Wat maak die weermag hiér?

SAUK-gebou in Kaapstad. (Foto: Maroela Media)

Die SAUK het Saterdag die teenwoordigheid van lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) by van sy kantore landwyd bevestig.

Dít, sê die openbare uitsaaier, is om die fisieke veiligheid van sy persele en personeel te verseker en sluit sy hoofkantoor in Auckland Park, Johannesburg, in.

“Die ontplooiing van die weermag by verskeie van die SAUK se kantore word vereis in die lig van onlangse onluste. As nasionale sleutelpunt, wat ʼn noodsaaklike diens aan landsburgers verleen en veral in die lig van onlangse aanvalle op joernaliste van die SAUK, is hierdie beskerming noodsaaklik,” het die uitsaaier Saterdag in ʼn verklaring gesê.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het verskeie aanvalle op joernaliste, onder wie dié van die SAUK, tydens onluste verlede maand verdoem. ʼn SAUK-nuusspan is onder meer in Alexandra beroof.

Die SAUK het ook enige bewerings dat die ontplooiing van soldate met ʼn verskuilde agenda gedoen is, verwerp.

“Lede van die weermag werk saam met interne sekuriteitsdienste om die veiligheid van sleutelpunte te verseker en het geensins ten doel om betrokke te raak by die operasionele aangeleenthede van die SAUK nie,” lui die verklaring.

Bewerings van soldate in die nuuskantoor is ook ten sterkste in die verklaring ontken. “Die teenwoordigheid van soldate in die nuuskantoor sal onaanvaarbaar en in stryd met die uitsaaier se redaksionele beleid wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek stem saam met jou,dit is glo die inligting van die intelegensie eenheid vir wat dit werd mag wees .

Werner ·

100% die sosiale media is vrot van groepe wat se die land moet gedestabiliseer word tot Cyril waai.Hulle het ook gesê hulle gaan kragstasies aanval.Ons Sal maar moet sien berei jou en jou gesin daarvoor voor.

Kakamiet ·

Wat het in Zims gebeur destyds toe hulle die selfde gedoen het? Mense se oe moet oop gaan nou.

SomeOne ·

ontplooiing van soldate met ʼn verskuilde agenda, “verwag hulle dalk n staatsgreep ?”
waar die rokie is, daar sal ‘n vuurtjie ontstaan
dit word gewoonlik eerste oorgeneem

Kakamiet ·

Nes jy daar se. Wie doen wat om vooruit te wees? Beheer oor komminikasie en dalk afskakelings? Aug 23 is klaar gese daar gaan dinge gebeur.

Skuilnaam ·

Net een oplossing: Ontbind en maak beide die SAUK en die SANW toe. Altwee instansies is pateties en net ‘n geldelike las vir ons land.

Jack ·

Dis n nuwe een vir SA. Daar moet iets agter steek. Ons staan nie bekend as n pro aktiewe regering nie maar miskien is daar n les geleer. Is die soldate by die parlementsgebou en uniegeboue ook ontplooi? En die sapd is hulle op gereedheid om hul eie wapens te beskerm.

Willem ·

Hoekom is die regering bang vir onluste?????
Hulle het dan self die opstokers opgelei vir jare…..nou draai die wiel……

KB ·

Hierdie aksie is niks anders as ‘n erkenning daarvan dat die regering in die moeilikheid is nie.
Miskien moes Ramaphosa begin het by die minister van Polisie met sy onlangse sinnelose skommeling van sy kabinet. Enige verandering (hier) is ‘n verbetering.

Anel ·

Nou hoe nou! Verwag hulle ‘n staatsgreep? Die een so 2,3 weke terug in Natal het musluk. Dalk het sekere mense nou wakker geskrik.

Hennie J ·

Nou weet ons. Hulle is so swak ingelig en die kommunikasie so sleg dat hulle by die sabc wag om te hoor wat hulle nuwe bevele is.

Delene ·

En, om op Flatscreens te kan sien, wat besig is om te gebeur!

Strandloper ·

Wat maak die weermag hiér?…niks soos gewoonlik..useless selfde as sauk

Harley Davidson ·

Dit is nie die mandaat van die weermag om joernaliste te beveilig nie dit is n teken dat die regering ‘n staatsgrepe verwag soos die geval was in Zimbabwe toe Mugabe se regering omvergewerp was.

Johnny ·

Die SAUK verrig ‘n “noodsaaklike diens”? Nou het ek alles gehoor . . .

VaalDonkie ·

Die propaganda gaan nou seker ekstra dik aangemaak word.

Willem ·

Dit wil vir my lyk of n staatsgreep iets hiermee tr doen het want dan het hul beheer oor die media!!!!!!

VaalDonkie ·

Die SAUK is klaar onder ANC beheer. Ek weet nie wat die weermag nodig het om te doen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.