Wat is jou nalatenskap, meneer die president?

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: @SA Gov News/Twitter)

Die landbou-organisasie TLU SA het ʼn ope brief aan pres. Cyril Ramaphosa gerig waarin hy versoek word om te besin oor sy nalatenskap.

Louis Meintjes, president van TLU SA, sê in die ope brief ʼn regering het twee belangrike verantwoordelikhede in ʼn demokrasie, naamlik om die veiligheid en sekuriteit van alle mense te verseker en die soewereiniteit van die land te beskerm, en tweedens om ʼn klimaat te skep waar die ekonomie kan floreer. “Dit beteken ʼn politieke omgewing moet geskep word sodat beleggers, plaaslik en internasionaal, vol vertroue en gemaklik sal wees om hul geld in Suid-Afrika te belê,” het Meintjes gesê.

“Dit is kommerwekkend dat enige realistiese en regdenkende persoon kan sien dat die regering die land versaak het in albei hierdie verantwoordelikhede. U moet nou besluit wat u nalatenskap gaan wees. Gaan u maar net op hierdie spoor bly van die ANC, sedert dit aan bewind gekom het, om die land te plunder, vaardighede te verdryf en ʼn goedbestuurde entiteit in ʼn disfunksionele toestand te verander? Onder die ANC het werkloosheid en armoede toegeneem. Wat moet die mark doen om aan u te bewys dat u beleidsrigting, om sosialisme en kommunisme aan te hang, wat wêreldwyd onsuksesvol was, tot dieselfde katastrofes hier in Suid-Afrika gelei het? Almal besef hoe die ekonomie negatief reageer het.”

Meintjes het ook verwys na Ramaphosa se strategie om grond aan swart mense te oorhandig. “Buiten dat hierdie beleid op leuens en ʼn verdraaiing van die geskiedenis van grondbesetting gebaseer is, gaan u voort met hierdie oordrag van grond ondanks ʼn mislukkingskoers van 91% – volgens u eie erkenning. Mnr. Ramaphosa, niemand kan ʼn ander persoon bemagtig nie. Dit is ʼn keuse wat elke persoon vir homself moet maak, om sy Godgegewe talente tot die beste van sy vermoë te gebruik. Die tragedie is dat, onder u administrasie, het ʼn kultuur, om aanspraak te maak op iets, ontwikkel waar almal alles ‘eis’. Hierdie houding lei tot ʼn doodloopstraat vir Suid-Afrika.”

Meintjes sê die prys van dié beleidsbenadering is te duur om te betaal. “Misdaad is nou buite beheer. Drie-en-vyftig persone word daagliks in Suid-Afrika vermoor. Boere wat kos moet verskaf aan die land se 54 miljoen mense, word buite verhouding aangerand en vermoor teen ʼn onaanvaarbare hoë koers. Die kern van hierdie probleem lê voor u deur, mnr. Ramaphosa. U toon geen politieke wil om publiek oor dié gewetenlose situasie te praat nie. U stilswye skep die indruk dat u die misdaad in die land goedkeur.”

Hy voeg by dit maak van Ramaphosa medepligtig aan die geweld en moorde. “U versaak u grondwetlike verantwoordelikheid.”

Meintjes gee ʼn paar praktiese wenke vir Ramaphosa:

1. Laat vaar die beleid om slegs een rassegroep te bevorder. Swart Ekonomiese Bemagtiging het tot dusver nog net ʼn paar bevoordeel, terwyl armoede in die res van Suid-Afrika toegeneem het.

2. Gee titelaktes aan die inwoners van die HOP-huise.

3. Bevestig die beginsel van privaat eiendomsreg en die vryemarkstelsel as die voorkeurmetode hoe welvaart geskep kan word.

4. Suid-Afrika wil van u hoor oor die land se misdaad.

5. Met 67% van die land se inwoners wat in stede woon, moet u besef dat die grootste bate vir dié land kommersiële boere is. Hierdie boere verskaf kos aan elke Suid-Afrikaner. ʼn Verantwoordelike president sal alles in sy vermoë doen om hierdie mense te koester en hul veiligheid en sekuriteit te verseker.

6. Raak ontslae van die beleid van onteiening sonder vergoeding.

7. U uitlatings dat korrupsie uitgeroei sal word, is ʼn positiewe benadering, maar ongelukkig lyk dit of hierdie probleem baie versigtig getakel word en daar is nie enige duidelike planne in die pyplyn om stappe te doen teen diegene wat in magsposisies is nie. Daad moet nou by woord gesit word.

