die nagevolge daarvan vir jare oor jou kop hang.

Hes ·

Ja, durf jy waag om jouself/gesin te beskerm sal die nagevolge daarvan vir jare oor jou kop hang.

Riaan ·

Hoe en wanneer het prof. Snyman nou prof. Schoeman geword – so halfpad deur die berig?

Hes ·

Ja, durf jy waag om jouself/gesin te beskerm sal die nagevolge daarvan vir jare oor jou kop hang.

Hes ·

Ja, durf jy waag om jouself/gesin te beskerm sal die nagevolge daarvan vir jare oor jou kop hang.

Pierre Celliers ·

Maroela het ‘n menings peiling waar duidelik laat verstaan word deur 74% van die lesers,
as hy onwettig oortree, word hy geskiet. As ek of my gesin voel ons word bedreig gaan ons nie aan die wettige aspekte herkou voordat ons aksie neem nie ! As ek agterna tronk toe moet gaan vir my aksies, dan moet dit maar gebeur. Minstens sal ek weet ,my vrou of kind was nie vermoor oor ek tyd gemors het deur wettige/onwettige aspekte van die wet te oorweeg nie!

Gerhard ·

Twee opmerkings:
-‘n Waarskuwingskoot is selde ‘n goeie idee.
-Moenie jou vinger op die sneller sit voordat jy besluit het om te skiet nie.

Pieter ·

Mag die SAP jou onmiddelik arresteer indien jy iemand in jou huis dood geskiet het?

Eddie ·

Nou het ek alles gehoor. Dit is baie waardevolle inligting maar net jammer ek stem nie volkome saam nie. In die eerste plek kom hulle nie net een een by jou huis aan en steel nie. Daar is gewoonlik 3 of 4 van hulle wat saam werk. As ek een in my erf/huis of n plek kry waar hy my private space kom inval maak op is hy nie meer met ons nie. Dit is jammer hoe die wet geskryf is want daar word meer regte aan die kriminele gegee as die wat die wet toepas. Soos n ander artikel wat Maroela geplaas het waar die rowers letterlik haar kinders en man vasgebind het en sy in die kas weg gekruip. Die rowers het die kas oopgemaak en sy het hom geskied. Haar wapen is van haar af weg gevat vir die tydperk van die ondersoek. Nou hoe nou. Haar en haar gesin se lewe was in gevaar gewees maar tog word sy nou die victim. Kan Maroela asb n stuk skryf oor wat ons regte is en nie die van kriminele nie. Want om eerlik te se die artikel se meer vir my wat hulle regte is voor ons kan skiet.

Andre Van Wyk ·

Dit gebeur baie selde dat daar net EEN van die “persone” in breek. Gewoonlik is daar drie tot Ses van hulle. As een in die Kombuis is en Jy vra wat hy daar doen dan skiet die ander jou wat miskien in dis spens wegkruip of staan. Ek glo daar in dat wanneer die persoon “BINNE” jou huis is is daar Groot moeilikheid en dat jy onmiddelik moet wegkruip in n donker hoekie en sodra jy hom sien “Skiet jy hom” Klaar en gedaan en wag vir die volgende persoon om sy verskyning te maak. ‘N Waarsku skoot kan geskiet word maar moet nie dat “Hy” of “Hulle” jou sien nie. As jou vrou en of Kinders in die huis is, skiet sonder om vrae te vrae, onmiddelik.

luzanne ·

Byvoorbeeld as jy kla die inbreker geskiet het mag die polisie jou wapen vat

leon harrington ·

ek dink hier gaan n paar mense tronk toe gaan wat na die prof luister,dis nie hoe ek art 49 verstaan nie,of is ek verkeurd.

Andre van Straten ·

Ek stem saam met Leon. Prof Snyman gaan mense in diep moelikheid bring. Volgens art 49 kan jy slegs iemand skiet as hy jou lewe bedreig of as jy goeie rede het dat hy jou lewe of die van ‘n ander bedreig. Ek doen dringend ‘n beroep on maroela media om ‘n tweede mening hieroor te kry. Snyman is wel reg as jy ‘n bejaarde/siek/swakker persoon is, dan het jy meer regte. Maar om iemand sommer net trompop in jou erf/huis of selfs in die rug te skiet sonder dat jy bo redelike twyfel glo dat jou/ander lewe bedreig word, gaan jou ‘n moordklag op die hals haal.

Deon Carstens ·

Hi
jammer ek stem nie saam met ons verkramte wetgewing nie,het onlangs Parow polisie gebel vir n insedent en die antwoord was…….jammer maar ons het net 1 wa vir die hele Parow,… wat soek hy in elk geval op jou eiendom????

bennie kitching ·

As jy ‘n vuurwapenlisensie het,moes jy ‘n bevoegtheidskursus gedoen het, waar alles met jou behandel moes gewees het. Wetgewing,voorwaardes wanneer jy mag skiet ensovoorts. Jy mag net iemand skiet as jou lewe of die van,’n ander persoon in onmiddellike gevaar is. As die persoon nog in jou erf is en jy in die huis is, is jou lewe nie in onmiddellike gevaar nie ( art. 49 van die Strafproseswet) . As jy iemand ander met ‘n waarskuwingsskoot in ‘n beboude ( woon) -gebied raak of dood skiet sal jy beslis moet verduidelik. Vuurwapens wat deur die polisie ingeneem of op beslaggelê word is vir ballistiese ondersoeke

WalkingTall ·

Ek het ‘n jaar terug my gun competency gedoen.
Daar is vir my gese, jy mag geen inbreker in jou erf skiet nie. As hy wel in jou huis kom , is hy in jou “safe zone”, dan mag jy die barbaar skiet!!

Past & 4 the last time the Victim. ·

The largest firearm magazine in South Africa wrote – the ‘message’ was – at the time of the ‘Oscar trail’, ‘we speak from a position of strength and in consideration of the every day realities. Regardless of what the law say in South Africa, if some is in your house, particularly in the quiet hours of the night, shoot before you get shot’.
Dit was na aanlyding van die ‘straatregters’ wat voorgeskryf het dat n huiseienaar eerste n inbreker moet ‘sien’, voor jy hom mag skiet.
Wanneer n persoon wederegtelik in jou huis is, dan IS jou lewe in gevaar!!
Ek wil aanneem dat ek (of kan ek nie) as onskuldige, wetsgehoorsame burger kan staatmaak op die beskerming van die wet om myself en huisgenote met alle middele tot my beskikking te mag beskerm- veral in dIe lig van die wreedheid wat gepaard gaan met huisbrake.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.