Wapenamnestie skop in Desember af

Bheki Cele. (Foto: Henk Kruger/ANA)

“Die enigste persone wat vuurwapens behoort te dra is die polisie en die weermag. Dit is die ideale situasie waarheen ons werk, maar Suid-Afrikaners leef tans in vrees as gevolg van die hoë geweldsmisdaadsyfer in die land.” So sê Bheki Cele, die minister van polisie.

Tydens ʼn konferensie Donderdag in Centurion het Cele gesê dat die Suid-Afrikaanse polisie tog hierdie ideaal gaan nastreef, daarom dat wapenamnestie op 1 Desember vanjaar gaan afskop en vir ses maande volgehou gaan word.

Volgens Cele is wapens die werklike vyand van die Suid-Afrikaanse gemeenskap. “Vuurwapens is dié instrument wat die meeste gebruik word wanneer misdade, en veral geweldsmisdade, gepleeg word en is die rede hoekom Suid-Afrika se misdaad‑ en moordsyfers so hoog is.”

Die amnestie‑periode van ses maande is volgens Cele daarop gemik om die aantal onwettige wapens in private besit te verminder.

Sedert die begin van Oktober is 2 000 vuurwapens reeds uit “die verkeerde hande” geneem, met meer as ʼn duisend van hierdie vuurwapens wat in Gauteng afgevat is.

“Verlede maand het die polisie sowat 20 000 onwettige vuurwapens vernietig waarop verlede jaar tydens polisieklopjagte beslag gelê is.”

Cele sê verder dat vuurwapeneienaars wat nie hul lisensies hernu het nie, om welke rede ook al, van die geleentheid gebruik moet maak om hul wapens in te gee. “Mense met lisensies wat verval het, moet hul wapens inhandig ingevolge die Wet op Beheer van Vuurwapens van 2000. Hulle moet ook hul vuurwapens ingee om vir ʼn nuwe lisensie aansoek te kan doen.”

Persone wat hul wapens wil ingee of aansoek doen om ʼn nuwe lisensie, moet hul wapens persoonlik by enige amnestiekantoor gaan ingee. Die persone moet dan binne 14 dae aansoek doen om ʼn nuwe lisensie.

Die polisie verloor wapens

(Foto: SAPD)

Volgens adv. John Welch, die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Geweereienaarsvereniging (SAGV), is die meeste vuurwapeneienaars huiwerig om hul wapens aan die polisie te oorhandig, omdat die polisie wapens verloor. Volgens Welch het daar die laaste vyf jaar sowat 4 500 vuurwapens en 9,5 miljoen rondtes ammunisie by polisiestasies reg oor die land weggeraak.

“Slegs vanjaar het daar 500 wapens uit polisiestasies verdwyn,” sê hy.

Cele het egter daarop geantwoord dat daar verskeie maatreëls ingestel gaan word om dié probleem te bekamp.

In sy toespraak sê hy dat voorsiening vir nege sentrale stoorfasiliteite in elke provinsie gemaak sal word.

Die offisiere wat die vuurwapens hanteer wat ingegee word, moes ook deur strenger keuringsprosesse gaan en aan sekere kriteria voldoen. Slegs offisiere wat aan hierdie kriteria voldoen het, is aangestel om vuurwapens wat tydens die amnestieperiode ingedien word, te hanteer.

Cele sê elke wapen sal ook nagegaan word om te verseker dat die wapens nie gebruik is om enige misdade in Suid-Afrika te pleeg nie. Skuldiges sal ook vervolg word, sê hy.

Volgens Cele is daar tans sowat 450 000 onwettige wapens in Suid-Afrika, omdat hul eienaars se lisensies al verval het.

Onduidelikheid oor die wette

(Foto: SA Polisie)

Daar heers tans groot onsekerheid oor vuurwapenlisensiëring en ‑wetgewing in Suid-Afrika, sê Welch.

