Wapenwet: ‘Wysigings is nodig’ – GFSA

ammunisie-vuurwapenwet-vuurwapens

Gun Free SA (GFSA) het die voorgestelde wysigingswetsontwerp omtrent die besit van vuurwapens verwelkom. (Foto: David Levêque/Unsplash)

Gun Free SA (GFSA) het die voorgestelde wysigingswetsontwerp omtrent die besit van vuurwapens verwelkom en sê dat dié wysigings ten doel het om die wet te versterk.

Die wysigingswetsontwerp is Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer en vir kommentaar oopgestel.

“Deur die beskikbaarheid van vuurwapens te beperk, beperk jy ook die aantal vuurwapensterftes,” sê Adèle Kirsten, uitvoerende hoof van GFSA.

Maroela Media het berig dat die wysigingswetsontwerp onder meer voorstel dat die wet gewysig word sodat “die aansoeker ’n geldige rede moet verskaf vir die besit van ’n vuurwapen en sodat geen vuurwapenlisensie uitgereik sal word vir selfverdedigingsredes nie”. Wysigings is ook gemaak wat betref aansoeke vir vuurwapenlisensies vir jag- en sportdoeleindes, asook die vervoer van wapens.

Dít het hewige kritiek uit verskeie oorde ontlok. Die burgerregteorganisasie AfriForum sê onder meer dat dit gemeenskappe weerloos sal laat terwyl die landbouorganisasie AgriSA die konsepvoorstelle as “onverantwoordelik en irrasioneel bestempel”.

Die DA het ook Dinsdag aangedui dat hy ’n petisie teen dié “drakoniese” wysigingswetsontwerp van stapel gestuur het.

“Ons moet vuurwapeneienaarskap vir selfverdedigingsdoeleindes beskerm aangesien dit die laaste linie van verdediging vir talle Suid-Afrikaners is,” sê Andrew Whitfield, DA-lid van die parlement.

Maar GFSA stem nie saam nie.

“Waar is die bewyse? As handwapens doeltreffend was om mense veilig te hou, sou ons ’n baie veilige land gewees het. Meer as 60% van lande reik nie vuurwapenlisensies op grond van selfverdediging uit nie,” sê Kirsten.

Daar is ook verskeie wysigings gemaak rakende die aansoeke van vuurwapenlisensies vir jag- en sportdoeleindes. Professionele jagters sal onder meer beperk word tot agt vuurwapenlisensies.

Volgens Kirsten het talle mense dié afdelings misbruik om vuurwapens te bekom en gaan die beperkings ook met verhoogde aanspreeklikheid gepaard.

“Jagverenigings sal onder meer getuigskrifte moet verskaf voordat ’n lisensie aan ’n persoon uitgereik kan word.”

Verdere wysigings is ook rakende die vervoer van vuurwapens gemaak en dui onder meer aan dat ’n vervoerpermit verkry moet word voordat ’n vuurwapen vervoer mag word.

Dít, sê Kirsten, bevorder veiligheid en verlaag die risiko dat sodanige vuurwapen vir ongewenste doeleindes vervoer of misbruik word.

Sy sê dat die wysigings onder meer tot verhoogde aanspreeklikheid en verantwoordelikheid onder lede van die publiek, polisie en privaat sekuriteitsdienste sal lei.

Die ministerie van polisie het Dinsdag gesê dat meer as 17 000 skriftelike skrywes reeds ingedien is nadat die wysigingswetsontwerp die afgelope naweek vir kommentaar oopgestel is.

“Die belangstelling en die hoeveelheid kommentaar wat ons tot dusver ontvang het, dui aan dat Suid-Afrikaners hulle stemme wil laat hoor,” sê Lirandzu Themba, woordvoerder vir die polisieministerie.

“Ons moedig mense aan om die huidige momentum vol te hou. Ons sal alle kommentare sorgvuldig deurwerk en waar nodig inkorporeer om die wet te versterk.”

Hy sê voorts dat Suid-Afrikaners gerusstelling daarin moet vind dat die regering juis nie met dié wysigings Suid-Afrikaners probeer ontwapen nie en dat die besit van ’n vuurwapen ’n voorreg is wat die Vuurwapenwet moontlik gemaak het.

