‘Wantroue in regstelsel laat burgers reg in eie hande neem’

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Suid-Afrikaners se wantroue in die land se strafregstelsel lei daartoe dat landsburgers toenemend die reg in eie hande neem.

Só het adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter, gesê in reaksie op die begrotingsrede wat Michael Masutha, minister van justisie, Woensdag in die parlement gelewer het.

Alberts het in ʼn verklaring gesê hy meen daar is ʼn toenemende afstand tussen die algemene samelewing en die staat in terme van vertroue in die strafregstelsel. “Die gemeenskap neem ál meer die reg in eie hande in ʼn vertoon van wantroue in die strafregstelsel. Dit hou ongetwyfeld ook verband met die lae skuldigbevindingsyfer in strafsake,” het hy gesê.

Volgens Alberts toon navorsing deur die ekonoom Mike Schüssler aan die hand van pres. Cyril Ramaphosa se ontwikkelingsaanwysers dat die veroordelingsyfer van alle misdade die afgelope tien jaar net 6% is. Terselfdertyd word misdaad ál minder aangemeld, sê Alberts.

Hy sê voorts dat Schüssler meen net die helfte van aangemelde misdade vorder tot op die hofrol, wat aandui dat die gehalte van ondersoeke na misdade ook afneem. “Gegewe hierdie situasie kan ʼn mens verstaan waarom vigilante-geregtigheid, hoewel dit in beginsel verkeerd is, toenemend voorkom en waarom private sekuriteitsfirmas so sterk in die middelklas groei,” sê hy.

Alberts bestempel dit as “ironies” dat die private sektor ʼn rol in die gemeenskap oorneem wat eintlik die staat se plig is. Hy voer ook aan dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) dringend reggeruk moet word.

“Daar is ʼn geldige siening dat die NVG selektief vervolg en dat sommige mense immuun is teen vervolging. Waarom het dit byvoorbeeld so lank geneem om op te tree op verskillende aanklagte van korrupsie teen oudpresident Jacob Zuma en die EFF-leier Julius Malema?” sê hy.

“Nog ʼn kwessie wat dringend aandag moet geniet, is die hantering van al die amptelike tale in howe. Ons verstaan dat die hoër howe Afrikaans as taal uitfaseer. Die probleem is egter nie beperk tot Afrikaans nie, maar raak al die ander amptelike tale buiten Engels. Die vraag is hoe ʼn persoon wat Engels glad nie, of net gedeeltelik magtig is, hom- of haarself kan handhaaf in die howe. Daar is geen rede waarom vertalingstegnologie, benewens tolke, nie ingespan kan word om te sorg dat die regstelsel oop is vir alle amptelike taalsprekers nie.”

Alberts het ook in sy verklaring verwys na haatspraak-wetgewing wat hy waarsku ewewigtig toegepas moet word. “Dit gaan tot groot polarisasie tussen rasse lei indien daar selektief hieroor vervolg word,” sê hy.

“Die doeltreffende en ewewigtige administrasie van justisie is ʼn belangrike onderdeel van enige moderne demokrasie. Daarsonder kan die staat nie die reg opeis om orde te handhaaf nie en is die staat se monopolie op geweld in reaksie op misdadige optrede in die gedrang.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Jerry ·

Dit is seker nooit te laat om wakker te skrik nie. Die oplossing vir die agteruitgang van wetstoepassing was volgens die VF- en die forum aanvanklik om die rol oor te neem met privaatveiligheidsdienste. Dit was egter n fout, want die wetlike mandaat vir wetstoepassing het by die staatswetstoepassers gebly. Dit sou dus wys gewees het om van die begin af op die wortel van die kwaad te fokus en dit was om die wetstoepassingsagentskappe en wetstoepassers tot orde te gebring het. Die forum het egter besluit om te fokus op korrupte politici en plaasbeveiliging, dit terwyl korrupte wetstoepassers die korrupte politici beskerm het en ook met plaasmoordondersoeke die motiewe ewe vermakerig kon afmaak as slegs krimineel geinspireerd. Die punt is dus dat jy nie die rol en funksie van wetstoepassing kan oorneem nie, omrede jy nie die mandaat vir die toepassing daarvan wetlik kan oorneem nie. Ons sit dus nou in die benarde en onbevoegde, onbillike wetstoepassingsituasie omrede ons, ons kwansuis nie aan kritiek steur nie!