Vroeër jare, verduidelik hy, het mense een keer vir ʼn wapenlisensie aansoek gedoen, maar met nuwe wetgewing moet vuurwapeneienaars nou elke drie jaar hul lisensies hernu, as dit ʼn vuurwapen is wat gebruik word vir selfverdediging, en elke vyf jaar, as die ʼn vuurwapen ʼn jaggeweer is.

“Dit veroorsaak reeds verwarring en baie mense vergeet om hul lisensies te hernu,” sê hy.

Die groot struikelblok, meen Welch is egter dat ʼn hofuitspraak van 2009 geweereienaars beskerm as hulle “wit” lisensie verval, maar hulle steeds ʼn groen lisensie het, wat geldig is onder ou vuurwapenwetgewing voor 2009. Die groen lisensie is nie veronderstel om meer van toepassing te wees nie.

“Die nasionale polisiekommissaris het ʼn direktief uitgereik dat jy nie meer kan terugval op jou groen lisensie nie, maar dit is nog nie in plek gestel nie en daar is tans ʼn groot verskil van mening onder regsgeleerdes wat dit betref,” sê hy.

Hierdie saak, meen Welch, is die afgelope tien jaar al in verskeie howe geopper.

Vuurwapeneienaars is ook bekommerd oor die strydigheid van die amnestie. Die SAGV het vroeër ʼn hofbevel bekom om die polisie te verhinder om op vuurwapens waarvan die lisensies verval het, beslag te lê.

Cele sê talle hofsake is ook al oor die saak geopper. “Ek is nie ʼn prokureur nie, maar soos ek dit verstaan het die Grondwethof gesê die polisie mag wel op hierdie vuurwapens beslag lê, terwyl die hooggeregshof sê dit mag nie gebeur nie. Dus nooi ons juis mense uit om self hul wapens te kom ingee.

“As jy jou geweer ingee, veral een wat oorspronklik wettig bekom is, kan jy om die hernuwing van jou lisensie aansoek doen, maar ons gaan eers die geweer moet ondersoek voor ʼn lisensie weer uitgereik gaan word,” sê Cele.

Welch meen egter dat ʼn vuurwapenlisensie, sou dit al verstryk het, steeds soos in die geval van ʼn karlisensie hernu kan word, met ʼn boete daarby. “Dit staan so in die lisensiehernuwingsaansoekvorms, maar dit word nêrens in Suid-Afrika toegepas nie.”

Welch sê amnestie is eintlik ingestel sodat kriminele hul wapens kan ingee. “Dit gaan nie gebeur nie,” voeg hy by.

ʼn Land sonder wapens

Van die vuurwapens en ammunisie waarop daar beslag gelê is. Foto: SAPD

ʼn Groot meerderheid van wapens wat onwettig is, is vuurwapens wat tydens huisbrake gesteel is.

Cele sê dat die polisie vanjaar ʼn geval in Port Elizabeth gehad het waar 187 gewere uit ʼn geweerhandelaar se winkel gesteel is. Die eienaar was vermoedelik in die hospitaal en een van sy werknemers het die gewere aan enige belangstellende persoon verkoop.

Van die gewere, sê Cele, kon sover as Kaapstad opgespoor word. “As daar nie geweerwinkels in Suid-Afrika was nie, sou daardie 187 vuurwapens nooit in die verkeerde hande beland het nie. Deur hierdie amnestie aan te bied en te versoek dat wapens ingegee moet word, werk ons na ʼn veiliger Suid-Afrika.”

Die minister het egter gewaarsku dat die mense wat nie hul onwettige wapens ingee nie, steeds met die owerhede te doen sal kry. “Ons sal van deur tot deur gaan as dit nodig is, maar ons sal al die onwettige wapens kry. As hierdie amnestietydperk verstryk, sal ons geen genade betoon nie.