Lede van die publiek het tot 4 Julie 2021 om kommentaar in te dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Anoniem ·

“Gun Free SA (GFSA)?” Waar in vandag se lewe kan dit geskied. Hoe belaglik, ek dink die GFSA Organisasie se lede dink nie helder nie.

Persheks Adri ·

Net nog ‘n brein dood organisasie wat niks verstaan nie hel!

Oros Soros ·

Ek glo hulle is almal van Yeoville en Houghton. Moet wees as ‘n mens hul sinnelose kommentaar aanskou. Die tannies en oom van daai diep Prog wêreld maak almal van sekuriteitmaatskappye gebruik, wat snaaks genoeg almal gewapen is.

jzjz05 ·

GFSA julle dink nie met julle koppe nie ,as die wet deur gevoer word gee dit vrye teuls vir die krimineelle om te doen wat hulle wil.

Werner ·

Kirsten ek weet nie op watter planeet jy bly nie.Hoekom dra polisie dan handwapens en is die begroting verhoog vir lyfwagte vir ministers.Jy kan maar jou drome by n ander plek gaan droom.Ek weet van die kere toe my handwapen my en lede vd publiek gered het:Nie jy of die ANC sal my wapens vat nie.

Johan ·

Dit maak twee van ons sy was nie in angola nie kyk die geskiedenis hitler ontwapen die jode wow en toe angola boere wort ont wapen en toe ek het n pa los gesny van n boom waar sy kind op die grond le me n af arm en die pa is met dit in sy gesig geslaan almal dood ek het mense uit yskaste gehaal en net omdat hulle nie hulle self kon verdedig nie. Hulle was geontwapen . Mense julle wat die wet wil ondersteen weet van niks.

Cindy ·

natuurlik sal GFSA hul 5c moet braak. Wonder hoe beveilig Kirsten haar eie huis en familie

Tinus ·

Woon seker in super-sekuriteits kompleks/tronk wat die normale man op straat nie kan bekostig nie. Dis maklik om idealisties te wees as jy dit kan bekostig!

Stefaan ·

Hulle het laaaankal die spoor byster geraak. Tog bel hulle gewapende reaksie as hulle bedryg word.
Ek is geleer as jy nie weet wat aangaan nie bly liewer stil sodat niemand jou onkunde agterkom nie

Petrus Johannes ·

Gun free is jul blind of net stupid gaan dit die AKs weghou Ons mense word reeds uitgemoor nou wil jul nog wapens weg vat Jul staan mooi saam met ANC

JohanR ·

Het niks anders van die lot verwag nie! Ek is seker as iemand uit die organasasie se familie op ‘n plaas uitgewis is deur Thabo en sy ses vriende met pangas, lang messe. ketels, uisters en natuurlik ‘n paar gewere, sal die eerste ding wat soek word ‘n geweer sou wees!

Dup ·

Gun Free SA moet eers ñ CRIME FREE SA beweging begin alvorens hulle propageer vir n Gun Free SA.Ons woon in n gewelddadige SA en die meerderheid misdade word met ONWETTIGE wapens gepleeg.Die deursnee eienaars van wettige wapens is wetsgehoorsame burgers. So,as jy dan hulle lisensies wegneem en besit van wettige wapens beperk,gaan die misdadigers net breed glimlag.

Pieter J ·

Volgens ons plaaslike buurtwag was daar ń gewapende huisrooftog slegs2 huise van my af so hierdie vroumens en almal wat soos sy redeneer is heeltemal die kluts kwyt of hulle het ń geheime agenda.

KB ·

Dis seker een van die mees belaglike stellings wat hier deur die GFSA gemaak word…die standpunt van die oningeligte liberaliste.
Kom net aarde toe, GFSA…dagdromery werk nie in die werklike lewe nie…veral nie in Afrika nie.
Weet julle “iets” van Afrika? Hoeveel weet julle van Etnologie/Volkekunde…bitter min.
Hou op filosofeer…begin op grondvlak, van voor af.

Pieter ·

Ek vervoer nie my wapen nie ek dra hom soos my Onderbroek soos oupa sy knipmes en sakdoek gedra het. Altyd byderhand di is mos Suid Afrika

Persheks Adri ·

Snert man! In watter land bly die klomp? Elke krimineel het ‘n wapen of wapens so kry dit onder beheer (sterkte met dit)

Dis ons grondwetlike reg om te leef en onsself te beskerm!!!

