Wat om te verwag as jy ‘n grondverhoor bywoon

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Die openbare voorleggings aan die parlement se ad hoc-komitee oor onteiening sonder vergoeding verskuif hierdie week na Gauteng en die Oos-Kaap, en daar is verskeie wenke om in gedagte te hou as jy aan die verhore wil deelneem.

Nadat die parlementslede op een helfte van die ad hoc-komitee vandag openbare voorleggings in die stadsaal van Mthatha (Umtata) aangehoor het, verskuif hulle Woensdag na die stadsaal van Queenstown, Donderdag na die Orient-teater in Oos-Londen en Vrydag na die stadsaal van Jansenville. Alle vergaderings begin om elfuur die oggend.

Donderdagoggend elfuur vind voorleggings in die burgersentrum van Westonaria plaas, Vrydagoggend om elfuur in die stadsaal van Vereeniging en Saterdagoggend elfuur in die Lucas van der Berg-gemeenskapsaal in Pretoria-Wes.

Vir enigeen wat die voorleggings wil bywoon of daaraan wil deelneem, is daar ‘n paar basiese feite om in gedagte te hou, meen diegene wat reeds by die eerste paar weke se voorleggings was.

Eerstens is dit raadsaam om vroeg op te daag as jy sitplek wil kry. Die belangstelling het die beskikbare plek oral oortref, so as jy nie heeldag buite in die son wil sit nie, is dit ‘n goeie plan om jou plek in te neem voor die res opdaag, dalk met ‘n leesdingetjie, ‘n versnapering en ‘n bietjie geselskap.

Tweedens moet jy mooi kyk wanneer die ry vorm vir diegene wat ‘n inset wil lewer. Dit help nie jy probeer indruk of uit die gestoeltes op ‘n spreekbeurt aandring nie – jy moet in die ry wees.

Derdens moet jy bereid wees om jou naam en die plek van waar jy kom hardop uit te spreek – nie jou hele stamboom nie, want dit mors tyd. Maar niemand het veel tyd vir daardie ou holruggeryde “ek wil liewer anoniem bly” nie. Bly dan eerder sommer tuis ook – dit lyk asof jy nie verantwoordelikheid vir jou dade of jou mening wil neem nie, wat baie onindrukwekkend is.

Vierdens moet jy onthou jy het net drie minute om jou punt te maak. Dis baie min tyd. Oefen tuis en jy sal verstom wees hoe gou die tyd verbygaan. Moet dus nie tyd mors deur dankie te sê vir die geleentheid of jou persoonlike geskiedenis by te haal of ‘n grappie te maak nie. Maak jou punt so feitelik moontlik, gebruik jou drie minute behoorlik en gaan sit.

Vyfdens is dit baie moontlik dat jou inset ‘n respons by die res van die gehoor gaan ontlok – hetsy positief of negatief. Wees daarop voorbereid en moet jou nie daaraan steur of jou daardeur laat lei nie. Maak maar net jou punt in jou drie minute en kry klaar. Demokrasie is nie vir sissies nie. As jy wil, tik jou inset uit, maak so vyftien afskrifte en handig dit in by die komiteeklerk. Dit kan nie skade doen nie.

Sesdens help dit nie om emosioneel te raak nie. Emosie is goedkoop in Suid-Afrika en dit beduiwel net deurdagte, feitelike debat. Maak jou punt, stel jou feite en kry klaar.

Laastens is die openbare voorleggings vir baie mense wat in ‘n kokon van eendersdenkendes woon, ‘n taamlike skok, veral omdat van die standpunte wat gestel word so rou, ondeurdag en emosioneel is dat mense skoon moed verloor vir die toekoms. Onthou maar dat hierdie net een deel van die proses is, en dat die belewenis op jou dorp nie die somtotaal van alle belewenisse is nie. Mense gaan van jou verskil, en soms op ‘n vlak wat jy nie gewoond is nie. Hou jouself maar rustig op die hoogste morele grond denkbaar, sonder om te verklaar dat jy dit doen.

Niemand het per slot van rekening ooit beweer dit gaan maklik wees nie.

Klik hier om die komitee se volledige dagboek te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Johanna Botha ·

Verwag mense wat onredelik en opgesweep is wat na niks wil luister behawe hulle eie stemme.

Jef ·

Ek het vanoggend oor die radio gehoor van grondonteiening sonder vergoeding en alle ander nuus oor wat in SA afspeel en toevallig was my vriende ook hier en hulle het dit ook gehoor.( woon in Nederland).
Daar is baie mense hier wat nou presies weet hoe dit in SA aan toe gaan.

Nikita ·

Ja verwag mense wat gebreinspoel is….kan my indink dat wat daar uitkom ontstellend kan wees…om nie te praat van die kyke en gespanne atmosfeer nie.