“Ons almal moet saamwerk aan ʼn geweervrye Suid-Afrika.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Sakkie ·

Mnr Cele . Doen jou huiswerk voor jy openbare stellings maak van wat moet en moet nie gedoen word ivm vervalde lisensies nie. Julle mikpunt is nog altyd om die publiek te ontwapen. Nog ‘n vraag Mnr. Cele. As jy deur studie ‘n graad van enige aard verwerf het en erkenning gekry het, verval so ‘n graad na ‘n tydperk of nie. Nee dit verval nie. Hoekom verval jou vuurwapen bevoegdheid wat jy betaal en verwerf het? Die publiek is nie so onkundig soos sekere mense reken nie.

Chris ·

Jy is 100% reg Sakkie. Mnr Cele en 90% van sy polisiemag is onbevoeg om die publiek teen kriminele te beskerm, die publiek is dus self daarvoor verantwoordelik. Vuurwapens is ‘m baie effektiewe hulpmiddel.
SAPS is verder totaal en al onbevoeg om die huidige vuurwapen wet te administreer. Dit het tyd geword dat die publiek aandring op ‘n onafhanklike instansie om wettige vuurwapens te beheer en te administreer. Dit sal SAPS meer hulpbronne gee om onwettige vuurwapens te beheer.

Hannetjie ·

Hierdie is nou weer om mense te ‘ontwapen’!!Waarom is daar nie ondersoeke na waar derduisende vuurwapens wat reeds ingegee was jare gelede
weggeraak het nie?Selfs polisielede is agtelosig en ‘verloor’ hulle wapens.En met die ‘diens’ wat gelewer word om wel wapenlisensies te laat hernu…laat veel te wense oor

Daan ·

As die SAPS met hulle werk doen soos hulle veronderstel is dan sal dit nie nodig wees vir vuurwapens nie. Ons vra julle om misdaad af te bring dan antwoord julle nee. So ek sal my vuurwapen te alle tye dra

johan II ·

100% Daan. Wat n klomp nonsens praat die ou, hy trek nog soos n skurk aan ook.

Chris ·

Cele te same met die regering wil landsburgers ontwapen
Die rowers is nog steeds gewapen en die Polisie sleep voete as blankes by gestaan moet word
Ons die getroue landsburgers wat die regering sowel as die Polisie se loon betaal

Piet parys ·

So Cele is jy net bloot onkundig oor al die duisendevuurwapens wat polisielede laat weg raak of hou jy maar net dom . En jy kla jy oor die wat in wapenwinkels wegraak of onwettig verkoop word deur werkers. So ek stel voor as wapens verbied word dan kry die polisie vir hulle knuppels en peppersproei. Want as daar nie meer vuuurwapens in die land is nie waarvoor het die polisie dit dan nodig . Meeste van die nuwe polisie lede is mos van afrika so gee hulle n knop kierie waarmee hulle groot geword het .

Werner ·

Probeer wapens blameer om hul onbevoegdheid weg te steek droom lekker voort julle sal niks van my kry nie wil ons net ontwapen om met ons te maak wat julle wil

Tresia ·

Cele Jy droom hoe op dese aarde kan jy wapens die skuld gee vir misdaad dit is mense wat die misdaad pleeg en as jy vuurwapens wegvat gebruik hulle messe of klippe of kieries dit is ook gewoon onwaar dat die vuurwapens in die meeste gevalle in misdaad gebruik word , Nee wat jou debat vat nie grond nie kan jy dink hoe misdadigers op ons gaan toesak as hulle weet ons is ongewapen. Myne sal ek hou binne die raamwerk van die wet ,maar as julle die wet so verander dat ek nie n wapen mag besit sal sal ek strymaak.

Marius ·

Die laaste wat ek van weet is dat die werkgroep tot middel volgende jaar het om te bepaal wat met die wapens gebeur wat nie betyds gelissensieer is nie. Waar kom die klomp strooi nou vandaan

Vita ·

Min wat van die rowers en moordenaar wat buite loop met vuurwapens, hoekom vra hy hulle nie mooi asb bring julle onwettige wapens in, die man dink nie voor hy praat nie

JohanR ·

Maar ou Cele jy met die hoed as die wapens ingehandig word, gee die polisie dit maar net weer vir die bende. Hoe nou ou Cele met die hoed op? Dink jy die boere moet hulle wapens inhandig ou Cele met die hoed op? ‘n Paar van hulle word al klaar elke week afgemaai. Moet hulle dan niks he om hulself meer te verdedig, dan die polisie bel as hulle aangeval word, en dan vyf ure wag voordat die polisie opdaag. Ek dink die ANC lewe in ‘n droom wereld….la la la la la la!

