Wat sal die 2017-staatsrede inhou?

President Zuma during a press briefing

President Jacob Zuma (Foto: GCIS)

Kwessies wat Donderdagaand beslis tydens pres. Jacob Zuma se staatsrede bespreek sal word, sluit in grondhervorming, grondonteiening en die nasionale minimumloon in verhouding tot werkskepping.

Só sê Armand Greyling, regs- en beleidsanalis van die sakewaghond Afrisake. “AfriSake vra of die staatsrede konserwatief en deur die ANC-elite bewerk sal wees, of sal dit ’n eenmanopvoering wees waar pres. Jacob Zuma sy eie idees gaan deel oor hoe die land regeer moet word? Net die tyd sal leer, maar vooruitsigte stel voor dat die laasgenoemde die meer waarskynlike scenario sal wees aangesien die ANC heel waarskynlik nie in staat sal wees om hul opperbevelvoerder te beheer nie.”

Volgens hom verwag die organisasie dat die president spesifieke aandag sal skenk aan grondhervorming en om maniere aan te raak waarop die regering sal poog om die proses te versnel deur instemming tot en die implementering van die veelberedeneerde Wetsontwerp op Grondonteiening.

“Of die regering ’n uitvoerbare en realistiese benadering tot werkskepping sal hê, is nog die vraag. Wat wel seker is, is dat ’n nasionale minimumloon ’n belangrike punt van bespreking sal wees aangesien verskeie vakbonde die implementering van hierdie konsep wil sien,” het Greyling bygevoeg.

“Dit is kommerwekkend dat die bedreiging vir privaat eienaarskap van eiendom in ʼn toenemende mate onder vuur kom. Die privaat besigheidsektor worstel reeds om oorlewing in die huidige ekonomiese klimaat en voorstelle soos ’n nasionale minimumloon sal selfs meer druk op dié sektor plaas, wat sal lei tot verdere werksverliese. Dit gaan meer en meer belangrik word vir privaat ondernemings om saam te werk en te begin opstaan teen uitbuiting deur die regering.”

Die vakbond Solidariteit meen Zuma sal eerder fokus op faksie as op vereniging en dat vanjaar se staatsrede nie veel anders as voriges daar sal uitsien nie.

“Die internasionale ekonomie en ’n gebrek aan transformasie sal geopper word, maar niks gaan vanjaar se staatsrede van voriges onderskei nie met president Jacob Zuma, gelei deur die binnegevegte in die ANC, wat homself en sy faksie gunstig sal wil posisioneer eerder as om tot ʼn mate ʼn verenigende rol te speel,” het dr. Eugene Brink, politieke ontleder by Solidariteit, gesê.

Volgens Brink gaan Zuma in ’n veglustige bui wees om aan volgelinge te probeer bewys dat hy en sy faksie steeds in beheer is. “Die ontplooiing van die weermag is reeds ’n bewys hiervan en om sy beheer ten toon te stel, sal president Zuma eerder meer beloftes maak en ligsinnige retoriek gebruik as om vorendag te kom met daadwerklike planne om vooruitgang te verseker,” voorspel Brink.

Hy sê voorts dat vanjaar se staatsrede opgesom sal word met die woorde “radikale ekonomiese transformasie”. “Hoewel dit ’n goeie doelwit is om meer mense aktiewe deelnemers aan die ekonomie te maak, is die vraag egter hoe hierdie doelwit bereik gaan word met vroeë aanduidings dat Zuma eerder sy volgelinge sal paai as om te fokus op werklike kwessies.

“Faktore soos die werkloosheidskoers, wat die hoogste in meer as ’n dekade is, en ekonomiese groei wat bykans stilstaan, terwyl die graderingsagentskappe soos wolwe by die deur wag, sal min of dalk geen aandag nie, geniet. Die ergste is dat dit in ’n groot mate deur swak regeringsbeleid en politieke risiko – selfopgelegde wonde – veroorsaak word,” het Brink verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jem ·

Ja seker weer n hengse bedrag spandeer vir die grand okasie vol lee beloftes en oor 2 weke is daar weer nie geld om die beloftes na te kom nie.

Maak n plan ·

Almal wil net soos de klerk langs die kantlyn le enm skee en niks doen nie . Daar is politieke partye wat hom kan dwing om die werk loosheid moord en crime in die land aan te spreek . STAAN OP EN DOEN IETS

dirk ·

grondhervorming en onteiening sal nooit objektief in hierdie land wees nie al is almal immigrante behalwe die SAn en die khoi-khoi. die ‘staatsrede’ is net ‘n liegrede en nie die moeite werd om te luister nie

willie ·

Dit is soos om van ñ leerlingverpleegster te verwag om ñ opehartoperasie uit te voer! Onbevoeg en onbeholpe se moses!

Kobus ·

Ai..weer n marteling vir die arme std 3tjie…kan net eenvoudig nie onthou wat sy toespraakskrywer in groot letters vir hom neer gele het….want lees kan hy nie…tel kan hy nie….dink kan hy nie…alles moet vir hom voorgese word…MAAR DAN PRAAT HY SY EIE TWAK,WANT HY GLO HOMSELF

Johanna Botha ·

N groot sirkus met n gegiggel na alles …netso is SA n GROOT grap en n gemors al nla nla bla hy nou wat …niks word waar nie almal word net blameer vir die anc se onvermoee

Johannes van Staden ·

” maak n plan” sal ook graag wil weet wat doen jy want dan kan ons almal jou help ….

Maak 'n plan ·

Maak ‘n plan..
ASSEBLIEF! Dáár is baie wat graag help…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.