Catherina ·

GfSA……hou maar aan TOTDAT JULLE iemand verloor wat deur n misdadger vermoor or vermink word

N ·

Vat dan sommer almal se gewere, polisie ingesluit. Dat die kriminele maar die hele land oorneem as dit is waarvoor julle staan

Johan ·

Hulle is duidelik nie bewis van die gevaar wat kan volg nie .
Dit gee die skelms nou meer geleenthede want jy mag mos niks doen baie dom dom dom dom

Jojo ·

Die probleem is Kirsten Dat die ouens wat hulle wapens wettiglik bekom het en na vereistes geslag het, dit nie mag gebruik nie omdat die misdadiger dood gemaak Kan word en as hy dood gemaak word Dan word ons aangekla van moord. Sou die misdadiger n wapen bekom het op onwettige wyse Dan is dit nie Meer snaaks in die land nie want die Sap Kan ook wapens verloor deur insidente. As hy n aanval loods en die eienaar van n plek dood maak Dan is dit oeps nog n geval vaan n aanval waar iemand toe nou swaar gewond is en veseer is en beswyk het. Nie so erg nie mense dit gebeur daagliks. Man word wakker selfverdedigend behoort nr 1 prioriteit te wees duidelik Kan geen regstelsel die belastingbetaler, let wel belastingbetaler, beskerm nie en ook nie sy kinders nie ook nie gebore Suid Afrikaners of enige ander wat gedink het hy Kom hierNatoe vir n toekoms nie. Mense sit daar in die boonste kringe en maak belaglike besluite namens ouens hier onder en ons byt spit af.

Sambok ·

Ga-regte klomp narre-weet niks van selfverdediging nie,net om gat te kruip by die onbevoegde hoed en regering

Jr ·

GFSA net nog n liberale woke organasasie. Net so goed soos MRK

Blikkies ·

Adele Kirsten het duidelik nog nie deurgeloop nie. Ons is nie 60% van ander lande nie, Ons is in Afrika!! Kom eerder met ‘n voorstel hoe jy die kriminele gaan ontwapen!! Dan kan ons saam praat. Tot dan sal ek doen wat ek moet doen. Kom by.

Rudolph ·

As handwapens verban word moet jaggewere ook. Hoekom word teiken skiet op weerlose, onskuldige diere toegelaat maar nie selfverdediging teen ‘n gewapende krimineel nie. Verban vuurwapens geheel en al eerder

gatgogga ·

“Verban vuurwapens geheel en al eerder”
Ag Rudolph – wen nou ‘n saak met opinies soos joune! Ek neem aan jy is ‘n lid van GFSA?

Persheks Adri ·

Stem! Totaal idiotiese redenasie van die ou werklik! Gaan seker iemand met tuin vurk by kom om homself en familie te beskerm

Brett ·

Ai Rudolf as jy weer daai lekker stuk bees biltong met ‘n lekker geelvet op jou skoot sit en kerf dan aan dit sit en kou……….. dink weer aan die snert wat jy nou praat was jy al by ‘n slagpalle………….. Daai vleisie word nie van ‘n boom af gepluk nie ne…….. Jy en kirstin het seker in die selde ry gestaan toe verstand uit gedeel is.

Willem ·

“Om ‘n vuurwapen te besit is ‘n voorreg”? Ekskuus? Om ‘n salaris te trek waarvoor die belastingbetalers betaal is ‘n voorreg. Dit is my reg om myself en my gesin te verdedig teen die misdadigers wat sonder vrees vir die polisie hier rondloop. Wat moet ek gebruik? ‘n Tafelmes?

Deon ·

Uh, daar is speelgoed messies vir dogtertjies wat huisie huisie speel ook, dit is geheel en al sakadeloos

Neef ·

Ja Deon, ek het juis op n ander artikel gese binnekort gaan messe en vurke ook verban word.

Willem ·

Kirsten jy praat twak! Realiteit, gesonde logika en statistiek vir SA bevestig nie wat jy se nie.

Oomniklaassevriend ·

Of GFSA word vir een of ander duistere rede betaal om hierdie standpunt in te neem, of die organisasie is ‘n tuiste vir mense wat in ontkenning leef.

