Wapenamnestie ‘misleidend en ’n klug’

(Argieffoto: SAPD, Facebook)

Die wapenamnestie wat op 1 Desember vanjaar afskop en vir ses maande volgehou gaan word, is “misleidend en ʼn klug”.

Só sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. Volgens Groenewald sal misdadigers in werklikheid nie hul vuurwapens inhandig nie aangesien die wet bepaal dat alle vuurwapens wat ingedien word ballisties getoets moet word. Indien die vuurwapen vantevore in ʼn misdaad gebruik is, sal die misdadiger vervolg word.

“Die gevolg is dat net wetsgehoorsame vuurwapeneienaars wie se wapens om die een of ander tegniese rede ingevolge die wet onwettig geraak het, dit sal indien,” meen Groenewald.

Maroela Media het vroeër berig Bheki Cele, die minister van polisie, het Donderdag tydens ʼn mediakonferensie gesê vuurwapens is dié instrument wat die meeste gebruik word wanneer misdade, en veral geweldsmisdade, gepleeg word. Dit is ook die rede hoekom Suid-Afrika se misdaad‑ en moordsyfers so hoog is. Die amnestietydperk van ses maande is volgens Cele daarop gemik om die aantal onwettige wapens in private besit te verminder.

Die afkondiging van amnestie vir onwettige vuurwapens om ingedien te word is in die Staatskoerant geplaas.

Groenewald wys egter daarop dat daar gedurende twee vorige amnestietydperke in 2005 en 2010 geen enkele vuurwapen ingedien is wat in ʼn misdryf gebruik is nie. Volgens Groenewald dien dit as bewys dat misdadigers nie hul vuurwapens sal indien en hulself sodoende onder verdenking sal bring nie.

“Die tersaaklike kennisgewing in die Staatskoerant is uiters gebrekkig en misleidend. In die eerste plek is daar ʼn bepaling wat lui dat ʼn persoon ʼn vuurwapen kan indien en dan terselfdertyd aansoek kan doen om die herlisensiëring van die vuurwapen.

“Die voorwaarde is egter dat só ʼn persoon moet kan aantoon dat hy wel die wettige eienaar van die vuurwapen was. Dit beteken die doel van die amnestie is eintlik om vuurwapeneienaars te teiken wie se lisensie verval het waar nie betyds aansoek gedoen is om hernuwing nie,” wys Groenewald daarop.

Volgens Groenewald het Cele die kennisgewing op 28 Augustus vanjaar geteken. Dít nog voordat die polisie se parlementêre portefeuljekomitee dit goedgekeur het. “Dit is dus ʼn verouderde kennisgewing en na die VF Plus se mening eintlik onwettig,” sê die partyleier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Willebees ·

Is ‘n “Permit” nie tydelik en ‘n “Lisensie” permanent nie? Net wetsgehoorsame mense sal hulle in elk geval aan die amnestie steur, derhalwe dien dit eintlik geen doel anders dan om ‘n papieroorlog en ‘n Babelse verwarring te skep nie.

Martin ·

Stenig my maar. As vuurwapen eienaar is dit jou eie verantwoordelikheid om jou lisensie te hernu. Ons doen dit jaarliks met ons voertuie. Ek het nie ‘n probleem nie, al my lisensies is hernu. Sonder enige probleme,

Judge Dredd ·

Ja kar lisensie is maklik om te hernu – vuurwapen lisensies is daar baie mense wat meer as 90 dae voor lisensie verval aansoek gedoen het vir hernuwing – net om jare later nog te wag…..

So wat nou ?

Disselboom ·

Teoreties maklik ja. Maar die tyd en aandag daaraan en hoe dit ‘n mens wat op meer fronte besig is om sy bestaan uit te stoei en nie net een of twee dinge net vir sy eie bestaan doen nie, maar wyd betrokke is en wie se tyd deur ongekende rompslomp en onbekwaamheid gemors word, is nie vir almal so maklik nie. Disselboom is stadig met veroordeling van mense wat in die vuurwapenlisensie-knyptang beland het. Gaan beskuldig ook maar die ouers in Gauteng met Gr1 of Gr8 kinders volgende jaar of dit hulle skuld is dat hulle kinders nog nie weet waar hulle volgende jaar skool toe gaan nie?