Andre Stander ·

Cele wat so tekere gaan oor 187 wapens wat krimineel verkoop was – maar downplay so mooi die meer as 4500 wapens wat die polisie al verloor/verkoop/misplaas het…

Jy is reg Cele – jy is nie n prokureur nie. En sover ons weet hou jy geen professionele kwalifikasie nie. Kom ons laat dit daar…

Kolonel ·

Ons moet almal saamwerk aan ‘n MISDAAD vrye Suid-Afrika. Gaan eerder deur tot deur en sluit die KRIMINELE toe.

GV ·

As jou wapenlisensie verval het sluit asb aan by GOSA (Gun owners Sa )
Die manne doen goeie werk.
Moenie net jou wapen ingee nie.
Daar is seker ou lisensies wat nog geldig is.

piper ·

ek wonder hoe lyk die weermag se skietgoed en petrone registers.

corne ·

En wie gaan my en my gesin veilig hou die sapd of weerman ag asb tog gaan slaap en droom n ander droom

Burger ·

Gaan Cele die 400 000 plus mense wie se lisensies verval het tronk toe stuur? Die huidige tronkbevolking is 160 000 so Cele en Gun Free South Africa sal moet begin tronke bou. Gun Free South Africa moet maar gaan geld bedel by hulle finansierder, George Soros.

Johan ·

Cele, jou MA man! Solank as hierdie land onder ‘n terroriste, kommunistiese regime staan SAL ek wapens besit en dra!

Lisabon ·

Gaan soek eerder al daai wapens wat uit polisie kantore “verdwyn” het

Johan ·

“Die wapens sal ondersoek word om te kyk of dit nie betrokke was by n misdryf nie”Wie wat n ander persoon geskiet het gaan sy wapen inhandig???????Dan hoe gaan julle duisende wapens toets balisties as howe maande,jare moet wag vir uitslae met enkele wapens????NARRE!!!!

Jan ·

Wat n idioot so dan moet karre van die pad af want hulle maak ongelukke en mense gaan dood……die anc weet hulle maak droog nou is die verskoning om mense te ontwapen

Wouter ·

Go and look first for the guns which your cops have dished out.

Feite ·

Hier kom n polisiestaat soos in die res van afrika, maar spesifiek soos zimbabwe, indien cele sy sin kry. Finansieel raak die ANC desperaat en n desperate ANC is n gevaarlike ANC. Hoe gaan Suid Afrikaners hulle grond, eiendom, besittings en swaarverdiende geld beskerm teen n polisiestaat?

Cherokee ·

Julle met vuurwapens waarvan die lisensies verstryk het, moet nie naïef wees en halsoorkop vuurwapens inhandig nie. Hou dit in jou kluis. Dit mag nie gekonfiskeer word nie. Wag totdat die hofsaak voorkom wat daaroor sal beslis. En as jy ‘n groen lisensie daarvoor het, kan jy dit steeds dra en ammunisie koop. Fotostateer jou lisensie, laat dit bevestig word met ‘n polisie stempel en lamineer dit. Dan kan jy jou oorspronklike lisensie(s) in die kluis bewaar. Ek herhaal.. moet nie halsoorkop handel nie. Besoek https://www.facebook.com/groups/gunownerssa/ en vra advies as jy dit nodig het.

Cherokee ·

En moet nie toelaat dat Cele jou ore aansit en sê jy moet jou vuurwapen ingee en (na dit getoets is) kan jy aansoek doen vir ‘n ander een. Hy laat dit klink asof ‘n ander een default sal wees. Moet dit nie glo nie. Dit is nie gewaarborg dat jou volgende aansoek goedgekeur sal word nie. Geen waarborg.

