Wapens by weermagbasis gesteel

Die kiste waaruit die wapens gesteel is. (Foto: Facebook)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) ondervra tans moontlike verdagtes nadat daar Maandag by die Lyttelton-weermagbasis in Pretoria ingebreek en vuurwapens gesteel is.

Kobus Marais, die DA se skaduminister van verdediging en militêre veterane, het Dinsdag in ’n verklaring gesê minstens 19 R4-gewere is in die inbraak gesteel.

Marais sê dit is absurd om te dink dat toegang tot ʼn sogenaamde hoogs beskermde militêre fasiliteit verkry kon word waar ammunisie van dié aard in ’n kluis gehou word. Volgens Marais word dié soort wapens vir uiterste oorlogvoering gebruik.

“Dié soort wapens op straat hou ʼn bedreiging in vir die veiligheid van die burgers en die veiligheid van die republiek,” sê Marais.

Die DA vra nou of die sleutel van die kluis moontlik aan die verdagtes beskikbaar gestel is. Die party wil ook weet waar die basis se wagte ten tyde van voorval was.

“Hierdie rooftog is ʼn verleentheid en ’n simptoom van groter probleme in die SANW,” sê Marais.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.