8. Landboumisdaad speel ʼn uiters negatiewe rol in landelike gebiede. U moet dit verbaal, met u eie woorde, veroordeel. Buiten plaasaanvalle en -moorde, vind gewelddadige rasseaanvalle ook plaas. Die plunder van infrastruktuur op plase, diefstal van vee en produkte, en die diefstal van duur elemente soos saad, bemesting en diesel moet veroordeel word.

9. Kommersiële landbou skep werk vir 834 000 werkers. Dit beteken ʼn bedrag van R2 919 000 000 wat boere in salarisse betaal en die ekonomie word daardeur gestimuleer. Elke plaas wat sy produksie verloor, omdat u as die staat daardie plaas vir grondonteiening geoormerk het, of as ʼn plaasmoord plaasgevind het, verhinder onmiddellik die moontlikheid van nog werk op daardie eiendom.

10. Mnr. Ramaphosa, u land het ekonomiese groei nodig. Elke beleidstoespraak en elke stuk wetgewing moet getoets word oor die impak wat dit op beleggers sal hê. Beleggings is die eerste trappie op die groeileer. Beleggings sal slegs plaasvind waar daar vertroue is. U hoef nie te wonder of u die regte ding doen nie, die mark sal dadelik wys of u op die regte pad is. Dink na oor u beleidsrigtings, want u huidige benadering werk nie.

“Elke persoon is verantwoordelik vir sy eie nalatenskap. As u op hierdie spoor voortgaan, sal u medepligtig wees daaraan dat Suid-Afrika op die ashoop van mislukking en verwoesting beland. Daar is soveel talent in hierdie land beskikbaar vir u gebruik. U het gekies om dit eerder ʼn rassekwessie te maak. Raak ontslae van u benadering van kaderontplooiing en gebruik die beste vaardighede wat beskikbaar is – ongeag die ras. U sal ʼn beleidsomgewing skep wat vertroue bevorder en die nodige beleggings lok. Dit sal uiteindelik groei waarborg.

“Neem die verantwoordelikheid om te regeer, en regeer dan! Raak ontslae van die ‘struggle’-mentaliteit en hou op om die ANC te probeer red in plaas daarvan om Suid-Afrika te probeer red. Die geskiedenis sal u optrede beoordeel. U het die keuse óf om te bou óf om af te breek. Watter pad u kies sal in die annale van die land opgeteken word – mislukking of sukses. ʼn Groter Mag as enige mens sal uiteindelik die finale oordeel vel – vir u en vir my.”

Meintjes het gesê TLU SA het al langer as 122 gewerk om ʼn geskikte beleidsomgewing vir die boer te skep en te verseker sodat hy suksesvol kos kan vervaardig. “Die vaardighede en bereidwilligheid is duidelik en hy is gretig om van Suid-Afrika ʼn suksesstorie te maak. Dit is u keuse om dié kennis en goedhartigheid te gebruik of nie. TLU SA sal graag ʼn konstruktiewe mag wil wees om die toekoms te bou. Maar dit kan slegs gebeur as die regte ekonomiese beginsels toegepas word. Suid-Afrika en die wêreld wag vir u staatsmanskap om onthul te word. Of sal u naam bloot opgeteken word as die leier van ʼn outydse struggle-beweging? Die antwoord is in u hande.”

*Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, het intussen bevestig die presidensie het erkenning van ontvangs aan die organisasie gelewer en onderneem om op die brief te reageer. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Ep ·

CR voel niks vir blankes Indien sou hy lankal sy stem dik gemaak het Hy sou lankal daardie lawe hoedjie nar ( cele) van hom opdrag gegee het om sy werk te doen Maar o wee as dit n nie blanke wat vermoor is sal daar n 72 uur tydperk wees om die swernoot aan die kaak te stel CR moet net ophou lieg en sy werk doen Persoonlik dink ek hy loer teveel oor die skouer wat Supra en Ace doen en hoe hy hulle van sy lyf kan weghou TLU SA moet net weer CR voel vele vir die wit man en dit wat hy gaan sê gaan n lot liegstories wees om almal te paai

Anoniem ·

Nalatingskap!!!!! Verwoesting moord ondergang van S.A!!!!

