Wantrouemosie: LP’s se stemme ‘onmoontlik om te bepaal’

Die lokaal in die parlement word voorberei vir die geheime stemmery (8 Augustus 2017). Foto: Twitter via @ParliamentofRSA

Die parlement het Woensdag gereageer op berigte dat die regerende party ANC-LP’s wat verlede week saam met opposisiepartye vir die mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma gestem het, wil dissiplineer.

Volgens die wetgewer is daar geen manier waarop daar bepaal kan word hoe ʼn betrokke LP gestem het nie. “Die parlement neem kennis van ʼn openbare debat oor hoe sekere LP’s tydens die mosie van wantroue op 8 Augustus gestem het,” het die parlement gesê.

“Die parlement wil graag weer bevestig dat al die nodige maatreëls in plek was om te verseker dat die integriteit van die geheime stemproses nie in gedrang geplaas word nie en daarom is die identiteit van dié wat gestem het, onmoontlik om te bepaal.”

Minstens 26, maar tot soveel as 35 ANC-LP’s het teen party-instruksies gegaan deur die mosie te ondersteun wat deur die opposisie gebring is nadat Zuma vir Pravin Gordhan as minister van finansies in die pad gesteek het. Die ANC in KwaZulu-Natal het dissiplinêre klagtes teen senior LP Makhosi Khoza ingedien, nadat sy in aanloop tot die mosie gesê het sy sal met haar gewete stem.

Gordhan het dieselfde gedoen, asook voormalige minister Derek Hanekom en ANC-LP Mondli Gungubele.

Gungubele het ʼn voorspelling deur die Umkhonto weSizwe Militêre Veterane Vereniging dat hulle beboet sal word vir hul uitsprake ontken en aan die media gesê die stemproses is ʼn geheim en niemand sal weet wat hulle gestem het nie.

Die parlement het gesê die enigste drukwerk op die stempapier was ʼn verifikasiestempel en die drie opsies wat gemerk kon word, naamlik ja, nee en bly buite stemming.

“Om die maksimum geheimhouding van die proses te verseker, is geen toestelle in die stemhokkie toegelaat nie, fotograwe met zoemlens-kameras is gevra om die galery te ontruim en die parlement se kamerabeheerders is aangesê om nie op die stemhokkies te fokus nie.”

Die parlement het gesê die stembokse is in argiefbokse agter slot en grendel gestoor en kon net oopgemaak word op opdrag van die speaker of ʼn hof.

Zuma het die mosie van wantroue met 198 stemme teen 177 oorleef. Nege LP’s het buite stemming gebly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

NICKEY ·

Wat het geword van vryheid van spraak… Diktator de lux,,,, alle Afrika state is dieselfde.
Nommer een hoef nie alles te weet nie,, hy moet net alles eet.

Chrisjan ·

Ooooo ek hou daarvan as die anc’s mkaar so in die tande skop.Hulle moet net REGTIG aan mekaar spring!

cor ·

Ja die klomp geraas makers het die kat in die duiwe hok gegooi en die duiwe het nie eers gefladder nie. Nou probeer hulle visvang sonder aas maar met n geraas en bespiegel maar wie dit moontlik mag wees . So dreig hulle en die ouens met n gewete bewe nie eens nie.

Mosquito ·

Die wantroue in die ANC geledere bly groei, hoop dit loop uit op meer struwelinge, die hele sirkus draai om geld.
Hierdie stemmery kos ook geld ja trokke vol geld.

jack daniel ·

Integriteit? Hahaha. Weet hul wat dit beteken? ?.
Als in die berig is teen die Human Rights. Elke ou is geregtig om sy eie besluite te neem. Freedom! Free but lekke dom! Diktator ship is die regte woord!

Domvraag ·

Hoe pateties as Zuma verwys na die anc grondwet waaraan LP’s moet voldoen en hy die land se grondwet ignoreer en as ondergeskik beskou. Is dit arrogansie of daadwerklike probleem van begripsvermoë..wat is dit wat die Prez nie verstaan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.