Wat gebeur ná grondhervorming, vra TLU SA

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

TLU SA is diep bekommerd oor die rigting waarin Suid-Afrika ontwikkel, nadat die langverwagte verslag oor grondhervorming die naweek bekendgemaak is.

“Die regering en [pres. Cyril] Ramaphosa laat hulle aan die neuse rondlei deur die massas sonder om die langtermyn impak op Suid-Afrika in ag te neem,” sê Louis Meintjes, die president van TLU SA. “Die massas eis ʼn onmiddellike oplossing vir iets waarvoor daar nie ʼn onmiddellike oplossing is nie.

“Suid-Afrika het eenvoudig nie die vermoë of kapasiteit om dit wat die taakspan voorstel, te implementeer nie. Maar die verwagting is geskep en nou moet die voorstelle eenvoudig afgedwing word om die massas tevrede te hou. Ten spyte daarvan dat dit ʼn negatiewe impak op elke Suid-Afrikaner sal hê en nie net op boere en hulle werkers nie,” het Meintjes bygevoeg.

Die landbougemeenskap het reeds vroeër kapsie gemaak oor die manier waarop die verslag saamgestel is nadat landbouers grootliks uit die proses gelaat is. Die boer Nick Serfontein en voorsitter van AgriSA, Dan Kriek – die enigste landbouverteenwoordigers op die paneel – se insette is in so ʼn mate opsy geskuif dat hulle ʼn minderheidsverslag saamgestel het. TLU SA, verteenwoordiger van kommersiële boere, is geensins om kommentaar genader nie.

“Wie praat namens al die boere wat nie verteenwoordiging in die paneel gehad het nie?” vra Meintjes. “TLU SA stel nog altyd ekonomiese beginsels voorop in enige gesprekke oor hervorming en as die basis vir suksesvolle landbou. Hierdie proses was beslis nie ekonomies gedrewe nie, maar stuur af op ʼn staatsbeheerde omgewing waarbinne die inisiatief van entrepreneurs en beleggers versmoor sal word. Die samestelling van die taakspan het duidelik ʼn spesifieke uitkoms bewerkstellig as gevolg van die persoonlike verbintenisse en standpunte wat ondersteun word.”

Die voorgestelde proses rondom die keuring en kies van bevoordeeldes is onder verdenking en baie duidelik deel van die ANC-regering se uitkoms van totale staatsbeheer, en in besonder die beheer van die produksie en verspreiding van voedsel. “Dit is niks anders as die wettiging van grondkaping deur die ANC-elite nie. Waarom anders die voorgestelde regulering oor watter produk waar geplant mag word, tesame met ʼn beplande grondbelasting vir plase waar boere reeds onder geweldige druk verkeer om kop bo water te hou?”

Die verslag fokus grootliks op plase vir onteiening, terwyl 67% van die Suid-Afrikaanse bevolking reeds verstedelik het en die behoefte vir behuising en dienste daar meer dringend is.

Kommersiële produsente moet in die voedselbehoeftes van stedelinge voorsien. Die oorgrote meerderheid – bykans 95% – van plase wat reeds deur die staat oorgedra is, het misluk en is uit produksie. Die kanse is skraal dat die plase wat onteien word sonder vergoeding, wel sal slaag. Hoe gaan Suid-Afrika dan in die voedselbehoeftes van meer as 50 miljoen mense voorsien?

“Deur net grond uit te deel, gaan beslis nie die ingewikkelde probleem van armoede – wat gesetel is in ʼn onopgeleide werkersklas as gevolg van swak skolering en gebrekkige vaardigheidsontwikkeling – oplos nie,” het Meintjes gesê. “Werk eerder daaraan om ʼn ware klimaat vir ekonomiese welvaart te skep. Die proses sal net slaag indien daar aan ekonomiese beginsels voldoen word eerder as rasgedrewe politiek.

“As alles rondom grond klaar is, wat dan mnr. Ramaphosa?”

Die fokus vir werklike oplossings behoort te wees waar die grootste opbrengs met die kleinste inset is. Dit is om eerstens behuising te verskaf aan die stedelinge wat in onaanvaarbare omstandighede bly en om seker te maak dat daar ook in die voedselbehoeftes van hierdie groep voorsien word – wat uiteraard die taak van die kommersiële boer is.

