Wapenvonds: Verdagte steeds soek

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die polisie soek steeds na ‘n man wat verbind word aan die reuse wapenvonds wat verlede week by ‘n huis in Norwood, noord van Johannesburg, gevind is.

“Sy arrestasie sal die vrae wat ons oor die wapens het beantwoord,” het Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, gesê. Hy sê die man, van Oos-Europese afkoms, is die middelpunt van die Valke se ondersoek.

‘n Man, sy vrou en hulle huishulp is Donderdag in hegtenis geneem nadat die polisie op R1-, R4- en R5-aanvalsgewere, AK47’s en ongeveer 300 handwapens beslag gelê het by die huis in Norwood. Volgens die Valke het die drie verdagtes glo die wapens uitgehuur aan kriminele en is dit in transitorooftogte en OTM-bomaanvalle gebruik.

Emma Shumler-Tishko (62), haar man Mark (59) en Endi Nkhoma (26) het Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn. Die saak is tot volgende Dinsdag uitgestel wanneer hulle om borg sal aansoek doen. Hulle staan tereg op aanklagte van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, daggahandel en die oortreding van die Wet op Plofstowwe.

Lees ook:
Foto’s: Drie vas ná reuse-wapenvonds

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alet ·

Geluk aan die valke miskien sal daar nou minder moord en doodslag wees hang hulle onderste bo op dis wat hulle verdien.genoeg onheil veroorsaak

Dereck Le Roux ·

As die polisie daardie man ooit gaan aankeer wag daar ‘n maraton ondersoek op die polisie net met die ballistiese toetse op die wapens, ek bedoel as dit die polisie ‘n paar maande vat met een wapen se ballistiese toetse om te doen hoe lank gaan hulle vat met meer as driehonderd???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.