Wat het jy teen wittes? wil LP by Zuma weet

Pieter Groenewald. Foto: Twitter

Pieter Groenewald. Foto: Twitter

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het pres. Jacob Zuma Woensdag prontuit gevra wat sy probleem met wit mense is.

“Agbare president, wat het jy teen wit mense in Suid-Afrika? Elke keer dat iets fout gaan, blameer jy die wit mense van Suid-Afrika,” het Groenewald in sy passievolle toespraak gesê as deel van die parlementêre debat oor Zuma se staatsrede-toespraak.

“Jy gebruik die wit mense van Suid-Afrika as ʼn rookskerm om jou eie onvermoë en onbevoegdhede weg te steek.”

Groot dele van Groenewald se toespraak is deur die geskree van die regerende party se LP’s uitgedoof, veral toe Groenewald Zuma se pogings tot “radikale ekonomiese transformasie” en beleidstellings om swart mense te bevoordeel, gekritiseer het deur te sê dit sal die land bankrot maak.

“As jy ekonomiese groei wil hê om werksgeleenthede te skep, plaas ʼn moratorium op swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie, dan sal jy die groei kry,” het hy gesê tot groot verontwaardiging van die LP’s in die ANC-banke.

Chaos het verlede week by die staatsrede uitgebreek toe die parlementêre veiligheidsbeamptes letterlik in ʼn vuisgeveg met LP’s betrokke geraak het nadat hulle die verrigtinge ontwrig het. Nadat die EFF-LP’s met geweld uit die parlement verwyder is en LP’s van ander opposisiepartye vrywillig die parlement verlaat het, het Zuma uiteindelik sy toespraak met ʼn geamuseerde kekkellaggie begin.

Pres. Jacob Zuma tydens sy staatsrede op 9 Februarie 2017 (Foto: Ngizozo Jiyane, GCIS)

Pres. Jacob Zuma tydens sy staatsrede op 9 Februarie 2017 (Foto: Ngizozo Jiyane, GCIS)

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het na afloop van die staatsrede gesê Zuma stook vure van rassepolarisasie terwyl hy lag. Sy het Zuma ook gekritiseer dat hy weereens wit kapitaal die sondebok vir die tekort aan ekonomiese groei in die land wil maak.

Die VF Plus se reaksie op die staatsrede het hierdie siening herhaal deur te sê Zuma se fokus op wit mense asof hulle die ekonomie beheer, steeds die topposte beklee en steeds meer verdien as swartes, is “niks anders nie as ʼn rassistiese aanval op wit mense nie”.

“Dit is jammer dat soveel struikelblokke in wittes se pad geplaas word, aangesien hulle graag ʼn bydrae wil lewer om die ekonomie te laat groei en werk te skep,” het Groenewald in die verklaring gesê. “Al wat pres. Zuma in sy staatsrede gesê het oor die sogenaamde radikale ekonomiese transformasie, is die besluite wat die ANC in Januarie by sy bosberaad geneem het, wat dit duidelik maak dat die ANC se belange eerste gestel word en nie die land s’n nie.”

Zuma sal vanmiddag in die parlement reageer op die grootliks negatiewe kritiek wat teen hom uitgespreek is tydens die debat oor die staatsrede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

[email protected] ·

Die agbare Zuma moet weet ek en my gesin verskaf werk aan 2 swartmense wat ons in totaal met kos en vervoer insluit R3 300.00 uit die sak jaag..ek kan sonder hulle klaarkom…maar dan ly 2 gesinne honger…hulle werk ook vir ander blankes…en ek reel dat kinders verder leer en bt ook daarvoor asook sorg dat die werk kry…hoeveel moet ons as gesin nog meer doen…dan praat ek nie van hul mediese uitgawes nie en klere; skoene ens.

Anne ·

Die enigste opsie is om werk aan ons eie mense te gee. Laat hulle maar bakhand by hulle regering gaan staan. Ons het meer as ons deel gedoen, dis regtig tyd om ons eie mense te begin bystaan daar is net so ‘n groot behoefte onder hulle.

Piet Pompies ·

Dis nou n stupid ding om te doen..Daar is wit mense in plakkers kampe..Hoekom nie hulle werk gee, en hulle kinders help nie..Staan ons blankes dan nie saam nie..?