“Die onverantwoordelikheid rondom hierdie verslag gaan ’n impak hê op alle burgers wat eiendom besit,” sê mnr. Meintjes. “Ons doen ‘n beroep op enige regslui wat besorg is oor die toekoms van Suid-Afrika om TLU SA te kontak. Ons het reeds voorsiening gemaak in die vorm van ‘n trustfonds om boere wie se grond teen hulle sin en onder markwaarde onteien word, by te staan.

“’n Verantwoordelike regering en sy amptenare sal ook nie ‘n Sondag gebruik om ’n verslag bekend te maak wat die potensiaal het om Suid-Afrika te vernietig nie. Verantwoordelike mense sal Sondag in die kerk wees om te bid vir Suid-Afrika,” sê Meintjes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Vryheid ·

Die regering voel n vark- afval vir ons boere, die mense sal met kruiwaens vol geld in lang rye staan net om n brood te koop. Merk my woorde!

Sarie ·

Daar sal nie eers brood te koop wees nie en mense gaan sterf van honger soos vliee!

Staan saam ·

Dit is wat in Tanzanië destyds gebeur het! Sosialisme het oorgevat en mense moes in lang rye heeldag wag vir ‘n brood! Kommumisme wil als besit en beheer en die ekonomie stort in duie! Maar hoe verduidelik mens dit aan Malema en die massas.

Elna ·

Aan wie gaan die titel aktes gegee word in die grondonteienung verband? Die ANC maak regtig n baie groot fout om grondonteiening sonder vergoeding toe te staan. Daarom se ek hou op erfbelasting betaal solank. Hier gaan baie lelike dinge gebeur. Daarom beweeg SA elke minuut afwaarts in die grond in. Rus in vrede ons pragtige land Suid Afrika.

Koosie ·

In engels noem mens dit alodial title. So my vraag is … kry hulle die grond en betaal geen erf belasting en dienste nie ? Moet ons ander dan betaal vir die krag en dienste sodat ander dit verniet gaan kry …? Ek sal graag wil hoor hoe hulle werklose mense wat grond kry gaan maak betaal, of kry net die wat kan betaal … sjoe soveel vrae … sal maar wag vir die dag ….

Kyk ek kry ook elje 18 maande n mooi nuwe top of the range selfoon verniet ….

Sipho: i want to borrow money on my new property.
Bank: So i grant you the loan, you dont pay and i take your land for the debt. The government then takes it back and gives it to Johnnas … because the law states they can…

So ja … i can like to know wat gaan gebeur

Hendrik ·

As die grond klaar weggegee is gaan hulle jou pensioen, aandele en uiteindelik jou huis weggee. DIe uiteinde is dat, self al het hulle alles gevat, hulle jou steeds gaan blameer vir hulle armoede, en dan kom hulle vir jou!

Bekommerd ·

Dis presies soos jy daar sê. Mense wat nie self wil werk nie, wat lui en entitled is, was als verniet wil hê gaan nooit verantwoordelikheid aanvaar vir hul eie dom foute nie, maar altyd die vinger wys na ander.

Oom Koos ·

Die ANC wil graag n sosialistiese(kommunistiese) stelsel in SA vestig. Onteiening is n belangrike stap in die rigting ongeag die nadelige gevolge wat dit vir voedsel – sekerheid en stabiliteit inhou.

Johanna Botha ·

Zim het almal grond maar geen geld en al het jy geld kan jy nie eers n brood koop nie

JV ·

Die massas is in elk geval meestal buitelanders wat eintlik streng gesproke nie veronderstel is om grond te kry nie.

