Wapenarsenaal in Springs-huis gevind

Argieffoto ter illustrasie.

Argieffoto ter illustrasie.

Beamptes van die polisie en Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) het Dinsdag op ʼn arsenaal wapens by ʼn huis in Springs aan die Oos-Rand afgekom.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder van Gauteng, het gesê die polisie het ʼn wenk van die publiek ontvang en opgevolg voordat die metropolisie se honde-eenheid op die huis, in die Strubenvale-woonbuurt, toegeslaan het.

“Die eenheid het toegang tot die perseel verkry en dit deursoek. Die arsenaal wapens is in die motorhuis gevind. Die polisie het beslag gelê op twee .303-gewere met twee magasyne, meer as 101 patrone vir verskeie soorte gewere, vuurpyllanseerders, sowel as ʼn glimmer- en koeëlvastebaadjie van die polisie,” het Dlamini gesê.

Dlamini het gesê dit is nie duidelik hoekom die wapens en ammunisie in die huis aangehou is of waarvoor dit gebruik sou word nie. Ondersoek word ingestel om dit te bepaal.

ʼn 46-jarige man, wat op die perseel was, is in hegtenis geneem in verband met die oortreding van die Wet op Plofstowwe en die Vuurwapenwet. Hy sal binne 48 uur in die Springs-landdroshof verskyn. Meer inhegtenisnemings word verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

GP ·

Ja nee kyk Johan. Dan wonder ek wat sal gebeur as hulle op n plaas of twee in die noorde gaan inloer. Opskrif sal seker ” Arsenaal wapens vir derde wereld oorlog gevind” schmucks.

lourens kriel ·

Gelukkig het hul nognie by my uitgekom,as hulle my SK90grade kry dan sluit hul my toe en gooi die sleutel weg,biy aub stil!

Grassie ·

Ag siestog – wat ‘n arsenaal! Twee antieke gewere en ‘n vuurpyllanseerder, wat in elk geval net ‘n stuk pyp is. Ek glo nie daar was ‘n vuurpyl by nie anders sou dit met groot fanfare gesê gewees het. ‘n Mens kan darem seker iemand oor die kop mo(k)er met die pyp.
Dit is reg dat ongelisensieerde wapens opgespoor word maar hierdie was nou nie ‘n wafferse fonds nie.

Sarie ·

Wie se dit is ongelisensieerd? Dit word nerens in die berig genoem nie

Toffie ·

Ja nee, dis nou nie juis ‘n wafferse arsenaal nie. Dit sal wel interessant wees om meer detail hieroor te weet, soos watter model vuurpyl lanseerders daar is – ‘n WW2 Panzerfaust skets ‘n ander prentjie as ‘n RPG lanseerder.

cobus van niekerk ·

ja nee n antieke roer in die regte hande is meer werd as n nuwe roer in onbekwaamde hande.snaaks dat daar soveel vrees vir n minderheids groep bestaan…wonder maar net

Scalla ·

Ek stel voor die skrywer van die berig gaan kyk in die HAT na die betekenis van n arsenaal, n paar van ons gelisensieerde vuurwapen eienaars is dus nou miljoeners

Sune van Heerden ·

Dagsê Scalla

Dankie vir jou terugvoer. Volgens die HAT is ‘n arsenaal ‘n “plek/gebou waar wapens/krygsvoorraad gehou word”. Die hoeveelheid wapens of tipe wapens word nie gemeld nie. Ons het lt.kol. Lungelo Dlamini direk aangehaal, hy het self die begrip “arsenaal” gebruik.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê Diana

Dankie vir jou terugvoer. Volgens die HAT is ‘n arsenaal ‘n “plek/gebou waar wapens/krygsvoorraad gehou word”. Die hoeveelheid wapens of tipe wapens word nie gemeld nie. Ons het lt.kol. Lungelo Dlamini direk aangehaal, hy het self die begrip “arsenaal” gebruik.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Ben Prinsloo ·

GP wat wil jy nou eintlik vir ons sê. Dink mooi voordat jy sulke aannames maak ou maat.

danie ·

Toe ons destyds van die grens af gekom het moes ons al ons ” SOUVENEERS” inhandig, dit was n arsenaal . Ek sal nie eers die kafee op die hoek aanval met die arsenaal nie

Sune van Heerden ·

Dagsê Danie

Dankie vir jou terugvoer. Volgens die HAT is ‘n arsenaal ‘n “plek/gebou waar wapens/krygsvoorraad gehou word”. Die hoeveelheid wapens of tipe wapens word nie gemeld nie. Ons het lt.kol. Lungelo Dlamini direk aangehaal, hy het self die begrip “arsenaal” gebruik.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

CHRISTA ·

As dit ‘n arsenaal is, wat noem hulle die duisende wapens en ammunisie wat die POLISIE jaarliks “verloor”?

snoefie ·

die sapd gaan altyd na n huis en vind n “arsenaal.”sulke onwrikbare fondse is soos wanneer n Boer aartappels geplant het en presies weet waar om dit te gaan opgrawe.

Manie ·

Almal praat altyd oor die bevinding. Maar wat van die skinderbekke wat altyd almal weggee en verklap. In die geval weereens n vriend of iemand wat jaloers is of was. Gin worder ons land is so verraai daai tyd en elke dag nie. Ons boere kan mos nie die son sien skyn oor n ander nie. En dit is die ryne waarheid. Julle kan se net wat julle will. KLAAR GELAG

Kobus 4e ·

Manie, ek sien nie hierdie geval as die son oor iemand skyn, en dit wegvat nie. As ons wil kla oor “party” mense wat onwettige vuurwapens het, maar ons kla as ander se onwettige vuurwapens uitgewys word, dink ek ons op die kruks van die land se probleme af gekom het. As almal by die wette hou sal dit wonderlik wees, maar dit is nie moontlik nie, ek weet. Dit gee egter niemand die reg bo ‘n ander persoon om ONWETTIGE wapens te he nie. As “Jonas” nie onwettige wapens mag he nie, mag “Koos” ook nie onwettige vuurwapens he nie. Wie mag dan wat onwettig he?

henk boshoff ·

Daar word,gerieflikheidsonthalwe,nie genoem watter vuurwapens gelisensieer is nie,ek beskou vir seker nie traangas as n arsenaal nie.Sonder n lanseerder is dit nutteloos.Dit is wel so dat van die items onwettig is.Dit is onverantwoordelik om sulke items in jou besit te he.Hou maar liewer by die wette in verband met vuurwapens

Delta Mike ·

Net n bietjie verdere inligting vir almal wat kommentaar gelewer het, een van die grootste redes hoekom die “arsenaal” so n groot “vonds” was is dat van die ander “onwettige” items gevind nie in die foto gewys word nie. Die koeelvaste baadjie waarna verwys word is ook nie net n gewone SAPS baadjie nie, lyk meer of dit n SAPS Spesiale Taakmag baadjie is. Die ander items nie gewys, hmmm kom ons se maar net ek sou glad nie omgee vir sulke speelgoed nie.

NICKEY VAN NIEKERK ·

Wat maak iemand met die skietgoed? Kan dalk net aangewend word as jy omsingel word…………. maar jy mag nie net skiet nie/ eers vra of jy kan help, nadat daar in jou huis ingebreek word

Alan Martheze ·

Lovely Photostock picture there of an American -made “LAW” anti-tank rocket launcher….are you serious? How did they find one of those? Was there one in the stockpile? …..I think NOT…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.