James ·

Gaan lees Anthea Jefferey se nuwe boek. Cyril se stilswye sal dan vir julle sinmaak.

Merie Perd ·

Hallo James, Ons het nie almal toegang tot hierdie boek nie. Jy het reeds die boek gelees, vertel ons waarom die boek se sy stilswye maak sin!

Johan Oosthuizen ·

Wat ‘n weldeurdagte brief. Ek bid en vertrou dat dit nie ondeurdag onder die mat ingevee sal word nie. Gaan asseblief voort met die stryd!! Soet is die stryd van die strider. Mag God gee dat dit nie tevergeefs is nie.

Strand looper ·

Die eintlike vraag moet wees KAN HY VERSTAAN EN OPTREE.??? Ek glo nie…

Brutus ·

Stem 100% saam met Mr Meintjes oor alles wat hulle skryf, hoop maar CR vat dit ernstig op en doen iets om n omkeer te maak , dinge is erger as wat baie mense besef.

Essie ·

Die brief is alles goed en wel maar bereik dit die persoon vir wie dit mag aangaan

Boerin ·

Absoluut Tragies….my hart breek..! Dat ons President nie kan besef SA is op sy kniee nie , ekt regtig gedink hier sal iets van kom maar helaas draai hy ook in stilswye sy rug op die werklikheid!!…Blind en stom! Betreurenswaardig!

Merie Perd ·

CR het nog nie van Zim geleer nie. Hy het ook niks van wat in Ruwanda plaasgevind het geleer nie.
Hy het ook niks wat by Marikana plaasgevind het geleer nie, CR ons weet al klaar waarheen jy op pad is. Jy smeer heuning om almal se monde self n “fool” soos Trump het jou redenasie oor plaasmoorde gekoop. Daar’s n spreekwoord wat se,”Wyk satan”. Ek hoop jy kry die boodskap en verstaan!

Andreas ·

Om hierdie ingesteldhied en “kultuur, om aanspraak te maak op iets, ontwikkel waar almal alles ‘eis’,” soos hierbo uitgedruk word, om te draai, sal ‘n paar leeftye vat, indien ooit. Ons lees dan wat voor die Zondo kommissie getuig is waarom die Guptas hul eie mense by ANN7 indiens geneem het, en nie ‘Suid Afrikaners’ nie.

Andreas ·

Martin Luther het op 31 Oktober 1517 die sogenaamde 95 stellings teen een of meer kerkdeure in Wittenberg vasgespyker, so moet alle skrywes en artikels soos hier bo, insgelyks, teen die deure van Luthuli-huis, ons parlement en die Unie Geboue vasgespyker word.

Adam ·

Korrek Andreas. Daar daar is iets wat my post-verkiesing nog meer pla. Orals lees ons van standpunte wat ingeneem word deur organisasies soos Afriforum, TLU, AGRI Wes Kaap en inisiatiewe vanaf bv Solidariteit, maar die VF+ en selfs die DA is uiters stil, terwyl die land teen die spoed van wit lig oor die afgrond beweeg..

Siener van Melbourne ·

Squirrel Rampokker se nalatenskap is dieselfde as Robber Mugabe s’n. Hulle is intellektueel ewe gebrekkig.

Therese van Schalkwyk ·

Skitterende skrywe, Louis Meintjes!

Suid-Afrika se hede en (potensiële) toekoms in ‘n neutedop.

Se maar net ·

Mnr Meintjies, so jammer jy is nie ons President nie!
Soveel insig en kennis om ons mooi land weer op n goeie plek te kry.
Suid Afrika het soveel potensiaal om die spreekwoordelike land van melk en heuning te wees, maar helaas nie.