John ·

Mense se wantroue…? Watter mense? Dalk net eerste-wereld-dromers. Afrika hou van bundu-howe en lief eiegeregtige opperhoofde en konings soos ons land van kan getuig. Terloops hoeveel swart konings gedy bo in Afrika? Hoeveel swart konings en leiers word deur belastingbetalers onderhou in Zimbabwe of Malawi bv. Blykbaar het die verskaffing van weelde alles daarmee te make. Ons kan Ellispark vol pak met magsbehepte gemeenskapleiers… Die baie perk-Merc’s sal weer al die wettelose trollenarisse lok om die blinkes te ‘kan-ek!’. Laasgenoemde neem die reg in eie hande binne private spasies om angstige landsburgers af te pers…. vir ‘n super-pimps (wat belasting betaal?). En vergeet om baas te bly oor jou eie rommel. Wie regeer die’ land sonder regstelsel?

Gemaskerde Sopbeen ·

Wat help dit om ‘n 100% vervolgings-teiken daar te stel, as jy nie eers genoeg tronk plek het vir 6% van die oortreders nie? Ek het in 2017 TWAALF keer in die hof verskyn nadat ek ‘n klag van diefstal gelê het, en die oortreder gevang is. Wat neem so lank?

Ek stem ·

Jammer maar ons het net gister daaroor gepraat agv die SWAK strawwe en die onvermoe van die polisie en die regters/landdroste en staatsaanklaers om ‘n ordentlike werk te doen en die kriminele agter tralies te kry .. tree mense veral in informele nedersettings self teen die kriminele op .. NET so min as wat ek dit self wil doen, lyk dit na die enigste oplossing. Die mense wat vandag by jou inbreek loop more weer in die strate rond .. As korrupte polisie nie omkoopgeld vat om hulle vry te laat nie, dan doen die bevooroordeelde regstelsel dit . . neewat ek het GEEN Vertroue in die regstelsel nie, lyk of meeste regters hulle EIE OPINIES vorm en dan ‘n judgement pass.

thinus ·

Anton, dit wat jy verklaar is 100% waar en onbetwisbaar. Die regering en ANC sal dit egter as blote negatiewe propaganda en politieke opportunisme aflag. Moontlik sal hul jou en die land nog probeer oortuig dat op grond van SAPD statistiek, die misdaad syfer eintlik daal!

Hulp van oorsee ·

Sal mense in hoe plekke asseblief fondsinsamelingsinisiatiewe oorsee begin vir privaat sekuriteit en nuwe tegnologie om ons te beskerm in SA? Privaatsekuriteit is die toekoms, nie die polisie nie.

Privaat ·

Privaatsekuriteit Werk baie goed en vinnig. Wat elke gemeenskap in die land moet doen is om te help om hierdie bedryf uit te brei, hulle ondersteun, saamwerk via sosiale mediagroepe om skelms te keer.

bgj van der westhuizen ·

wel jy meld net n saak aan as jy n saak nomer benodig wand eerste kan die mense jou nie help in jou taal nie en daar kom ook niks van nie die skuldige word nou toe gesluit oor n uur weer buite mors van tyd om dit aan te meld daar om maak mense self n plan die sapd op meetings altyd net verskoning hoekom niks kan gedeon word nie daar s net een woord vir ales hulle het te sleg geword om sapd te wees

Ag Asseblief Tog ·

Duidelik het jy geen insig wat dit is om in die polisie te wees nie. Nog minder het jy dit om n polisie man te wees. Want glo my, jou ogies sal oopgaan as jy sien hoe ongeskik die publiek teenoor die polisie is. Die publiek het geen skaamte vir hulle gedrag nie. Hulle ONGEMANIERD.

