Wat beteken die 2019-verkiesingsuitslae vir Suid-Afrika?

iss-mediakonferensie-2019-05-14

Judith February (regs), ’n senior navorsingsgenoot van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Sekerheidstudies, het met Lumkile Mondi (links) en Stephen Grootes (middel) gesels oor die 2019-verkiesingsuitslae. Foto: ‘n Skermskoot van die regstreekse uitsending.

“Suid-Afrikaanse kiesers het besluit om vir eers by die ANC te bly en ʼn mens kry waarvoor jy stem. Hulle sal nou moet saamleef met ʼn onderpresterende ekonomie en ʼn samelewing wat verdeeld sal bly oor beleidstellings wat fokus op ras.”

Dit was die woorde van Lumkile Mondi, ʼn senior lektor aan die Universiteit van die Witwatersrand, wat Dinsdag ʼn spreker was by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Sekerheidstudies se bespreking van Saterdag se 2019-verkiesingsuitslae in Brooklyn.

Mondi het geen doekies omgedraai as dit kom by die vooruitsigte van die Suid-Afrikaanse ekonomie met die ANC aan bewind nie.

“Op die vooraand van die verkiesing het die land se werkloosheidsyfer op 27,1% gestaan en Suid-Afrika het in 2018 ʼn skamele ekonomiese groeisyfer van 0,8% getoon. Verder het ons twee kredietafgraderings beleef.

“ʼn Mens sou verwag dat ʼn politieke party wat die verkiesing met so ʼn ekonomiese rekord betree, veel harder sou moes baklei om aan die stuur van die land se sake te bly.”

Mondi het ʼn vergelyking tussen die ekonomieë van Suid-Afrika en Maleisië gemaak. “Ons sien nie enige werklike stappe plaaslik om ʼn inklusiewe samelewing te skep nie. Dit lyk eerder of die twee lande se regerende partye in albei gevalle klou aan beleidstellings wat die voormalige kolonialiseerders ingestel het en wat die staat se kapasiteit uithol.”

Hy glo dit sal daartoe aanleiding gee dat die bestaande swak ekonomiese toestand in die land bly voortbestaan.

“Cyril Ramaphosa het ʼn groot werk wat vir hom voorlê. Eskom is ʼn reusagtige risiko vir die ekonomie en kan ons land se hele finansiële stelsel ondermyn.

“Tot Suid-Afrika egter nie sy politieke waardes kan bedink nie, gaan ons vassteek by die ANC wat rassebeleid versterk en Suid-Afrikaners in hulle onderskeie rasidentiteite gevange sal hou.”

Politieke vooruitsigte

Stephen Grootes, aktualiteitsaanbieder van SAFM en rubriekskrywer vir die Daily Maverick, het gesê hy glo een ding wat die verkiesing bewys het, is dat Suid-Afrikaanse politiek wel werk.

“Mense verander hulle stemme, want hulle mag hulle gedagtes oor ʼn politieke party verander. Dit is fundamenteel belangrik vir die werking van ʼn demokrasie en ons moet dit nooit vergeet nie.”

Grootes het bygevoeg dat die groei van stemme vir die EFF en VF Plus in die sesde algemene verkiesing dit laat lyk of die politieke middelgrond in Suid-Afrika besig is om mee te gee.

“Dit is egter ʼn wêreldwye verskynsel en daar is die beskouing: as die middelgrond onder druk kom, moet partye begin saamwerk. Dit kan dalk beteken die ANC en DA word gedwing om saam te werk – iets wat in hierdie stadium soos politieke wetenskapsfiksie klink, maar ideologies staan die twee partye eintlik baie naby aan mekaar.

Grootes het ook sekere punte uitgelig van goed wat nie gebeur het met die verkiesing nie.

“Die EFF het nie enige verdere politieke invloed oor die ANC gewen nie en ek verwys hier na die moontlikheid van koalisies. ʼn Mens kon jouself ʼn scenario indink waar, as die ANC net 49% van die stemme in Gauteng gewen het, dit Julius Malema in ʼn posisie sou plaas waar hy vir Ramaphosa sal sê hy gaan die provinsie voor witheid laat swig as die Grondwet nie verander word om grondonteiening toe te laat nie.

