Wantroue-mosies teen burgemeesters oor VBS

DA-beamptes spreek die media toe in Polokwane, Limpopo. Foto: ANA

Die DA het Vrydag gesê hy het mosies van wantroue ingestel teen burgemeesters van munisipaliteite wat onwettig geld by die mislukte VBS Mutual Bank in Polokwane, Limpopo, gedeponeer het.

Die party het gesê hy het alle moontlike opsies oorweeg om diegene daarby betrokke aanspreeklik te hou, waaronder die moontlikheid om aanklagte van bedrog, rampokkery en korrupsie teen die uitvoerende hoofde van VBS Mutual Bank en die munisipale bestuurders en finansiële hoofde van die betrokke munisipaliteite aanhangig te maak.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het in Maart gesê hy het die bank onder kuratorskap geplaas weens likiditeitskwessies. Die instansie se eie bestuur het glo meer as R1,5 miljard by die bank geplunder.

Die DA het Vrydag gesê terwyl pres. Cyril Ramaphosa sy vernedering uitgespreek het oor die ANC “wat ʼn begunstigde van blatante korrupsie en bedrog is”, het nóg hy nóg Zweli Mkhize, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, enigiemand aanspreeklik gehou.

Volgens die DA het die VBS-skandaal niksvermoedende kliënte oor die hele Limpopo gestrand gelaat en veroorsaak dat hulle dae lank in lang rye moes staan in ʼn desperate poging om hul geld te onttrek.

“Dit is onaanvaarbaar dat die mees weerlose en armste mense moet betaal vir die onwettige optrede van die onderskeie burgemeesters wat voortgaan om in weelde te lewe,” het die DA gesê.

Die party het bygevoeg die benarde toestand van die betrokke munisipaliteite is skokkend aangesien dié munisipaliteite van die swaks bestuurde en finansieel mees disfunksionele in die land is. Die DA het gesê die deposito’s na VBS is nie net gemaak teenstrydig met die nasionale tesourie se opdrag om dit nié te doen nie, maar ook in oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur.

Die DA het gesê om burgemeesters te verwyder wat “wesenlik hul munisipaliteite aan die hoogste bieërs verkoop het”, is die eerste stap om geregtigheid vir inwoners te kry.

Verskeie munisipaliteite het hul besluit om geld by VBS te belê verdedig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Kobus ·

Dit is omdat hulle weet die mosie gaan geen effek hê nie, soos die beplande beraad oor oorlog teen vroue.

Joshua ·

Wantroue? Dai klomp ANC diewe moet aangekla en toegesluit word.

John ·

Die DA-aanklaers; dit is al wat die arme partytjie nou doen… die vuilwerk vir die ANC wat net handewas oor alles en gereedmaak vir die verkiesing wat ‘n eenpartystaat gaan vervolmaak. Moeder Theresa en keiser J hand-aan-hand in die wynland en ys vir die duur whisky uit Kuba met dr xz as prez-in-waiting… waaroor nog worry… a dream come true… back to Africa basics met Koki morsdood.

Nikita ·

Vraatsigheid….aasvoels! Terwyl mense swaar kry & moet krepeer onder vrot munisipaliteitsdienste, leef hulle in weelde & hou seker heerlik makietie. Misluktepaliteit!

Lerato ·

Dankie DA.
Julle is n eerlike party wat die belange van die land op die hart dra.

Adam ·

Dink jy nie hulle sou dan eerder deur die korrekte forums kriminele klagtes aanhangig laat maak het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.