AL ·

Maklik. Verwoerd het apartheid ingestel en jare later word ons met daardie einste sambok geslaan tot daar nie meer plek op ons lywe is vir nog houe nie. So word ons nageslag ook gestraf.
Politieke leiers is lief om munt uit te slaan uit apartheid en om apartheid te blameer indien dinge vir hul skeef loop en hul onbevoeg is om die land te regeer.
Dat die witmense wetgehoorsame, vredeliewende en belastingbetalers is, en aan oplossings help dink en bydra tot die ekonomie swyg hul gerieflik.

AL ·

Wanneer SA soos Zim in puin en sak en as le, wonder ek wie gaan die ANC dan blameer? Ongelukkig vir hul sal hul dan alleen beskuldiges wees voor die regbank van die mense. Soos Mugabe voor die regstoel staan tans in Zimbabwe.

Rina Diedericks ·

Die beste van als is dat almal dink Dr. Verwoerd het apartheid ingestel en dit is nie waar nie. Engeland se koningin het apartheid ingestel in ons land. Slaan bietjie die geskiedenis na dan sal julle sien.

At ·

Terwyl witmense dink dat die DA vir hul (en ander minderhede sal veg), sal die regerende party en sy trawante die res van SA bly minag. Die opposisie is selektief-ruggraatloos. Al mense wat werklik iets probeer word ook swartgesmeer daar die liberale gemors in SA. Red ‘n nasie met sulkes!!!!

AL ·

Die Liberales se breine is maar klein. Hulle stemme raak nou stil, net hier en daar wat iemand nog n piep gee. Volgens hul is Afrikaners verkramp, tog moet hul besef dat die Afrikaner baie wysheid in pag het. Ons het nie verniet gekom tot waar ons vandag is nie. Ons het al baie terugslae en uitdagings oorkom en elke keer sterker en ryper daaruit gekom.

nettie ·

Nee Maroela hy het gevra: Waarom haat jy witmense ……….

Mossie ·

Ek dink jy moet dit weer kyk,Groenewald het glad nie gevra “waarom haat jy witmense”

Mike de Beer ·

Dit is bepaald rassisme gemeet aan die huidige statute. Ons segsmanne moet asseblief klagte afle?

cor ·

Huibried ek stem saam met jou ek het 3 werkers in diens en dit sal nie moeite en inspanning verg om sonder hulle klaar te kom nie. Dan is daar nog 8 mense wat gaan honger ly en dan het die regering van die dag nog iets om die witte voor te blameer.

Johann Barnard ·

Ek het sopas alle swart werkers van my afgedank,maak nie saak of ek my nou gaan doodsukkel in die toekoms nie,het hulle nie meer nodig nie.

Eish.. ·

Ons hoop jy lewe nog more…. Ek verstaan 100% hoe jy voel, ek het nie daardie guts om te doen wat jy gedoen het nie, want ek vrees vir my lewe.. Elke keer wat ‘n swart man of vrou verby my stap dan kyk ek af.. maar ek dink dit is tyd om terug te vat wat ons sn is!!

peanut ·

Baie Geluk Johann Barnard, ek stem, kom self sonder enige hulp klaar, met n voltydse werk, gesin en dubbel verdieping. Elkeen doen sy deel en raai wat is die beste van alles: skielik is daar nie meer n gesoek na bypassende sokkies, of die vleis wat laas nog in die vrieskas was, of daai kg suiker, of meneer se skroewedraaier. Geen bekommernis oor gebrande klere of halfgewaste vloere, man die lewe gaan nou begin lekker raak by jou, harde werk tenspyt. Ons blankes het oor die jare self maar te gemaklik begin raak. Oorsee doen elkeen self alles en dinge werk. Maar sterkte met die eerste paar maande, daarna gaan dit al makliker – ratte moet net goed ge-olie bly

Ouvrou ·

My kinders het vir 50 swart mense werk gegee, maar helaas hulle vertrek die 28ste na NZ. So mnr Zuma, sit dit in jou CV. Jyt al n indrukwekkende een van duisende witmense wat die land verlaat het.

tink ·

Dellaq
Ek stem 100% saam jou ons bly hulle jamer kry weet julle wat begin julle eie jamer kry. Hulle staan en vra vir geld en kos omdat hulle nie werk kry nie want hulle is wit maar, nee ons is te gou om dai mense sleg te se en te se dis vir drank ens weet julle wat daar is regtig van hulle wat kos koop en wat van ons kinders een dag ons wit mense sit in n kar en neem pic hoe n vrou geslaap word deer n swart man maar almal sal bly sit en haar nie help nie die wit mense het slapgat geraak staan op vir jou regte en doen iets. Wit mense will nie sien dat n ander een beter as n ander doen nie hulle kyk neer op mekaar en dit maak ons wit mense wat ons is vandag.