Ek hoop Mnr Ramaphosa neem u skrywe ter harte en streef daarna om ons land te herstel na n veilige, ekonomiese vooruitstrewende land waarby alle Suid Afrikaners kan baat, veilig en rustig kan leef, en drone vir n toekoms te kan he.
Ons land was nog NOOIT in so n kritieke toestand nie. Dis die ANC se nalatenskap.
n Wettelose, korrupte, armoedige, onveilige land. n Hellhole vol potholes, loadshedding (weens wanbesteding, wanbestuur en swak beplanning) honger kinders wat gom snuif, en werklose ouers, wat self hoop verloor het.
Mnr Ramaphosa ons hoop en verwagting is Groot, ons vertrou jy gaan ons mooi land met jou sakevernuf uit die gemors kry en weer wet en orde herstel.

piet piet ·

BEE,swart bemagting ,diskriminernde wette teen minderhede gebaseer op die kleur van hul vel,leuenaar vir die oorsese media oor die ontkenning van plaasmoorde,die presedent wat n adjunk moes aanstel wat ondersoek word vir moord,geswig het onder druk van cosatu om lezufi in die pos van lur van onderwys om sy aanslag teen afrikaanse skole voor te sit en dit is hoe ek hom sal onthou .

Dries du Toit ·

Hulle se die hoop beskaam nie maar om enigsins in Ramaphosa te glo is naief. Hy is tog die man wat die witman se toekoms vergelyk het met paddas in n pot. Ons kan maar net vertrou dat Afriforum Solidariteit en VF+ skouer aan die wiel sit om uiteindelike sefbeskikking vir ons te kry

Andreas ·

Waarom was Louis Meintjies nie destyds met die onderhandelinge vir die ‘nuwe’ grondwet in die plek van Roelf Meyer ingespan nie?

Vra jy my!

Bennie van Zyl ·

Het reeds ontvangserkenning van die Presidensie ontvang met die onderneming dat hulle aal terugkom na ons toe.

Andreas ·

Kom ons benader hierdie positief, Cyril/die Presidensie gaan reageer, maar dan slaan die realiteit soos taks tot op hede bewys is deur, hulle antwoord sal deurspek wees van vindingrykheid, soos ‘n wafferse ballerina trippel hulle om die kruks van die storie en as mens hul antwoord gelees het, voel ons skuldig dat ons hoegenaamd ‘n probleem gehad het.

Nico ·

Hierdie regering van ons weet van die woord demokrasie maar verstaan geensins die betekenis daarvan nie. CR is saam met hele ANC besig om mekaar se rug te veskerm. Kyk net waar gaan die Rand heen met CR in beheer. Hy weet nie hie om op te tree nie want hy wil nie op tree nie want hy moet homself ook beskerm.

humor ·

CR is vas gespin in die net van die kaderkriminele en die Nuwe Werld Orde spinnekop is alreeds besig om sy verlammende gif toe te dien,

Merie Perd ·

Na die lees van al die berigte, wat deurlopend waar is, voel ek so naar soos n geblikte leeu moet voel voor die doodskoot kom. Vaarwel my soete skone land.

Andreas ·

wawawa so biedjie, nie so haastig nie, koes!

Ons het jou nodig!

Realisties ·

Die Westerse vs Afrika ingesteldheid. Ons valse hoop dat ‘Lekgotla’ kêrels ‘n ‘Wall Street’ mentaliteit gaan volg. 25 jaar van opvoeding het niks gebring…

Koos Kotze ·

Die president en sy swaer het mildelik geskep toe BEE begin het, hulle het nie hard gewerk vir hulle huidige rykdom nie. Die mag en posisie is tans vir hom baie meer werd, as om hom te steur aan misdaad en armoede.

Andreas ·

Laat élke persoon, nie net die Afrikaner nie, want hy weet mos, die vraag soos per die opskrif hom afvra.

Linda ·

Dankie Louis en TLU SA vir hierdie skrywe van julle. Julle het hierdeur onverskrokkenheid geopenbaar deur reguit vir CR te sê wat die probleme is.

humor ·

Ek sou dit graag sterker wou stel wat sy koue skouer, sy onbetrokkenheid en stilswye jeens die grusame misdaad, moorde plaasmoorde ens. behels. Bybels dra dit duidelik die boodskap dat daar bloed aan sy hande is.

Trojaanse Donkie ·

Stem 100% saam met Humor, dis net jammer dit is galge humor in die ergste graad. Hy gaan saam met die groot verwoesters getel word in die wereld se geskiedenis, foeitog!!

Spike ·

cyril, comrades en kaders se naletenskap is ñ mislukte sa.

Waarheid ·

CM sal onthou word as die grootste leuenaar in SA.
Dit is n feit.

Susna ·

Baie goed gestel deur Louis Meintjies, uitstekende advies aan CR en die anc. Maar…ek is bevrees dit is alles pure verniet. Dit gaan vir hulle net oor die strukture in die anc.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.