Henk Ackermann ·

Dit is ongelukkig nie so eenvoudig soos jou kar lisensie nie !

Johan ·

Kan iemand wat die regte feite het net ons kan se wat gedoen moet word, het daai tyd aansoek gedoen vir hernuwering, maar nooit gebeur soos hulle gese het, deur saps per sms laat weet wanneer nuwe lesensie afgehaal moet word nie, was in eerste jaar 3 keer terug by hulle, en elke keer gese dat ek in kennis gestel sal word deur sms nooot gebeur nie, sit met bewys van geweer lesensie waar dit wel gedoen is na 7 jaar se gesukkel

Heinrich van Zyl ·

Johan, doen die moeite en sluit by ‘n vuurwapen vereniging aan.
Hulle sal PRESIES vir jou kan sê wat gaan vir wat.
Jy vra nooit vir advies op sosiale media nie.

Frikkie Geld en huis ·

Dit is Afrika. Die totale onvermoë is skokkend.

Johan ·

Lyk my sal moet doen , was by handelaars en saps gewees, verskillende stories gehad

Karolis ·

Ontwapen die www (wetsgehoorsame wit wapeneienaar) voorlopig vir ingeval die papaja teen die waaier vasgegooi word.

Koosswa ·

Die siniele ou hoedjie het in elk geval geen idee wat om hom aangaan nie. As sy dept saps nie vir hom ore aansit nie sal sy hoed sy oe ook toemaak

hb ·

Ja dis eintlik skokkend om te sien hoe normale logika ontbreek

Vita ·

Wat n groot klug, dink hy nou die rowers bendes en moordenaars hulle onwettige vuurwapens in gee, daar nie manier dat hulle dit sal doen nie, dit asof die min nie dink voor hulle iets se nie

Ek sal nie... ·

As ALLE vuurwapens uit private besit geneem is gaan die misdadigers net oorskakel na handgemaakte vuurwapens, daarna handwapens, daarna klippe. Die misdadiger sal altyd soek vir iets wat hom ‘n voordeel sal gee wat sy teiken nie het nie.
Nee, hierdie is niks meer as nog ‘n poging om die wetsgehoorsame burgers van Suid Afrika te ontwapen nie.

Carin ·

My bevoegdheid het ek wel ontvang, maar die amnestie tydperk hou almal aan ‘n lyntjie. Elke keer word daar gesê ek moet wag vir nuwe wetgewing. Ek persoonlik voel dat ek nie my eie wapen gaan indien nie. Help asb!

Erick ·

gosa.co.za
Gun Owners South Africa. Gaan na hulle toe vir raad. Raak ‘n lid ook, nie duur nie.

Anel ·

Ek is dalk dom, maar ek het nog nooit gehoor van ‘n vuurwspen wat iemand gaan doodskiet nie. Sover ek weet is dit ‘n persoon wat die ding moet hanteer en die daad pleeg. Net soos motors nie mense dood ry nie maar die bestuurder wat die motor bestuur.
So, hoekom vuurwapens uit wetsgehoorsame mense se besit verwyder?
Verder, hoe gaan SAPD die wapens beveilig as hulle nie eens hul eie wapens kan beveilig nie.
Ek sou elke SAPD lid wat dsy wapen verloor, aankla vir poging tot moor. Maar ek wil nog steeds weet hoe verloor mens jou wapen. Nooit van so iets gehoor in my tyd nie. Die min. moet self wakker word.

marous ·

Duisende polisie wapens is weg en hoeveel van hulle is tronk toe ? Nie een nie !

Grysburger ·

GROEN IS GOUD

As jy ‘n lisensie gekry het itv die ou wetgewing is jy nog steeds wettig in besit.

Waar gaan die ou met die mafia uitrusting honderde duisende mense toesluit as hulle hom die middelvinger wys? Wie gaan hy stuur om hulle te arresteer? Hulle het dan nooit vangwaens om uit te stuur na ‘n misdaad toe nie.

Gaan hulle die wat nie hul lisensies hernu het nie, toesluit saam met die wat nie hul etol betaal het nie?

Heston ·

They can have my gun…when they take it from my cold dead hand…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.