Anne ·

Ek stem 100% saam met jou tink, laat hulle gaan en gee die werk vir ons eie mense, hulle het dit net so nodig!

cor ·

Tink het jy al vir van daardie witmense werk gegee, ek glo nie. Wel ek het al baie en as ek se baie van hulle werk gegee, my werk is 99% op jou voete ek is 67 jaar oud en nie bang omte werk en op my voete te staan nie , van hulle kan nie solank staan, hulle vertel jou gou wat jy met jou werk kan doen en waar jy dit kan insteek, hulle het nooit geld nie maar vir, drank, sigarette en lugtyd is daaraltyd geld. Hy word indiens geneem vir wat hy se hy kan doen dan verwag hy jy moet alles doenen hy wil staan en kyk, ook se hy gou vir sy drinkebroers hy maak jou ryk.. Verder daag hulle net nie weer op na hulle eerste betaling nie, so is beter en werk sonder hom en jy kry kwaliteit werk en dit is op tyd klaar.

Marietjie ·

Jy het die waarheid gepraat Mnr Groenwald. Dit was n treffende toespraak.

AL ·

Ek stem, dis tyd dat ons vir ons eie minderbevoorregte mense iets negin beteken. Ek het nou die dag my 2de handse klere vir my kerk gegee en was geskok oor hoeveel van ons mense swaarkry! Gewoonlik het ek my klere vir my tuinier gegee, nou hoop ek dit eerder op vir die kerk te gee.

Magaret Henderson ·

Ek kyk elke dag nuus ,Maar Niks word ooit gese van Plaas Moorde op Tv nuus Nie, Dis Asof hulle alles toesmeer Jy lees dit net op Facebook Dan Kry jy Lee beloftes dat mense gaan help maar dit loop dood Nadat hul daaroor gepraat het, Eks baie bekomerd oor Die banke Kinders Babas Vroue, Self die Staats Hospitale werk nie mooi met blankes Ni, Maar nog steeds word niks gedoen nie, As ek terug kyk toe Mandela in bewind was, was dit nog ok Maar vandat Zuma in is is daar MEER MOORD Hy lag daaroor. Ek sal ook Graag wil weet Wat het Zuma teen ons Blankes, Ons het Niemand seer gemaak of Dood gemaak ni, Hkom moet Ons gestraf word vir dinge wat nie in ons tye was nie, Hkom moet soveel mense onskuldig lei. Waar is dai woord Suid Afrika is n Rainbow Nation – Nee Suid Afrika is in Werping van Duiwels Magte wat MOOR Die Land Van Die Dood Dis Hoe ek nou vir n Eens Pragtige Land sien, Ons Het God in Hierdie land Oneindig Nodig . Ja Ons Almal het n Afspraak met die Dood, Maar nie om n lewe te vat wat nog moes geleef het Nie. God alleen sal ons kom haal. Maar Daardie mense wat ander se Lewens So wreed Neem Se Oordeels dag sal in God se Hande Rus……

JC ·

Ek het lank reeds gedink Mnr Pieter Groenewald is die leier wat ons Afrikaners lank reeds nodig het. My gebede is nou verhoor, dankie die Here vir Mnr Groenewald.
HY IS NOU ONS AFRIKANERS SE NUWE LEIER, WAT ONS ‘N STEM GEE.
EK IS SO DANKBAAR. DANK DIE HERE!! Ek staan bankvas agter hom en die VF+. Hier is moeilikheid oppad hoor, al die tekens is daar. Wees gereed. Johann, jy’s awesome want jy weier om nog ‘n slagoffer te wees:-) Ek salueer jou want jy het die regte besluit geneem met al die tekens wat daar is. Burgeroorlog is oppad en dit is ‘n feit, oorlog is nie mooi nie maar ek gee my bloed vir my geliefde land Suid-Afrika!!

AL ·

N Besondere prestasie by dit is dat die VF+ sedert die begin van die demokrasie in parlement is en nog steeds oorleef. Nog n rede om hulle te versterk.

