Wat het Zoeloekoning se begrafnis Eskom gekos?

Pres. Cyril Ramaphosa by die roudiens van oorlede koning Goodwill Zwelithini. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Eskom se aankondiging dat hy beurtkrag Donderdag tussen 10:00 en 14:00 opskort sodat Suid-Afrikaners die roudiens vir Zoeloekoning Goodwill Zwelithini op TV kon volg, word wyd bevraagteken.

Suid-Afrikaners gaan die afgelope ruk oudergewoonte gebuk onder die stelsel wat in werking gestel moet word wanneer Eskom nie in die vraag na elektrisiteit kan voldoen nie. Dit word gedoen om te voorkom dat die kragnetwerk heeltemal in duie stort.

Fase 2-beurtkrag geld op die oomblik, maar die kragvoorsiener het Woensdagaand gesê dit word vandag tydelik opgehef – spesiaal vir die Zoeloekoning se roudiens.

Ghaleb Cachalia, die DA se woordvoerder oor openbare ondernemings, sê deur beurtkrag op te skort sê Eskom eintlik dat die stelsel “vir ʼn ruk aan- en afgeskakel kan word, soos ʼn speletjie”.

Hy sê dit ondermyn ook Eskom se eie uitgangspunt oor beurtkrag en maak die konsep heeltemal irrasioneel.

“Mense steek al eeue lank ʼn kers aan om hulde aan hul dooies te bring. In Suid-Afrika skakel ons die elektrisiteit aan.”

Die DA eis nou om te weet hoeveel geld Eskom aan diesel bestee het om die ligte vir die roudiens aan te hou, asook watter kriteria gebruik is om ʼn besluit daaroor te neem.

“As Eskom vier uur kan vind om die ligte vandag vir die roudiens aan te hou, kan hy sekerlik dieselfde doen vir gewone Suid-Afrikaners wat in hospitale veg om hul lewens en sakeondernemings wat sukkel om kop bo water te hou weens die dubbele slag van Covid-19 en beurtkrag.”

Cachalia sê die DA deel die smart van die res van die land wat rou oor die koning se dood, maar die roudiens moenie gebruik word as ʼn verskoning om burgers ongelyk te behandel nie.

“Dit is ʼn onverdedigbare en belaglike besluit deur Eskom.”

Hy meen dit is ook nie toevallig dat die opskort van die beurtkrag saamgeval het met pres. Cyril Ramaphosa se huldeblyk by die roudiens nie.

Maroela Media het ʼn navraag aan Eskom gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Genis ·

Dis regtig absurd, en onregverdig teenoor die wat duur vir krag betaal… SHOCKING om die minste te se… Eskom is so uit hulle diepte uit, en uit gevoel met die man op straat

Fedup ·

I agree with Ghaleb Cachalia.
excom and their Musical chairs.

Pieter ·

hahaha hou die krag aan vir iemand wat die land geld kos maar nie vir die wat die land geld maak nie… Klink mos vir my soos 1994-2021 Suid Afrika… Hoe se ABSA…

Jessica ·

Ag , ons gooi nou letterlik ons perels vir die varke. Almal word aangekla , maar niemand moet inboet nie, buiten ons… die mationette wat ons belasting MOET betaal. Al die skelms kom vry, nie eens die Zondokomissie het al iemand agter tralies gesit nie. Alles snert… ek glo nie meer n woord wat enige iemand sê nie.

Friedrich ·

Zondi is dan bang vir skelm Zuma, hoekom sal enige iemand iets doen aan die krag reus Eskom

Dirk Mostert ·

Dis eerder ‘n geval van C.R. is te bang om Zondo te ondersteun.

Androclus ·

Mense steek al eeue lank ʼn kers aan om hulde aan hul dooies te bring. In Suid-Afrika skakel ons die elektrisiteit aan.”ANC Regering is ‘n sirkus.

MT ·

Wel, ons sogenaamde ‘bevryders’ is berug daarvoor dat hulle met party saamtrekke vrot gebraaide hoender en verblykte t-hempde uitdeel om guns by die massas te koop.

Hierdie ‘vriendelike gebaar’ van Eskom (wat deur ons befonds word) is bloot die ANC wat weer guns onder veral Zoeloes probeer koop. Daar is immers binnekort plaaslike verkiesings .

Mariana ·

Mense moet besef dat ANC = Eskom. ANC neem besluite rakende Eskom se kragverhogings ens. Hulle het die hef in die hand om ons almal soos imbesiele te laat lyk of so dink hulle. Tyd vir hulle om te gaan,maar stemtyd word kruisies maar weer getrek by die spul. So word hulle in plek gehou deur die menigtes. Our People kan maar net nie verstaan dat die einste ANC ook hul ondergang beteken nie, nes dit die land se ondergang is.

Johan ·

Die ANC-EFF weet hul sal MOOIT n verkiesing verloor nie….daarom kan ons maar skree soos ons wil, hul gee net nie n vlenter om nie. Probeer maar DA, jul sal elke verkiesing wegstap met minder steun, soos die ander wat ook niks kan sê nie. Gaan kyk n slag na die parlement sitplekke, ANC-EFF sal ALTYD daardie groen en rooi kolle volmaak.

Dirk Mostert ·

Die wortel van die kwaad is demokrasie, wat aan elke Jan Rap stemreg gee.

Jacobus ·

Die skade wat aangerig word deur lukrake aan en afskakel van krag netwerk is onberekenbaar. En ek praat nie eers van skakel netwerk nie – NEE my en jou apparate in jou woning. Belaglik.

Anthony ·

“Maroela Media het ʼn navraag aan Eskom gerig en wag op terugvoer ” Don’t hold you’re breath……

Dries ·

Ons het n profetiese Afrikaner leier verloor. Dr Harzenberg. Ons sal maar kersies brand vir hom. Dit bevestig darem sy nederigheid

MakersMark ·

Ha ha wat ‘n grap. Koningkryk….? Watse impak het die koningkryk en koning in die wêreld vandag ??

Pieter ·

Belasting boikot al die gepraat gaan ons niks help nie. Dan het die koning nog n selaris van honderd en twintig duisend rand n maand ook gekry. En dit is ons belasting betalers se geld. Koning se agterend man

Kokerboom ·

Ag nee magtig Andre de Ruyter!!! Ekt baie meer verantwoordelikheid van jou verwag as dit!!!

Johnny ·

Die DA deel smart, maar nie noodwendig die res van die land s’n nie – net ‘n gedeelte van die land. Hulle praat geensins namens my nie.

annie ·

Die Zoeloes regeer die land en CR moet mooi trap. Eintlik was sy majesteit ook ons koning want ons sorg hoeka vir die familie en entourage en hou die rietplantasie aan die groei vir die uitjol van die hogeres oa sy hoogheid Mbeki… mmm?

Johan ·

Was hy lid van die Roman Catholic kerk? Ek bekyk sommer die beeldjies op die foto.

Blikkantien ·

Belaglik verby! Hy is niks van my nie, laat sy onderdane vir sy onderhoud en sy familie betaal

Roebs ·

Eskom moet ander bestuur kry iemand wat weet wat aangaan en om die krag aan te hou hoe kry hulle dit nou reg? Regtig ek dink dis ma net nog ‘n manier om ons op ons kniee te bring SA gaan vir die honde alles val uitmekaar

4ntj13 ·

Dit was ʼn briljante erkenning van die gebrek aan erns waarmee Eskom beurtkrag benader. Wat van Afriforum doen ʼn formele, onafhanklike ondersoek?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.