SomeOne ·

“Adèle Kirsten”, jy lewe in ‘n droom wêreld, jy moet net nie te groot skrik as jy wakker word indien een van jou organisasie of familie deur ‘n vuurwapen beseer word nie

Aikie ·

“GUN FREE SA?” Julle hou die verkeerde spul aanspreeklik. Maar natuurlik kan nie julle of ons bemaarde polisie by die boewe uitkom om hulle lisensies en permitte te vra nie. Nou pla julle maar die gewone belasing betaler wat hom grootlik binne die wet hou, want julle weet waar hulle bly. Sies man!

gatgogga ·

“Deur die beskikbaarheid van vuurwapens te beperk, beperk jy ook die aantal vuurwapensterftes,” sê Adèle Kirsten.
Ja, en jy verhoog die aantal sterftes deur middel van pangas, petrolbomme, knopkieries, en ander tradisionele wapens.

Riaan ·

Gun Free SA bestaan sekerlik uit ‘n groep politikuste / ryk sakemanne wat agter ‘n GEWAPENDE lyfwag(te) wegkruip

Gun Free SA bestaan sekerlik uit ‘n klomp idiote wat dink die skelms en moordenaars gaan ook hulle wapens indien.

Gun Free SA moet hulle deure toemaak

DieKriek ·

Ek besit nie n vuurwapen nie maar ek ondersteun wapenbesit 100%. Om watter rede sou mens dan n vuurwapen aanhou as om jou en jou geliefdes te beskerm. Al die misdadigers loop rond met wapens maar jy mag nie een hê nie? Dis verregaande! En as jy eenmaal n lisensie bekom het, moet dit geldig bly. Vervlaks, as hulle jou wapen wil afvat, kan hulle daarvoor betaal.

Blikke ·

Adele Kirsten, Get a Life !!! Jy en die hele sogenaamde GFSA!!!!

DEON ·

Dit is werklik belaglik, die polisie is absoluut die korupte lot. Watter krimineel gaan aansoek doen vir ñ vervoer permit of ñ lisensie om ñ wapen te besit.
Ons is ñ derde wêreld land, nie ñ eerste wêreld land nie.
Die belaglike klomp gee die kriminele nou toestemming om te roof en te moor net soos hulle wil.
Hierdie hele ding is om ons te ontwapen en vinniger uit te moor.

Petrus Albertus ·

Werlikwaar Adele Kirsten! Ek slaan my hande saam. Plaas GFSA liewer die SAPS verantwoordbaar hou vir die duisende gewere wat weggeraak het nadat dit ingedien is by die polisie! Is GFSA blind? Doof? Dom-astrant? Ek hoop GFSA se lede is reg om pa te staan vir die golf van misdaadgeweld wat wag om wetsgehoorsame burgers te oorspoel.

Jakes ·

Ek het n dik voorstel vir GFSA as ek werk met hulle logika:
1. Vat bestuurslisensies weg om kapings te kelder
2. Vat huise weg om huisbraak te voorkom
3. Vat besighede weg om besigheidsroof te stop

Julle lewe in n droomwereld saam met hoed en dink presies dieselfde as julle kader maaitjies.

MOLON LABE

Brett ·

Daars honderde ongelesensiheerde wapens. Gaan hulle dit ook weg vat.
Wens net iemand wil die die opname doen van die aantal moorde/doode as gevolg van wetig en onwettige wapens daar is geen vergelyking nie.
Mentaliteit van ‘n stukende wasmasjien.
Ontwapen die wetsgehoorsames en die gewapende wetverontagsames neem oor…… So dus nie die eerlike wat die proebleem is nie.
SAPS het in in 2019 alleen meer as 4000 wapens “verloor” soek maar die berug op en dit in net 6jaar……. Ons word vervolg

marius ·

Hoeveel misdrywe en moorde word gepleeg met wettige wapens ?Antwoord dit kirsten !!! As daar geen misdaad is nie kan jy persoonlik my wapens in ontvangs neem . Dit sal egter nie in jou leeftyd gebeur nie . Glo dit maar.

jayc ·

Hierdie hele situasie is walglik. Hoe, vra ek met trane in my oë, wil jy die belangerikste rede om ‘n vuurwapen te besit sommer net skrap?