Hendrik ·

Die regte besluit sal wees as die VF+ onttrek van die parlement en sy gewig ingooi by die burgeregtegroep Afriforum. In die parlement praat die opposisie net en kan net niks regkry nie want hulle is te min. Buite parlementere burgeregtegroepe het is baie meer al gedoen vir die Afrikaner as enige opposisie party.

Jorie ·

Sjoe, maar mnr Groenewald het dit so goed en so reg gesê. Dis presies hoe ek ook voel. So baie Afrikaanse mense stem DA en ek dink dit sal gaaf wees as hulle in beheer kan kom. Maar ons vergeet om vir n party te stem wat, onbeskaamd, ons eie belange op die hart dra. Dit is natuurlik die VF+ en ek stem vir ouens wat hulle vir my belange beywer.

Aster ·

Nee kyk, ek het vir die DA kans gegee om hulleself te bewys, maar ek is teleurgesteld, want hulle het nog nie ‘n woord gesê oor hierdie aanvalle nie. Dis swak! My volgende kruisie gaan vir VF+.

Rynhardt ·

Groenewald, u wil by Zuma weet wat hy teen wit mense het? Daardie antwoord kon u gekry het by die Mulder-broers in u eie party.Hulle was deel van Kodesa waar daar geonder was volgens die Vryheidsmanifes dat blankes geen bestaansreg mag he in SA nie.Groenewald, kom ek vat dit n stap verder en ek sal dit beantwoord wat Zuma nie kan doen nie.In 2008 tydens n saamtrek in Kwazulu-Natal het hy aan die massas die volgende gese:”Die Afrikaners moet boet vir wat by Bloedrivier gebeur het. ” Groenewald, kan u en talle ooms nie sien wat aan die ontwikkel is in SA nie?Groenewald, ek beveel aan dat u met die Mulder-broers praat en hulle moet u behoorlik inlig oor die Vryheidsmanifes waarvoor hulle almal geonderhandel het met Anc.Laat hul uitspel in detail waarvoor geonderhandel is, want dan hoef u nie vrae vir Zuma in Parlement te vra nie.Kan u en VF+ nog nie sien wat aangaan in SA nie?

wdp ·

Hulle antwoord sal wees dat hulle vir Roelf gewaarsku het maar Roel en FW het hulle eie koppe en aan hulle eie sake gedink -nie aan die minderheidsgroepe nie

Wim Kotze ·

Rynhardt, hoe kan jy met ‘n rein hart sê dat die Mulder broers oor die Vryheidsmanifes onderhandel het? Dit is mos ‘n blatante leuen. Vra die ooms wat daar was wat daar gebeur het.

Ilse ·

Ek stem saam met die dat ons hulle moet afdank en blanke mense kry om vir ons te werk MAAR die blanke mense wat so bedel wil nie werk nie. Ek hulle al gesê hulle moet gaan werk kry dan vloek hulle my so hulle kan jy nie in diens neem nie. Dan die wat nou skool klaar gemaak het wil nie op ‘n plaas of ‘n werkie klein werkie doen nie. Die kinders mik te hoog in die lewe en dis nie hoe dit werk nie. Ek ook al baie van hulle jammer gekry en gehelp waar ek kan maar daai dae is verby.

Afrikaanse Knaap ·

Ek stem saam met Mr Groenewald. Hierdie rasse wette is besig om alles te breek.

jaco ·

OK, praise the Lord, hy het dit nou gesê: wit beheer oor die ekonomie moet weg, so ons belastinggeld is nie nodig nie. Doen nou net asb nog 1 ding President Zuma: deporteer ons na Europa of Amerika of Australië of Argentinië, want dit sal wonderlik wees om van vooraf te begin SONDER regstellende aksie, SONDER beurtkrag, SONDER plaasmoorde, SONDER ander moorde op witmense wat die polisie bloot ignoreer, SONDER steeds stygende en stygende pryse van petrol en kos, SONDER Metrorail treine wat laat is of nie loop nie weens vandalisme, SONDER alewige sluit en oor jou skouer kyk weens misdaad oral, en en en. My lys van hoe vrot SA is, is BAIE lank.