“Die party het ook sy invloed oor die DA in Gauteng verloor. Ek wil nie hulle 4%-toename in stemme afmaak nie, maar ek dink die party sou in ʼn sterker posisie gewees het as hy politieke invloed oor die ANC gehad het. Dit is die soort politiek wat Malema bedryf.”

Grootes het verder gesê hy het ook verwag dat die EFF veel beter sou presteer het. “Veral as ʼn mens in gedagte hou dat daar sowat 56% werkloosheid onder die jeug is.”

Hy verwag dat Malema se party groeipyne oor die volgende paar jaar gaan ondergaan. “Die EFF het 25 parlementslede gehad en 14 van hulle het nie die vorige vyf jaar oorleef nie. Die party het nou 44 parlementslede om te bestuur.

“Tog het die EFF daarin geslaag om te bewys dat die party ʼn landwye struktuur het.”

Grootes het gesê met 57% van die stemme op die ANC gevestig, is daar beslis nou geen sprake daarvan dat Ramaphosa as president vroeg teruggeroep sal word nie.

“Dit was vir my duidelik dat Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, toenemend onder druk gekom het.

“Fikile Mbalula, hoof van die verkiesing vir die ANC, het eintlik nog nooit van Magashule gehou nie, maar hy het sy minagting vir die sekretaris-generaal in elke onderhoud duidelik weergegee. Dit is nie iets wat gewoonlik binne die ANC gebeur nie.”

Grootes sê die tafel is nou gedek vir wat volgende in die ANC se leierskapstryd gaan plaasvind. “In die geskiedenis van die ANC was daar nog nooit ʼn leier en sekretaris-generaal wat van twee verskillende faksies binne die ANC gekom het nie.

“Tot iemand Nasrec finaal wen, gaan ons struweling in die ANC sien. Dit maak my bekommerd – net so bekommerd oor die politieke situasie as wat Mondi oor die ekonomie is.

“Daar gaan nog talle politieke twiste wees tot die verhouding tussen Ramaphosa en Magashule uitgesorteer is.

“Die stille vennoot in hierdie hele saak is natuurlik David Mabuza, die adjunkpresident; niemand weet werklik waar sy lojaliteit binne die ANC lê nie. Dit sal baie interessant en deurslaggewend wees om dit te kan bepaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Siener ·

Dit beteken dat die kiesers tevrede is met crime, korrupte leiers, geen werk, swak dienste, swak infrastruktuur en geen werk. Binne kort sal daar ook geen kos wees nie.

Realis ·

Nou kan ons ook asem skep. Ons hoef nie meer “white guilt” te hê wanneer ons onregverdighede soos armoede, misdaad ens in hulle gemeenskappe sien nie. Die verkiesing het bevestig dit is wat hulle wil hê. Ons kan nou aangaan met ons eie lewens.

Jimmy ·

Die ANC het geen werklike mandaat nie. Net 37% van die geregistreerde kiesers (26.7 miljoen) het vir die ANC gestem. Daar is net meer as 40 miljoen mense 18 jaar en ouer wat mag registreer, m.a.w. die ANC se effektiewe steun is slegs 25 %. Nog erger, 58% van die 40 miljoen het nie eers gestem nie, wat dus meer is as die ANC se “wen” syfer. Ramaphosa moet sy smile afvee en lig slaap, want die wat nie gestem het nie is eintlik in beheer.

Gerhard ·

Hulle het nie n maandaat nodig nie net meer as 50% in die regering.

Jimmy ·

Teoreties ja, maar met min werklike steun. Dit is ‘n resep vir onlus.

Deon ·

Gerhard, Ramaphosa en die ANC mag die septer swaai in die Uniegebou en die parlement. Feit is, sonder die steun van drie uit vier mense is die regering op sy eie. Daar sal weinig publieke steun wees vir regerings inisiatiewe en planne. Met ander woorde, die grootste gedeelte van die bevolking gee nie meer ‘n flenter om vir politieke magspeletjies nie, wat sleg is vir ‘n gesonde demokrasie. Indien die massas die Uniegebou en parlement bestorm en politici uitskop sal die meeste mense net hul skouers skud en wegdraai. Buitelandse investeerders en kredietgradeerders is bewus van hierdie tipe syfers en die risiko’s wat dit inhou.