Anton ·

Alles volgens die sosialistiese meesterplan. Alles afbreek tot niks, Eskom, landbou, die hele ekonomie sodat die bevolking totaal afhanklik is van die staat. Blameer dan die sekere deel van die populasie wat altyd blameer word vir alles wat verkeerd is sodat die soustreinryers in beheer bly en dit inhark. Ons is in die heel laaste fase voor totale sosialisme. Enigeen wat dit nie sien nie is blind.
Daar is net EEN manier om hierdie bose greep op die land te verlig…

Gaitsigubib ·

Mens sou dink dat een of ander tyd sal mense se oe oop gaan, maar dit gebeur nie. Jaap Marias het al in 1980 gese ons gaan ons land afstaan aan die kommunis. Ons het dit gese toe Mandela oorneem, maar almal het teen die vriendelike Oupa vasgekyk en die ideologie wat hy aan gehang het geignoreer. Onlangs nog het mense op MM en elders vol lof van oom Cyril gepraat. Onder sy leiding sou grondgrype nie gebeur nie. Erken tenminste dat jul verantwoordelik is vir die gemors voor julle die land verlaat. Moet nooit weer in jou lewe stem nie asseblief.

Kallie ·

Afrikaners was nog altyd suckers vir mooi stories. Indien jy die regte dinge sê volg hulle jou blindelings.

Loeis ·

Ek het hierdie lankal gesê, en sê dit steeds. Hierdie gaan nie oor swart bemagtiging nie, en nog minder oor geregtigheid. Dit is die kommuniste wie blanke boere wil straf omdat hulle dit durf waag het om iets op te bou, en omdat hulle op grond woon waar hulle onafhanklik van die sisteem kan wees. Mense bly te herhaal hoe erg hierdie diefstal sonder vervolging vir die ekonomie sal wees, maar verstaan nie dat dit musiek in die kommuniste se ore is nie, want hulle stryd is juis teen die vrye ekonomie. Wat hulle hoor is dat hulle blanke eienaars kan vernietig, en dat hulle plan dus briljant is.

koos ·

In Afrika word jou rykdom in grond en kinders gemeet. Niks met boerderye en ekonomiese beginsels nie.

Pieter ·

Ja koos en as jy tien kinders het en daar is nie kos om vir hulle te gee nie wat dan

Hanna Hoekom ·

Wel, ek hoop hulle en hul massiewe gesinne kan grond vreet, want hier gaan niks oorbly nie!

Johan ·

Die naweek gaan kuier in Dullstroom. Baie goeie vergelyking gesien. Indien jy van Orighstad in die pas op ry is daar blanke boere se boerderye aan weerskante van die pad, groen, georganiseerd jy kan sien daar is beplanning met sitrus bome wat beplan en gegroei word. Ry jy deur die pas deur die tonnel oor die berg kom jy teen die afdraande af wat sien jy die swart “boere”, grond leeg gevreet deur boerbokke en beeste, die rivier vloei net so sterk maar daar is niks. Is dit SA se voorland, bestaans boertjies wat 5 koeie 30 bokke en 3 rye mielies het???? Wel ek wonder wie eet en wie gaan kyk? Jammer maar ek dink die meerderheid van mense in SA is nie boere nie. ‘n Boer wat die land bewerk is gebore en het opgegroei saam met sy Pa en sy Oupa om te kan boer. Soos ons almal nie dokters is nie is ons almal nie boere nie. Sterkte aan elke boer wat ons voedsel produseer, hoop maar Afrika se voorbeeld is nie ons voorland nie.

Hennie ·

Daar moet ‘n boek geskryf word: “As honde bloed geproe het”

Johnny ·

Dit gaan nie oor om te boer nie maar om bly plek te kry vir die masse mense wat hul belowe was punt

Pieter ·

Dit is van al die praat en onderhandel dat ons is waar ons is ons blankes sal nooit leer nie sterkte met die onderhandelinge mnr serfontein

Johnny ·

Dit gaan nie oor om te boer nie maar om bly plek te kry vir die masse mense wat hul belowe was punt die miljoene geld vir behuising was gebruik vir vir staats kaping

M ·

Wat mense nie verstaan nie is dat dit was nou aangaan n verlenging van die revolusie is. Eers bekom jy die beheer oor n land en dan sy bates. Die staat het reeds volle beheer oor minerale regte, water regte en kan eersdaags grond hierby voeg. N swak ekonomie maak net bates makliker bekombaar. Kommunisme bemoei hom nie met n sterk ekonomie nie, maar eerder beheer oor alles en almal. Word wakker Piet Retief, jou dae is getel.

aj ·

Niks gaan GEVAT word sonder WEERSTAND nie!

