“Wapens maak nie mense dood nie, mense maak mense dood,” meen AfriForum

Argieffoto

Argieffoto

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag gesê dat die regering se oorweging om weer die vuurwapenbeheerwet te wysig, die wetsgehoorsame landsburger net nog meer aan misdaad sal blootstel en dat dié besluit ʼn emosionele, onverantwoordelike reaksie is.

“Die ANC-regering reageer op emosie na die moord op die Bafana Bafana-kaptein Senzo Meyiwa in Vosloorus die afgelope week. Wapens maak nie mense dood nie, mense maak mense dood,” het Ian Cameron, die hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, gesê.

Cameron sê die regering moet besef dat wetwysigings nie gaan help om misdaad onder beheer te bring nie, maar dat die uitvoering van bestaande wette en die vervolging van misdadigers meer doeltreffend moet wees.

AfriForum het vroeër vandeesmaand ná ʼn PAIA-aansoek, wat ʼn aansoek ingevolge die wet op die bevordering van toegang tot inligting is, by die Suid-Afrikaanse Polisiediens uitgevind dat daar sedert 1 Januarie 2009 sowat 2 300 staatsgeregistreerde wapens as gesteel of verlore aangemeld is.

“Daar is gister beslag gelê op twee R5-aanvalsgewere langs die N1. Dit is polisiewapens wat deur rowers gebruik word. Die polisie en regering moet sekermaak hulle kant is skoon, voordat wetsgehoorsame burgers benadeel word,” het Cameron bygevoeg.

“Die regering moet meer verantwoordelik wees met uitsprake en moet die wette wat tans tot hulle beskikking is reg uitvoer. Sowat 1/3 van die SAPD se beamptes is nie bevoeg om vuurwapens te hanteer nie. Dít moet eerder reggestel word om die polisie op standaard te kry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

anet ·

Afriforum kan ons nie saam staan en vra dat die doodstraf weer ingestel word in suid-Afrika nie ?

Dave ·

Anet, as hier duimop-fasiliteite was het jy my duimop gekry. Dit sal egter nie sò maklik wees want hoeveel Afriforum-ondersteuners dink jy sal ons bymekaar kan skraap vergeleke met ‘n swart massa wat oor die grense stroom vanuit alle hoeke uit Afrika? Dit neig om te klink soos die mense wat in die forums skryf dat die swartes van Bloedrivier vergeet het maar die arme drommels is te stadig om te besef dat dieselfde swartes die weermag (lees leër, vloot en lugmag) plus die res van Afrika en Sjina en Rusland en die res van die Oos-blok plus heelwat lande in die Weste aan hul kant het. Ek meen selfs die moordadige Britanje het die anc gehuisves terwyl hulle as terroriste geklasifiseer was. Dieselfde Ingelse wat plase afgebrand het en mense vermoor het in konsentrasiekampe. So, wiè is regtig aan òns kant? Ons is net so alleen soos Israel!

Ina Smith ·

Stem 100% saam . ‘n vuurwapen of enige wapen is onskadelik totdat ‘n onverskillige persoon dit gebruik .Enige denkbare voorwerk kan gebruik word omiemand mee te vermoor of aan te rand, gaan daar stenger opgetree word teen dronk bestuurders wat iemand se dood veroorsaak of ‘n ongeluk veroorsaak? nee hulle kry weer hul bestuurslisensies en voertuie terug , dit kom op presies dieselfde neer , Die mens is die skuldige nie die vuurwapen of kar nie ..

Eduard ·

Anet.
Dis baie maklik om te se doodstraf moet ingestel word. Het jy al mooi gaan dink wie tereg gestel sal word. Hoe kan jy van n koerupte regeering die mag wil gee om te besluit wie die doodstraf op gele moet word. Dit is baie duidelik dat die regering nie omgee oor die sogenaamde “boere volk” nie daar word derduisende mense dood gemaak gebaseur op ras en dit haal skaars nuus.
Maar n hele wets ontwerp moet gewysig word as dit biekie nader aan die huis kom. Ek sien lankal nie meer kleur nie dit is baie sleg vir enige ras om so in pyn en leiding te leef. Die midaad sal van bo af aangepreuk moet word bv on Presedent en dan die lot onder hom.