Mari-Louise ·

My man is sowat 3 jaar terug oorlede, en ek en my oudste seun het die boerdery oorgeneem. Dit sukkel soms maar ons sit produksie voort. Ons is egter diep bekommerd…. Tot dusver was nog elke verhoor grootliks eensydig met die massas wat pro-onteiening is wat weier om rede in te sien en na ander te luister. Sodra boere kalm hul insette lewer, word hul afgejak en uitgejou, en in sommige gevalle gedreig…

Ek kan as’t ware nou nie begryp WAT boerens nou eintlik op hoop om hier te bereik nie, dit wil my voorkom of hierdie grondverhore bloot as formaliteit dien, en dat die regering lankal reeds besluit het dat dit sal voortgaan op ‘n wyse soos hul goed dink. Saamwerk is ook nie ‘n opsie, die algehele houding is dat huidige grondeienaars NIE deel uitmaak van hul planne of welkom is.

Die skrif is aan die muur… op die stadium kan ek nie indink dat enige redelike mens by sy volle verstand nog hoop kan hê nie.

Ons wéét wat kom. Die vraag is: hoe nou gemaak…????

Yankee ·

Vra net. Waarom het dit ooit gekom tot dit. Regtig, waarom? Sulke gedrag om grond te eis van n minderheid sonder, of MET betaling, skaar geensins met n Wereld daarbuite. Is jul ANC regering so ver uit van pas met die Wereld????

Rynhardt ·

Jy staan en oefen en oefen voor n spieel,sodat jy binne n paar minute jou eiedom kan gaan oorhandig op n skinkbord-Tweede Kodesa!-Sodoende hou jy die Anc en SAKP baie gelukkig!!????

Pietman ·

Plaas hou die blankes hul eie verhore. Wat ons gaan maak sodra die grond gevat is.

Gilla ·

Pietman, dit is die beste kommentaar wat ek gelees het en die beste voorstel vandat die grondonteiening trein begin het. Ek dink eintlik dit is presies wat moet gedoen word.

Tammy ·

Goeie voorstel, hoe ons dit gaan keer en gereed wees daarvoor.

LB S ·

Briljante idee! Maar ek is bevrees daar sal gesê word die blankes beplan ‘n rewolusie en almal sal in die tronk gegooi word.

Rickus ·

Ek het van daai oom gehou wat vir hulle almal ‘n toffie gewys het.

Christo Volschenk ·

Myns insiens kan n organisasie soos Agriforum die wit boere n groot guns doen deur n “geordende grondruil-projek” van stapel te stuur. So n projek moet uitgaan van die veronderstelling dat onteiening kom en dat daarom pro-aktief gehandel moet word om soveel moontlik vir die boere uit te kry. Ek wil nie hier in besonderhede gaan nie, maar n Afriforum-span kan landwyd n register van boere en hul grond opbou, wie naamlik hulself bereid verklaar het om hul grond/beroep prys te gee onder redelike voorwaardes. Met daardie aanbod kan Afriforum dan na die regering gaan en begin onderhandel. In kort, ons moet vermy dat individuele boere hulle moet verdedig teen n groep en Afriforum (voorbeeld) kan (moet) vir die grondeienaars as n groep optree. Saamstaan is nou absoluut noodsaaklik.

Judge Dredd ·

Is dit nou soos daai megaboer wat helfte van sy grond vrywillig weggegee het en ander boere aangemoedig om dieselfde te doen?
Laaste wat ek gehoor het is dat hy nou crocodile tears huil.

Eish ·

Ek verstaan nie hoekom die Afriforum se verantwoordelikheid moet wees nie. Daar is landbouorganisasies soos byvoorbeeld Agri SA wat 80% van die boere verteenwoordig en verseker die logistieke onderbou het om so n inisiatief uit eie geledere te loods.
Wat myns insiens moet plaasvind, is dat al die organisasies wat ons minderheid verteenwoordig, n gesamentlike liggaam stig wat oorkoepelend bestuur sonder om die onderskeie organisasies se individualiteit in te boet. Sodoende verseker jy kundigheid gekonsentreerd op elke gebied wat doelmatig aangewend word sonder duplisering.
Grondonteiening is oppad. Leierskap van die organisasies het die plig om saam te werk vir ons almal se oorlewing.
Net die Hemelse Vader kan ons van die Tsunami red.

Casper Labuschagne ·

@Eish – Dit is juis Afriforum se verantwoordelikheid. Afriforum is gestig as ‘n burgerregte organisasie wat die grondwetlike beskerming en regte volgens die grondwet van 1996 sal onderhou en beskerm. Onteiening sonder vergoeding (asook heelwat ander huidige probleme) is presies die rede hoekom Afriforum bestaan. Dit is ook binne die bestek van Afriforum om nie net teen te staan nie, maar ook om werkbare alternatiewe oplossings voor te hou. Dit is amper soos waar Afriforum slaggate in die voorstede regmaak, net op ‘n baie groter skaal.

Johan H. ·

PIETMAN ek hou ook van jou idee, Ek het geen behoefte om ,om dieselfde vuur as die lot te sit en bollie praat nie, Te luister na hul ewige gesanik, en verbale diaree en geskreeu, Dankie ,,

Casper Labuschagne ·

Hierdie is die vrae om te vra: Hoe gaan die grond van 32,000 wit plaasboere en 170,000 stedelike grondeienaars onderverdeel word tussen nagenoeg 40 miljoen wat nie eiendom besit nie? En daarna, wat gaan die nagenoeg 38 miljoen wat nou vas glo dat hulle grond gaan ontvang, dan doen?

Nee ons het alle rede om moed te verloor. Totaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.