Olie julle roere … !

Hier kom ‘n DING!

fred ·

wat het hulle al die dekades in die ou tuislande bereik?
Daar lê miljoene hektare grond wat onproduktief is……
Hulle soek nie rérig grond om te boer nie…hulle wil in die groot stede bly ,maar daar is nie werk nie en ook reeds oorbevolk…..
In elk geval die bankvrot ANC het nie geld om infrastrukture aan te breng nie…

Boer ·

Ek is al hier op MM gekruisig omdat ek dit gesê het, maar ek sê dit weer ….. begin gaar brandstof, water, medikasie, voedsel en ammunition op. Die onvermydelike is oppad!!!

Werner ·

Dis nie net van vat of uitdeel nie sal maar sien die skrif is aan die muur

Jean-Pierre ·

Land hervorming het in baie lande al gewerk. Dit sal in Suid-Afrika ook werk. Hierdie is maar net bang maak stories.

Jerry ·

Kan jy glo dat oom Meintjes vra wat gebeur na grondhervorming. Hy behoort darem teen die tyd te weet dat more gaan vir homself sorg, vir soverre dit die ANC aanbetref. Die ANC droom dat die TLU met n plan vorendag sal kom sodat die ANC die teenoorgestelde van daardie plan die ANC se plan kan maak! Diegene wat nog nie besef dat dit is hoe die ANC te werk gaan om verandering te weeg te bring om kolonialisme te vervang sal dit nooit weet nie. Sosialisme is presies die teenoorgestelde van kolonialisme, oom Meindjes!

MW ·

Sondag is die eerste dag van die week, nêrens in die Bybel sien jy “Sondag” nie, altyd die 1e dag van die week, iewers was dit ook na verwys as die 8e dag van die week. Niks heiligs aan die 1e dag van die week nie. Sien ook H A T. Dit maak jou dink. Hoop nie die lot eis dubbeltyd nie

Adam ·

Let op Mnr Meintjies se aanhaling: “‘n staatsbeheerde omgewing waarin entrepreneurs en belegegrs versmoor word”. Dit is waarskynlik die beste manier waarop die probleem opgesom kan word. Die regering is waansinnig indien hulle van oordeel is dat grondhervorming soos voorgestel, die probleem effektief kan aanspreek. Die mense verstedelik, sit sonder huise en werk en die opbrengs van misdaad is hulle “hoofinkomste”. Dit is die probleem wat aangespreek moet word, tesame met korrupsie, wanbesteding, onproduktiwiteit, gebrekkige instandhouding van infrastruktuur en die algemene versuim om strukturele veranderinge aan die ekonomie aan te bring. Waarom voedselsekerheid bedreig? Wat ek wel wil sien is dat onbenutte staatsgrond beskikbaar gestel word aan opkomende boere, iets wat al jare terug onder ANC beheer moes gebeur het. Die staat het mynbou ernstig geknou, so waarom nou landbou takel wat ten minste nog behoorlik funksioneer en dit boonop sonder behoorlike staatsbystand.

Jacques ·

Die probleem is dat die massa mense dink hulle brood en meel kom van Checkers af en nie van die boer nie . Die boere word reeds soos dit is deur die ore gewerk om elke hoek en draai , wat nog kan hulle tref ?

Die regering kan nie eers die behuisings skema vlot hanteer nie. Hoeveel mense sit met meer as een huis op sy naam waar ander nie eers een het nie ? Ek sou gedink het daar moes n databasis wees waar elke persoon wat n huis het se naam op is sodat hy nie in elke provinsie n huis het nie . Maar nou ja , die slim mense wat DINK hulle weet alles .Red n nasie en bou n volk , hoe moet mens bou met sulke mense ?

RC ·

Hy vra wat gaan gebeur, natuurlik gaan hulle boer met kinders meer en meer hulle worry nie oor kos hulle sal maar moet grond eet!

pieter ·

Wel, as hulle my grond kom vat, het ek niks meer om te verloor nie,en sal ek baklei tot op die laaste. ANC jy is besig om n blik wurms oop te maak waaroor julle baie jammer gaan wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.