Riaan ·

GFSA let asb daar op dat die 60% van Lande waar na julle verwys nie nodig het om vuurwapens te he vir self verdeging nie aangesien hulle wette toegepas word en die polisie hulle werk doen!! En wat sou gebeur as die selfverdeging wet verander en BV n persoon met n Jag Lisensie of sport skiet Lisensie sy wapen gebruik vir ” selfverdeging” gaan die persoon aan gekla word van Moord?

marie ·

Ek stem eenhonderd persent saam met al die kommentare…..kom by ,,,skrik wakker en praat “sense”,,,,,!!!!!

henndrik ·

“Never argue with an idiot. They will drag you down to their level and beat you with experience.” ― Mark Twain – Die grootste probleem is, hierdie mense kan stem

Johann ·

Snaaks genoeg sy niks oor plaas moorde of plaas aanvalle nie, wonder hoe hierdie vrou of haar man hulself gaan beskerm as scum in haar huis is om haar of haar dogter probeer verkrag…..

Lood ·

Hoe dom is die GFSA regtig? Misdaad word meestal nie gepleeg met gelisensieërde wapens nie. Jy kan die probleem van misdaad nie oplos deur iemand wat ‘n wapen wettig besit se wapen af te vat nie. Dis so goed jy laat geen nugter persoon toe om te bestuur nie sodat dronk bestuurders nie nugter bestuurders se lewe in die gevaar stel nie.

Deon ·

Twak… Mens kan nie meet hoeveel keer jou wapen jou lewe gered het nie, n waghond is ook n sekuriteits maatreel maar jy sal in jou lewe nooit weet hoeveel keer hy jou of jou eiendom beskerm het teen n krimineel wat n ander slagoffer gaan kies het omdat die dier daar was nie… Net so die redelike onlangse geval van die mense wat in die kerk aangeval was en die aanvaller was met n vuurwapen gestop, hoeveel mense was die aanvaller van plan om daardie dag te skiet?

Oljetter ·

En wat sal die organisasie GFSA voorstel om al wat n krimineel is te ontwapen? Kom deel asseblief die plan oor hoe julle die regeringsmagte sal ontwapen. Dit wil voorkom asof die polisie aan die voorfront staan van misdadigheid te oordeel aan al die klagte teen dienende polisielede.

Susanna ·

Gaan polisie se wapens ook terug geneem word? SA burgers word nie deur die polisie beskerm nie. Om burgers van enige land veilig te hou moet daar staat gemaak kan word op beskerming van die polisie en SA burgers het geen beskerming.

John ·

Adele Kirsten van GFSA moet dan sommer vir ons ‘n plan uitwerk om die duisende gewere wat oor die grens kom en uit polisie bewaring verdwyn te stop en terug te vind. Sy is mos nou so slim…..

Jacques ·

En watter krimineel het n lisensie vir sy vuurwapen. Hulle gee nie om oor die wet nie en die wysiging is net van toepassing op wetsgehoorsame burgers. Hulle wil die wetsgehoorsame mense ontwapen en doen oor die algemeen min om die krimineel vas te trek. Ontwapen kriminele, nie die wetsgehoorsame burgers nie!!!!

samuel ·

Wat dink hulle om ons vuurwapens weg tewil tevat
.sodat hulle ons maklik een vir een kan kom uit haal.
..NEE WAT EK SAL NIE MY VUURWAPEN LAAT WEG VAT NIE ……………kom ons ondersteun GOSA

Jack ·

Die feit dat 250 000 aansoeke net le en geen aandag kry by die wapenafdeling nie is reeds n aanduiding dat die polisie nie wapens wil lisensieer nie en nou die wet wat nie bestaan nie toepas. Hoe blind is ons? Toe die doodstraf afgeskaf is het moord en verkragting die hoogte ingeskiet. Beslis nie toevallig nie en sou die wapens afgeneem word sal die eskalasie van moord en roof nog verder buite beheer gaan. Idiote alleen sal dit doen en ondersteun. Julle is in afrika en geweld is nou maar een van ons wette.