Cherokee ·

As jou wit lisensie verval het en jou vuurwapen is in ‘n kluis, hou steeds jou bevoegdheidsertifikaat op datum.

Anton ·

Mnr Cele, leer asb die wette wat jy in publiek kwoteer. ACt 60 of 2000 is daar geen lisensie wat 3 jaar geldig is nie. Self verdediging is 5 jaar. Jag ens sec15 is 10jaar. Top cop weet nie wat sy werk is nie.

Chris Ws ·

Anton ek wou ook weet waneer die tydperke vir lisensies van 5 jaar na 3 jaar vir self verdedigingwapens en van 10 jaar na 5 jaar vir gewere verander is.Dis die eerste wat ek van so iets hoor en in hierdie berig word dit genoem.Ek werk steeds op die verval datum op my wit liesensie kaarte.

Cherokee ·

Anton, wys asseblief uit waar die hoed gesê het dat dit 3 jaar is en nie 5 jaar nie. Ek weet nie of Welch ook ‘n hoed dra.

Chris ·

I would suggest all machetes, knifes and other weapons should also be handed in. The law must also be changed that when criminals attack people… .they may not come in crowds of 4-6 and only one or two.

And then we will still not do it……because it’s not the guns own by the tax paying citizens ……but the 20 000 000 criminals in this country. They are almost never arrested. …….so how did he “Cele” come up with he’s magic words.

Cele………..jy moet gaan le! Jy maak geraas.

chrisjan ·

Die minister Cele leef in ‘n droom wereld.hy is net daarop uit om wetsgehoorsame blankes te ontwapen want hulle (anc) is vrek bang.
‘n Vuurwapen kan nie homself op iemand rig en afvuur nie.Die dra en verkoop van ALLE messe moet ook dadelik verbied word.Hoeveel moorde word gepleeg met messe?Ons kort bietjie statistiek daaroor.
Dan van waneer af is die vuurwapen lisensie geldigheids periodes verander?My hand wapen se lisensie is volgens die lisensie kaartjies steeds geldig vir 5 jaar en nie 3 nie en my geweer sin 10 jaar en nie 5 nie.Kan iemand dalk duidelikheid hieroor gee?

Cherokee ·

Kan iemand duidelikheid gee hieroor? Natuurlik.. wapens vir selfbeskerming se lisensies is geldig vir 5 jaar en vir sportdoeleindes 10 jaar.

Deloris ·

En hy trek so aan… ???? Moet n SAP hoe profile persoon so aantrek? Skaam my dood! Gaan terug drawing board toe meneer.

Grysburger ·

Gaan Cele die 400 000 plus eienaars wie se lisensies verval het almal tronk toe stuur? Suid Afrika se tronkbevolking is 160 000 gevangenes, so hy en Gun Free South Africa beter tronke bou. Gun Free South Africa sal baie fondse vir die bouprojek gaan bedel by George Soros.

Cherokee ·

Grysburger, moet noe oordryf nie, asseblief. Nêrens is ooit gesê dat ‘n vervalde vuurwapenlisensie tronksake is nie. Jy probeer die mense erger op hol jaag as die hoed.

Sam Brookes ·

Bheki Cele is so onbeholpe , net soos die res van sy makkers in die ANC> In sy toespraak noem hy hoe effektief dit was om klopjagte uit te voer om onwettige wapens te konfiskeer. Mens wonder hoe wettig hierdie klopjagte was. Het hulle lasbriewe gehad om al die huise te deursoek? Wanneer gaan hulle aan my deur klop en ‘n klopjag uitvoer sonder ‘n lasbrief? Polisiestaat in wording. En Cyril Rampokker is stil …

hercu ·

Gen/Mnr/Agbare Bheki Cele is net nog ‘n nar in die grootste sirkus in die wêreld!!..

doen jou huiswerk mnr Cele, 95% van jou sge SAPD lede is onbevoeg, ongeskool en korrup soos gister weer bewys is met ‘n gewapende roof in Nigel!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.