Minx ·

Ilse
Ek weet nie hoe kan jy so alle witmans onder dieselfde kam skeer nie…..Ek weet daar is sommige mense met drank en dwelms probleme maar om darem te se hulle wil nie werk nie is nie waar nie.. wit mense is gebroke waar kan jy vir die mense werk kry want ek weet van baie mans wat enige iets sal doen om te kan werk en wat swaar trek om hulle gesinne te voed maar die geleenthede ontbreek. Mense is gewillig om hulle lewens te waag om onwettige imigrante teen ‘n klein bedragie te huur en dan word hulle wreed vermoor as jy rerig wit mans soek om te werk kontak helpende hand of miljoene vir Steve selfs die VF+ want ek sien mans in die kerk wat verwaarloos en uitgeteer is wat Bid vir ‘n werk die mense wat een of twee voorvale gehad het of sommer net strooi versprei is besig om ons wit mense se moraal te breek. Hoeveel van die ander nasies staan en bedel so is maar reg dat hulle nie werk nie. Nee wat Ilse jou oordeel is onregverdig en breek net ons wit mense nog meer.

CAB ·

Ek raak so moeg vir die wit Afrikaner wat se niks word gedoen nie. Kan ek Julle vra om Julle oog klappe en oor klappe af te haal. En raak tog asb betrokke by die stukture wat Wel al in plek is. Want daar is al duisende man ure aan spandeer aan hierdie strukture. Hou op om die mense in die besig vat wat Wel iets doen hou asb op om Julle gesigye weg te draai. Ek skaam my dat mense so verby dit Kan kyk.

Chris ·

Ek hoor en sien die emosie in die “argumente” as dit oor ras gaan. Ek daag elke wit mens in die land uit, begin in jou eie huis. Raak ontslae van die huishulp. Waarvoor het jy een nodig? Wat doen die huishulp wat die vrou, man en kinders nie kan doen nie. Ons kla met die witbrood onder die arm. Ons is te gemaksugtig. In my getroude lewe van 30 jaar het ons nog nooit ‘n huishulp gehad nie. Ons almal het ons deel van ons take verrig soos in almal. Ek het vloere gewas, gestryk, kos gemaak, tuin in stand gehou. My vrou het ook voldag gewerk. Waar daar ‘n wil is is daar ‘n weg.

Ria ·

Ek is so kwaad vir zuma en al sy ondersteuners sluit EFF en SAKP ,s almal in . wanneer ek weer by n enige eetplek iets drink of eet gaan ek vra of daar wit kelners is. Indien nie sal daar gee tip meer wees nie. My geld is goedgenoeg maar my vel nie.

Johann ·

Daar is nog nie ‘n poltieke party gestig wat die agteruitgang in SA kan stop nie. Hulle is almal net daar vir die vet salarisse en “perks” wat met die pos kom.

Christo ·

Geagte Al dr HF Verwoerd het nie Apartheid ingestel nie. Die eer kom eerder Premier Cecil John Rhodes toe. Lees asseblief jou Geskiedenis boeke !

Manna ·

Die vraag moes lankal gevra gewees het en dit moes baie moed geverg om dit te vra in teenwoordigheid van vyandige parlementslede. Mooi so Pieter tyd ordentelikheid en mooi praatjies is verby.

Riaan Malan ·

Net gou die volgende ,jy kry net soveel sleg witmense as goeie witmense wat swaarkry.Uit 1stehands se ondervinding.ek en pa laai op die pietersburg snelweg n man,vrou en 3 seuns op wat hike Warmbad se kant toe.Die man se hy is n nutsman.My pa gee hulle werk as opsigter by sy plaas en n salaris van R9000.00 n maand,Hulle hoef nie huur,water of elektrisiteit te betaal nie.My pa sit die 3 seuns in Nylstroom koshuis waar hy alles betaal ,skool klere ingesluit.3 weke daarna is alles omtrent weggedra of verkoop,die seuns uit die skool gehaal en hulle is vort—dit was witmense—-ek se maar net

Robbie ·

Wat het Zuma en sy miljoene volgelinge teen wittes ? Die antwoord is eenvoudig: Wit liberaliste het vir hulle gesê wittes is die probleem van alles. George Soros neem tans wêreldwyd die leiding hiermee.

What a joke! ·

Toe hul gese het plaasmoorde is nou n prioriteit het hul bedoel dit moet vinniger gebeur en ons blankes het mis verstaan! Dis hul prioriteit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.