Kannaland ·

Aan Ag Asseblief Tog – moet dit nie persoonlik opneem nie. Daar is goeie polisiemense ja, maar daar is ook aakliges wat weier om jou saak oop te maak, wat weier om jou te help as jy in moeilikheid is, wat hul magsposisie misbruik. Duidelik vaal die polisie soos duidelik uitgebeeld in ons ongelooflik hoe misdaadsyfers. Ons wardeer die werk van goeie polisiemense en hulle help dat die land darm nognie totaal ineengeval het nie, maar dit verskoon gladnie die wanprestasie van die polisiediens en regsisteem in die algemeen nie.

Eish ·

Die vereistes, moreel, eties, akademies en funksioneel gesproke, om n effektiewe regstelsel optimaal te laat funksioneer, lê buite die begrip en bestuursvermoë van enige sogenaamde ” bevrydingsorganisasie”
Alhoewel enkele uitsonderings op individuele vlak mag bestaan, ontbreek die kollektiewe organisatoriese kapasiteit en mentaliteit om op n nasionale basis n regstelsel te laat funksioneer. Vanweë ooglopende bevooroordeeldheid, onkunde, partydigheid en disrespek het die pilare van demokrasie sodanig verkrummel onder die aanslag van verkeerdhede dat die stemvee en gewone burgers van die helhool nie n kat se kans op deurlopende regverdigheid het nie.

leser ·

om aan saps te glo of hoop vir ondersteuning, is om te glo jy gaan maan toe kan loop, sonder ondersteuning, krukke of sandale
howe kom ook met vetragings taktiek vorendag, hoe langer die uitstel, hoe gouer word die saak geskraap, oooo eishh eeeee

Michael Barnard ·

Kyk na die foto sien jy blanke manne of vroue NEE. As jy as blanke gaan aansoek doen om by die mag aan te sluit word net gesê daar is nie poste nie. Dit lyk vir my dit geld net vir blankes en nie vir ander kleure nie.

Joshua ·

Alle militere en semi-militere instansies se fondament is dissipline dmv streng opleiding, direkte toesighouding en evaluasies toegepas deur hoe standaard bevel en beheer geondersteun deur n ordentlike ‘budget’ wat die polisieman op die grond/front sy/haar pligte en verantwoordelikhede streng volgens die maar die WIL op alle vlakke is nerens te siene in hierdie patetiese rassistiese ANC regering nie-dis die rede hoekom als van Gesondheid, munisipaliteite, SAPD, SANW besig is om ten gronde te gaan.

Werksaam ·

Wel kom ons kyk hoefeel blankes kan deel van die poeliesie mag word hoe meer arias gedoen word hoe meer kan ons uitrig

Al ·

Baie goeie en verstaanbare artikel wat die algemene burger se gevoelens en frustrasie opsom.
Moedertaal kommunikasie is uiters belangrik, ek het ondervind toe ek met ñ konsultant oor die telefoon praat van ñ groot bank, dat ons sukkel om mekaar te verstaan, want ons 2 moet engels praat, maar engels is ons al2 se tweede taal. Ek is afrikaans en sy het ñ sterk etniese aksent. Ons altwee het gefrustreerd en benoud geword om effektief te kommunikeer.

Jacques ·

Hoe kan n mens verwag dat iemand wat op die grens NA n handgranaat inpleks van weg te hardloop jou moet beskerm ? Ek reken dit vat bietjie meer . Daar is geen respek vir medeburgers nie , alles gaan net oor geld vir eie gewin .

foxi ·

Kommerwekkend! Sodom en Gamora moet seker ook n medalje kry. Niks werk nie.
Als wat aan die staat gekoppel is, is in n bedroefde toestand. Jy kry net mooi niks reg met hulle nie. Niemand wil verantwoordelikheid vat nie, niemand wil reg dink of kan die regte ding reg doen nie! Maar as dit by geld kom…….die antwoord weet almal reeds.
As dié die begin van verdrukking is, wil ek nie weet hoe die GROOT verdrukking gaan wees nie.

Reguit ·

Dan is daar vandag steeds sekeres wat ‘glo’ dat enige iets in Afrika (soos ‘n regstelsel of ‘n rioolwerke of ‘n elektriese infrastruktuur, ens.) “reg sal werk”. Hulle kan maar voort droom in hul wonderlike Reënboog-hool.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.