Dave ·

Eduard, wat is jou huistaal? Seer sekerlik nie Afrikaans nie, nè!
Ek dink nie enig een sal omgee as jy in jou eie taal skryf nie.. spelling sal makliker wees en jy sal jouself dus beter en duideliker kan uitdruk. Terloops, dit wat jy hier sê, is uiters debatteerbaar. Ek het ook voorheen so gesê maar huldig nie meer daardie opinie want as jy kyk na die tronkbevolking en Suid Afrika se misdaadgeskiedenis dra jou besware teen die hoogste straf nie meer gewig.

Eduard ·

Dave dankie vir die kommentaar. Daar is n baie goeie en geldige rede hoekom ek so spel. My spelling is darm nie die grootste deel van die probleem nie.
Ek is ook nie 100% teen doodstraf nie ek is 100% teen die huidige regeering om dit suksesvol te kan toepas.
BV die twee boere wat aan gekla is nadat hulle die moordenaars van hule bure probeer stop het in n skietgeveg gedood het sal 10 teen een dan die dood straf opgele word.
Ek sê weer eens ek is glad nie teen die doodstaf nie net versigtig om die mag in hierdie mense se hande te sit. My meening staan dan dat doodstraf nie nou die oplossing kan wees nie. Ek is ok van meening dat alle rasse sal moeg word vir die pad wat ons nou op is en dit is waneer die regte tyd is om te kyk na die plan. Rasse staan nog geensins 100% saam nie maar ons is wel op die pad.

Dave ·

Eduard, baie dankie vir jou terugvoering. Dìt, die feit dat jy gereageer het op my opinie is wel dapper en georriënteerd maar dit maak absoluut geen verskil juis omdat jy nou selfs erger spel! En dan sê jy dat daar ‘n ‘baie goeie en geldige rede is’ waarom jy nie eens in jou eie taal ‘n brief kan skryf en jy verskaf nie daardie ‘baie goeie rede’. Ek dink jý is ‘n belediging vir my taal, ek dink jy het geen respek vr Afrikaans en ek sluit my gesprek met jou net hier want as jy te lui is om in jou eie taal te leer spel, te lui is om jou ee taal te ken, te lui is om jou eie taal te respekteer, is jy nie my aandag werd.

Nina ·

Dave, jy het georiënteerd verkeerd gespel. Verder het jy ‘n helse tekort aan nodige leestekens. Ai.

Arnold Bezuidenhout ·

Ons arfrikaners darm, begin by een artikel en kan nie dit afhandel sonder om te stry oor allles wat nie oor die artikel handel nie kon van groottrek nog nooit saam staan nie

piesang ·

Wat is die probleem doodstraf of spelling. Word groot en se dankie daar is ander wat ook n mening lug. Ek stem saam die doodstraf moet terug kom. Maar wie gaan dit toepas en op wie. Weereens wil ons ons self hang en nie die gemors nie.

veronica ·

Sies Dave,! Dit was nou regtig nie nodig om Eduard so aan te vat nie! Wie het jou pap geeet, jong? Almal van ons is nie so sonder foute soos jy nie ! Ag jouself eerder gelukkig omdat jy die gawe het en laat die son so ou bietjie oor ons gemiddelde sukkellaars ook skyn man. Toe? Ek vra mooi? My beskeie mening: as die barbaar jou wil dood maak sal hy! All moet hy ‘n mes of klip gebruik. Dit hoef nie noodwendig ‘n vuurwapen te wees nie. Mense, ons moet ophou om mekaar aan die kele te wil gryp oor onbenulighede! Dis eerder tyd vir saamstaan en mekaar bemoedig. Asb?.

Dave ·

Askies Veronica.. :-) Weet nie of jy dit opgemerk het Nina, maar jy’s heeltemal reg! Sorrie aan jou ook Eduard..! Ek raak net so effe opstandig wanneer ‘n redenasie soos diè van Anet geopponeer word. Annerdag lag en kuier ons weer saam in ‘n ander tema.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.