Warden-botsing eis vier

Argieffoto. Foto: Netcare911

Argieffoto. Foto: Netcare911

Vier mense is dood en agt is beseer nadat ʼn minibustaxi Maandagaand op die N3-snelweg naby Warden gebots het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het in ʼn noordelike rigting op die snelweg plaasgevind. “Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en dit het omgeslaan,” het Steinmann gesê.

Vier mense was reeds dood toe paramedici by die toneel opdaag. “Die ander agt se beserings wissel van ernstig tot kritiek. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Intussen het die Padverkeerbestuurskorporasie aangekondig dat daar teen Sondag minstens 103 mense  tydens die Paasnaweek op die land se paaie dood is. Die korporasie sal later,  sodra Sondag en Maandag se ongelukstatistiek versamel is, opgedateerde inligting bekendmaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.