Was ons byna die slagoffers van ‘n staatsgreep?

jacob zuma

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane

Vertellings en spekulasie is besig om in ingeligte en gerespekteerde kringe toe te neem dat oudpres. Jacob Zuma en sy trawante ‘n staatsgreep oorweeg het toe dit blyk die gety draai teen hul kandidaat, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, in die pas afgelope ANC-leierstryd.

Die kwessie het vanmiddag by die Universiteit Stellenbosch se Woordfees te berde gekom tydens ‘n fassinerende gesprek tussen die oudrektor van die universiteit, prof. Andreas van Wyk, en die voormalige hoof van Maties se departement van politieke wetenskap, prof. Willie Breytenbach.

Die twee het die groeiende aanduidings van ‘n moontlike staatsgreepplan, wat die afgelope paar dae begin kop uitsteek het in die hoofstroommedia en ander inligtingsbronne, bespreek tydens ‘n volgepakte bespreking oor of vanjaar die begin of einde van die verwesenliking van Suid-Afrika se potensiaal inlei.

Breytenbach het die aanduidings bespreek dat Zuma moontlik juis sy onverwagse en potensieel finansieel rampspoedige aankondiging oor gratis naskoolse onderwys gemaak het in die hoop dat dit openbare wetteloosheid kon ontketen wat hom as staatshoof die alleenmag sou gee om ‘n noodtoestand af te kondig, soos in die Grondwet bepaal.

Dit sou kon beteken dat hy met noodmaatreëls allerlei ingrepe op normale grondwetlikheid sou kon maak, soos die vryheid van die media en die hou van verkiesings.

Aanduidings is aan die groei dat die Zoeloekoning, Goodwill Zwelethini, baie druk uitgeoefen het om Zuma van sulke planne te laat afsien.

Breytenbach en Van Wyk het ook liefhebbers van die politiek gemaan om KwaZulu-Natal dop te hou in die ontknoping van die grondkwessie en die aanloop tot die 2019-verkiesing.

Breytenbach het gesê KwaZulu-Natal, die provinsie waarvan die politiek nog altyd stroom-op van die res van die land neig, moet fyn dopgehou word om drie redes.

Eerstens lyk dit of Zuma gaan poog om homself as martelaar voor te hou aan plattelandse Zoeloes ten einde sy moontlike arrestasie op bedrogverwante klagtes te bestry.

Tweedens is die Zoeloekoning uiters gekant teen huidige planne om grond sonder vergoeding te onteien, wat ‘n magtige blok teen sulke potensieel rampspoedige planne kan verseker.

En derdens is Inkatha besig om ‘n opswaai te beleef wat die ANC erg kan kniehalter in die 2019-verkiesing omdat KwaZulu-Natal so baie kiesers het, het Breytenbach bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Lerato ·

Niks van Zuma sal my verbaas nie. Die dat Cyril gou gaan vriende maak het met die weermag.

Johan. H. ·

Goodwill sal enige iets doen solank hy nie sy 4 Miljoen hektaar grond en staats subsudie en al die Perks wat daarmee saam gaan verloor nie,, Niks van hulle verbaas my meer nie,,

Flip Pretorius ·

Indien daar sprake sou wees van n beweerde staatsgreep moet die beplaners van so n staatsgreep onmiddelik volgens wet inhegtines geneem word. Staatsgrepe of beplanning tot n staatsgreep is een van die ernstigste oortredings wat mens kan kry. Hulle moet aan die pen ry

Veritas ·

Ek het sowat 6 maande terug , voorspel dat Zuma toutjies gaan trek om die land in chaos te dompel, ‘n noodtoestand afkondig en dan die mag probeer behou. Dit wil egter voorkom asof CR hom voorgespring het met onderhandelinge met die SANW. Aan die ander kant is daar nou lelike verwikkelinge wat JZ se lewe moeilik maak en ons moet nie verbaas wees as hy tóg soiets gaan probeer nie. Vir hom sal dit maklik wees om die Zoeloes op te sweep en hul steun te kry vir so’n aksie. Dit is nog gladnie te laat nie.

Marius ·

Zuma se tyd skyn vir goed verby te wees. Ek is egter meer bekommerd oor die rooi gevaar. En tog het ek nooit besef die invloed wat die Zoeloe-koning tot sy beskikking het nie… Baie Interresant. Ek sou graag meer hieroor te lese wou kry!

Werner ·

As dit die geval is moet hulle soos die boeremag behandel word sluit hulle toe vir 17 jaar voor hulle vonnisse van25 jaar elk kry hoekom die dubbele standaarde en ons is nou nie juis beter af nie of daar nou n staatsgreep was of nie

Jerry ·

Was dit nie vir CR en die gematigdes in die ANC, dan was SA vandag in n staat van anargie. Niemand anders was regtig ooit in staat om Zupta te stop. En ja, Zuma is “down but not out, not yet”. Die gematigde ANC sal hom met valkoe dophou.

Jacqui ·

So n maand terug was daar wat vir my geklink het so n mini oorlog by die lugmag (Waterkloof) basis , ongeveer 01:00. Blykbaar was dit n oefening wat ek tot vandag betwyfel. Ek woon al jare hier en het nooit so iets beleef nie. Ek is oortuig dit was voortvlugtiges van ‘hoë aansien’

Nic ·

Die IVP het die parlement se mosie oor grondonteiening sonder vergoeding ondersteun- nogal jammer

Alida ·

Hoekom sluit hulle Zuma nie toe nie!!!!!! Die arme boeremaglede sit al JARE in die tronk.

maggy ·

Hmmmmmmm sal my nie verbaas nie, geen wonder Zuma wou so graag die weermag gaan groet nie. Al ooit gesien hoe hardloop miere deurmekaar en oormekaar as jy ‘n druppel water in ‘n miernes drup. Ek verstom my aan hoe die ou spulletjie nou deurmekaar hardloop. Ons moet maar net wakker slaap, niemand vertrou nie en paraat bly. Moet nooit gerus raak nie, want daarin lê baie se ondergang.

Eddie ·

Onthou die Romeine het eeue gelede gesê ” Daar is altyd iets nuuts uit Afrika ” !

Rynhardt ·

Zuma was nooit van beplan om te bedank nie.Hy het self gese:”Ek het niks verkeerd gedoen nie”.Druk was agter die skerms op Zuma uitgeoefen.Almal was vas aan die slaap gevang.Cyril Ramaphosa het reeds n professionele staatsgreep uitgevoer en Zuma vervang.Hy gaan net aan waar Zuma opgehou het.Soos hulle se:”Dieselde Titanic,net n ander skipper!”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.