Amanda ·

Regtig, onder watter klip bly jy en in watter land? Die wettige gelisensieerde eienaars, word nou geteiken en wil julle ontwapen net oor hulle hulself en hul gesinne wil beskerm of probeer beskerm. WIE gaan dit anders doen, ons SAPS wat nie ‘n vinger verroer om die misdade te bekamp of onder beheer te bring nie. Daar word daagliks vertel van die “spike bendes” hulle weet waar hulle is maar word nie vasgetrek nie, kyk die nuus, lees die koerante, wat wys die statistieke? Ek is seker julle by GFSA bly agter 3m eletriese heinings, kameras, sekuriteits maatskappye wat julle alarm stelsels beheer of wagte so hoekom sal julle omgee vir Jan Alleman??

Douw ·

Daar is n ou gesgede wat baie waar en nou baie toepaslik geword het !!

“If you outlaw guns, only outlaws will have guns!”

Dirk Mostert ·

GFSA glo seker ook dat die doodstraf nie as afskrikmiddel werk nie. Aangesien GFSA nou medepligtig is aan die ontwapening van wetsgehoorsames en daardeur kriminele aanmoedig, maak dit GFSA myns insiens mede-aanspreeklik vir alle moorde wat hierna plaasvind.

Ronel ·

Ja Kirsten in die 60% van die lande waar vuurwapenlisensies nie uitgereik word vir selfverdediging nie, word die landsburgers nie links en regs aangeval en vermoor in hulle eie huise nie. Ek sou graag wou weet wat jy sal doen as jy wakker word in die nag en Meneer die plaasmoordenaar is in jou huis besig om jou gesin uit te moor en jy het NIKS om jouself mee te verdedig nie want JY het gestem om jou landsburgers te ontwapen.

DisEkke ·

Weereens word die blaam geplaas op die verantwoordelike burger wat by die reels hou. Adèle, as die polisie en andere net vir ‘n slag hulle werk doen, sal die maatreels nie nodig wees nie. Natuurlik weet ons dat daar ander motiewe agter die skerms skuil, maar ons fluister dit maar hier in die kombuis. Al wat hier uitkom is om die kriminele element te bemagtig. Ek sien ‘n staaltjie wat die omtrek doen waarop ‘n juffrou se dat vuurwapens mense doodmaak. ‘n Seun antwoord en se dat sy potlood sy wiskunde vraestel gedop het. Dit het te doen met ‘n sekere mentaliteit Adèle…

Hoekom ·

GFSA lewe in ‘n fantasy wereld waar almal betroubaar is en almal dieselfde waardes nastreef, waar die melkskommel riviere vloei en die unicorns wild in die veld gallop…

Irma ·

GFSA moet gaan kyk na die tonele waar onskuldige mense gemartel en vermoor is – ‘n CRIME FREE SOUTH AFRICA sal slegs moontlik wees as elke burger paraat, weerbaar en GEWAPEN is.

Ansie ·

Het GFSA nie al genoeg skade aangerig nie? Hoeveel onskuldige mense moet nog sterf of ly agv hulle onsinnigheid. Dit werk nie in ons land nie om die eenvoudige rede dat dié wat nié wapens moet hê nie, dit wel het en dié wat dit nodig het, daarvan ontneem en geboelie word deur organisasies soos GFSA. Mnr Kirsten, jy kan nie SA met ander lande vergelyk wat doeltreffende polisiemagte en baie minder misdaad en moord het nie. SA is ‘n slagveld en julle wil die “weermag” hulle wapens ontneem. Hoe insigloos tog.

Eclectus ·

GFSA sê daar is ‘n vuurwapen betrokke by 15 % van verkragtings. So, by 85 % van verkragtings is daar dan nié ‘n wapen betrokke nie.

FBS ·

Gun Free SA. Kom bly op my plaas en kyk hoe lánk gaan julle lewendig bly. Na 2 aanval is ons nog daar sonder enige polisie hulp net ons eie optrede. Julle is mense wat in kantore sit en dink julle weet wat aangaan. Jammer julle is of op n ander planeet of uiters blind en dom.

JAN ·

Wat het met Piet Retief en sy manne gebeur toe hulle ontwapen was????? Kom Kirsten, weet jy van wie ek praat??? Die alternatief is om self onwettige vuurwapens aan te skaf. Dan los hulle jou uit. En die bewyse teen jou is baie moeiliker, sou jy dit vir selfvedediging moet gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.