Wapentransaksie: ‘Nutteloos om verder te krap’

Regter Willie Seriti (regs) en regter Thekiso Musi oorhandig die kommissie se verslag aan pres. Zuma op 30 Desember. Foto: GCIS

Regter Willie Seriti (regs) en regter Thekiso Musi oorhandig die kommissie se verslag aan pres. Zuma op 30 Desember. Foto: GCIS

Die Seriti-kommissie sê in sy verslag oor die wapentransaksie dit sal nutteloos wees om verdere bewyse te soek wat tot strafregtelike klagte sal lei.

Die kommissie beskuldig ook kritici van die omstrede verkrygingsproses van die verspreiding van ongegronde hoorsê. Volgens die kommissie is dit onwaarskynlik dat enigiemand enige bewyse van ‘n misdaad sal vind, weens die tyd wat reeds verby is sedert die verkrygingsproses en aangesien die destydse Skerpioene en ook die Valke daarna geen bewyse kon vind nie.

“Soortgelyke ondersoeke is ook in die Verenigde Koninkryk, Frankryk, Duitsland, Swede en Switserland gedoen en al die sake is reeds jare gelede gesluit, sonder dat strafregtelike klagtes teen enigiemand ingestel is,” lui die kommissie se verslag.

Pres. Jacob Zuma het Donderdag die kommissie se verslag bekend gemaak nadat hy dit reeds op 30 Desember ontvang het. Zuma het benadruk die ondersoek kon geen bewyse vind dat enige senior politici in die regering destyds omgekoop of onbehoorlik beïnvloed is in die keuse van voorkeurbieërs om vegvliegtuie, fregatte, duikbote en vegvliegtuie aan Suid-Afrika te verskaf nie.

Opposisiepartye het die kommissie se verslag intussen as ʼn klug en vermorsing van belastingbetalers se geld bestempel. Volgens die Vryheidsfront Plus, is dit eenvoudig onwaar dat daar absoluut geen ongerymdhede was nie, dat al die vereistes nagekom is en dat al die wapentuig wat aangekoop is ten volle benut word.

Die DA het die kommissie se bevindinge as “uiters teleurstellend” bestempel. Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het in 1999 toe sy nog ʼn LP vir die PAC was, versoek pres. Zuma, sy raadgewer Schabir Shaik en ANC-veteraan Tony Yengeni moet ondersoek word. De Lille het in reaksie op die kommissie se verslag gesê dit is duidelik die kommissie se verwysingsraamwerk is opgestel om die president van enige blaam te onthef.

Die ANC het die kommissie egter geloof vir die “uitputtende” ondersoek en die hoop uitgespreek dat die kwessie nou “tot ruste kan kom”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Anoniem ·

Ja sure…dit maak dit nog net meer agterdogtig. Dink hul regtig ons is so stupid. Wag maar hier kom nog groot ondersoek en groot groot groot………..!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Loeis ·

Die kommissie vra dan selfs in effek dat mense tog asseblief nie verder moet krap nie, jy sal niks vind nie… Maar as daar niks is om weg te steek nie, waarom moet mense nie verder krap nie? Jy is nie oningelig as julle verslag met ‘n hele sak sout inneem nie, jy moet flippin stupid wees om hulle te glo!

Dit is ook opvallend dat hierdie nou in die media bekend gemaak word, terwyl Zuma die verslag reeds in Desember gehad het. Dalk wou hulle die man kans gee om so bietjie redegering te laat doen?

m ·

Haha wat ‘n groot grap. Natuurlik sal daar niks gekry word nie want al daai sensitiewe dokumente is al lankal in snipper masjies gewees, Niemand sal nou enige bewyse kry nie want alles is toegesmeer.

Nico K ·

So hulle sê Shabir Shaik is onregverdig tronk toe gestuur?? Ek dink nie so nie….

Zumie ·

Ooooh die “Plascon effek” – al wat ons sien is die wit verf…..moet net nie aanhou krap nie…

neelsie ·

Die onreg wat aan hierdie land deur die Anc aangerig word, het reeds onherstelbare skade aangerig.
Selfverryking van die leiers laat duisende kinders honger gaan slaap.
Sulke onreg gaan nie ongesiens verby nie.
Gewetenloos en onverantwoordelik!

Humor ·

Genadiglik lieg z. dat die aangekoopte wapentuig ten volle benut word terwyl dit in bunkers staan en heelmoontlik nie eens toegesluit is nie. Moet dit tog asseblief nie gebruik nie anders le alles binne enkele dae ook in puin.

Johann Marx ·

Oor een ding is hulle darem reg, dit WAS ‘n uitputtende ondersoek. Dit het die belastingbetalers se sakke uitgeput. Meer as R100 miljoen in die water…..wat gebruik kon gewees het vir ‘n “better life for all”.

Veritas ·

Word regters ook nou omgekoop, gedreig of geflous? Dit is ‘n droewe dag vir S.A.

Koos ·

Hiermee was Zuma sy hande nog verder in petrol, gaan binnekort aan n vuurvliegie vat

Emile ·

Waarom moet gewone landsburgers voortgaan om die Grondwet te gehoorsaam wanneer die ANC-regering onderhorigheid daaran publiek nekomgedraai het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.