James ·

Dit beteken die meerderheid is tevrede met regering en die dienslewering, werks geleenthede en as dit nue werk nie is daar SASSA “myANC” ?

Oom Willem ·

Meeste kiesers het nie die vaagste benul van wat in die land aangaan nie. Al wat hulle weet is dat hulle nou kan stem “in our democracy” en dat die anc met hulle sogenaamde “struggle” dit vir hulle moontlik gemaak het.

Jeremia ·

Wat beteken dit vir wetsgehoorsame burgers: kyk na wat op Bonnievale en Koster plaasgevind het. Voorts sal die mislukking van Eskom en ander instellings die land n ekonomie verder in die afgrond intrek. En dit ksn alles herlei word na die politiek wat sedert 1994 bedryf word.

Dj ·

Die gemiddelde IK van Suid Afrikaners is 77.Dit is nie verbasend hulle glo alles wat hul leiers hul vertel nie.Ek glo nie ń mens kan ń ware demokrasie bedryf in ń land waar die helfte van die stemgeregtiges se IK onder 77 is nie.Hartseer maar waar.

Laag laag IK ·

Ja demokrasie werk gladnie met dommes nie, nou besluit die dommes vir die res.

Felix ·

Ek het idee die kommentators hier moet ‘n nuwe forum stig, dit is manne én vroue wat die bul by die horings pak, nie skroom om die waarheid te vertel nie, dis manne wat van Afrikaans weet, opstaan vir hul regte. My voorstel is die ABCDT forum. Waar kom dit vandaan? Andreas/Boerboel/Cherokee/Dries/Theresa …. en almal wat die lig vir die Afrikaner brandend hou.

Jerry ·

Die 2019 verkiesingsuitslae beteken dat kiesers agv n “failed state”, sosiaal ekonomiese verval, met hulle harte, eerder as hulle verstand gaan stem het. Die “failed state” het geleentheid gebied aan die meer populistiese linkse en meer opportunistiese regse partye om kiesers te lok. Beide links en regs het munt geslaan uit die geleentheid met die linkse groepering wat seersekerlik die beste momentum opgebou het vir toekomstige groei en tot so n mate dat hulle vriend en vyand kan verras in die volgende verkiesing, veral met die amptelike opposisie wat sy plafon bereik het en met die draaipunt op n afwaardse neiging. Dat hierdie afwaartse neiging gaan voortduur is eintlik n gegewe gesien in die lig daarvan dat die amptelike opposisie daarin gefaal het om van seersekerlik die hoofoorsaak ontslae te raak toe die geleentheid opgeduik het na die swak verkiesingsuitslag. Wat kan Suid Afrikaners agv hierdie gebeure verwag? Oor die kort en medium termyn behoort daar effense ekonomiese opflikkering te wees, maar gepaardgaande met groter ontwrigting en skade op die politieke front. Oor die langtermyn behoort die gaping tussen middelklas en die armklas aansienlik te verklein, maar na die verkeerde kant van groter sosiaal ekonomiese verval wat nodeloos is om te se, meer wetsongehoorsaamheid en groter politieke onstabiliteit teweeg sal bring! Die 2019 verkiesinguitslae impak skets vir die langtermyn, doodeenvoudig n prentjie met min kans op sosiaal ekonomiese groei vooruitsigte!

Deon ·

Jerry, jy is reg. Maar wat kan gewone mense in die land doen om hul eie lot te verbeter. Kollektief kan daar seker iets gedoen word, veral wanneer die kritiese massa bereik word. Emigrasie is ‘n opsie, maar nie almal kan emigreer nie.

M ·

As jy die lewe behou , is jy basies net op jouself aangewese vir kritieke oorlewing. En die ellende wat mag voortvloei, sal kiesers wat ongeveer 77% insig toon, nie tot beter insigte bring nie. Vir die wat lief is vir “lost island” fantasieë: hier’s dit nou!

Michelle ·

Verdere beursies vol geld, korrupsie en meer fee verhale vir die die Zondo kommissie en niemand sal toegesluit word word nie. Geen geregtigheid nie. Elkeen het ‘n storie om te vertel maar niks word gedoen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.