Wapens, ammunisie by hospitaal gevind

Vuurwapens en ammunisie is Sondag by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto gevind.

Veiligheidswagte was vroegoggend besig met hul rondes by die hospitaal toe hulle in onbewoonde dokterskwartiere op die vuurwapens en ammunisie afgekom het. Die dokterskwartiere gaan binnekort opgeknap word.

Daar is op drie 9 mm-pistole, 47 koeëls, twee pepersproeihouertjies, twee stelle handboeie, ʼn polisieglimbaadjie en ʼn polisiepet afgekom. Die polisie in Diepkloof stel ondersoek in oor hoe die vuurwapens en ammunisie in die hospitaal beland het.

Jacob Mamabolo, waarnemende LUR vir gesondheid in Gauteng, het sy kommer oor die voorval uitgespreek.

“Dit is uiters kommerwekkend dat ’n onverklaarbare verskeidenheid wapens en ammunisie gevind is in ’n ruimte wat bedoel is om na die gesondheidsorg van pasiënte om te sien. Ons doen ’n beroep op die polisie om agter die kap van die byl te kom en te verseker dat indien hierdie wapens gebruik is om enige misdade te pleeg, die verantwoordelike persone aan die pen ry,” het Mamabolo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nie Verbaas ·

Dit wys maar weereens net hoe blatant ons mede burgers raak. LUR bekommerd, so ook is ons maar glad nie verras nie.

Chris dupreez ·

Kommerwekkend, sê die LUR, bwa haa haa, dit is die norm, in julle geledere. Waar kom die polisie items vandaan ? Dit wil voorkom daar is meer kriminele in die polisie as daar buite

JohnnyS ·

Ironies dat staat nou juis weer wetsgehoorsame burgers teiken wat slegs “ou groen” lisensies het. Die meeste van die mense, bykans 800 000 vuurwapens, is pensionarisse wat nie die bevoegdheid proses en her-lisensieering proses kan bekostig. Maar polisie wapens en toerusting lê sommer rond.

Werner ·

Aangesien dit polissie vuurwapens is hoef die polissie nie ver te soek na die skuldiges nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.